Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Erfskandes deur Trisa Hugo: ’n lesersindruk
2019-02-14"Die verhaal lees vlot en telkens kom ’n nuwe kinkel te voorskyn wat die leser verras. Dis egter die tekening van die twee bejaardes en die interaksie tussen hulle wat vir my die hoogtepunt van die boek is."
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg oor Medusa
2019-02-14"Ek kan onteenseglik sê dat om boeke te skryf verreweg die lekkerste werk is wat ek nog gedoen het."
Wie was St Valentyn nou eintlik?
2019-02-14Valentynsdag is sekerlik een van die mees gekommersialiseerde vierings van ons tyd, maar wie was die man na wie hierdie dag van liefde vernoem is, en hoekom vier ons dit juis op 14 Februarie? Ilse Salzwedel berig.
Terroris of vryheidsvegter? – ’n resensie
2019-02-13"In Wit terroriste word die mite die nek in geslaan dat Afrikaners aanspraak kan maak op die hoë morele grond wanneer dit oor ’n volk se vryheidstrewe gaan."
Video: Stellenbosch launch of Sex, Lies & Stellenbosch
2019-02-13Eva Mazza's debut novel Sex, Lies & Stellenbosch was recently launched at Gino's Stellenbosch. Eva was interviewed by her publisher Melinda Ferguson.
"Jij gaat ook dood, net als ik, net zo goed" – enkele beschouwingen bij Karel Schoemans zelfdoding en het aartsmoeilijke debat over een goede dood
2019-02-12"Karel Schoeman is een reus. Hoewel het Afrikaans zijn moedertaal is, is hij de beste ambassadeur geweest voor het Nederlands."
Jagter deur Bettina Wyngaard: Grabouw-boekbekendstelling
2019-02-08Jy word uitgenooi na die Grabouw-bekendstelling van Bettina Wyngaard se Jagter op 21 Februarie. Maryke Roberts sal met haar gesels.
Kompetisie: Die liefde in jóú se Afrikaans
2019-02-08LAPA Uitgewers soek manuskripte oor die liefde wat Afrikaans in al haar tonge uitbeeld. Die liefde is wel ’n universele taal, maar dit klink darem baie lekkerder in jou eie dialek of variëteit. R35 000 is op die spel.
Nuwe mentorskapprogram gee vier opkomende skrywers 'n hupstoot
2019-02-07Dit is nie ’n maklike taak om ’n boek te skryf nie, wat nog van publiseer. Juis daarom stuur die Jakes Gerwel-stigting, saam met NB-Uitgewers, vanjaar ’n mentorskapprogram van stapel om opkomende skrywers met dié taak te help.
Peet Venter (1940–)
2019-02-07“Die misdaadroman leen hom by uitstek tot vinnige, volgehoue aksie en spanning. ’n Mens moet jou storie ken om dit reg te kry. Jy moet jou leser binne die eerste sin of twee vasvang, en nie weer laat los tot die einde nie.” Peet Venter se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
Nooit meer slapen deur Willem Frederik Hermans is in Afrikaanse vertaling ’n groot leesavontuur
2019-02-06"Met Wium van Zyl se Afrikaanse vertaling nou beskikbaar, kan die ou Suid-Afrikaanse lesers uit die vorige eeu die boek gerus weer lees, saam met nuwe jong lesers wat dit ’n spannende boek sal vind, ’n boek wat mens nie maklik neersit nie."
Emily Hobhouse, geliefde verraaier deur Elsabé Brits: ’n lesersindruk
2019-02-05"Die leser moet hom of haar telkens afvra waar al die vrou se krag en energie vandaan kom. Wanneer sy nie besig was om geld in te samel of siekes te besoek nie, was sy óf besig om afsprake met mense te reël, óf sy het reëlings vir nuwe reise getref."
Die wêreld van die storie: ’n onderhoud met Willie Burger
2019-02-05"[E]k wou ook vir myself en vir moontlike lesers probeer verduidelik waarom ons stories lees, wat ons met stories doen, hoekom ons stories nodig het, wat stories met ons doen en wat dit vir ons kan beteken om stories en hoe hulle vertel en verstaan word, te ondersoek."
Boek, brood en wyn
2019-02-04Du Toitskloof Wyne en LAPA Uitgewers bied "Boek, Brood en Wyn" aan op 15 Februarie by die Du Toitskloof Kelder net buite Rawsonville, 'n uur van Kaapstad af.
Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse Poësie 2019: Nou oop vir inskrywings
2019-01-30Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2019.
Kraak deur Rouxnette Meiring: ’n resensie
2019-01-30"Meiring se uitbeelding van ‘n toekomstige Afrika is vernuwend. Kraak vermeng fantastie-elemente soos meerminne, 'aliens' en mensvretende visse met die mistieke, Egiptiese mitologie en die tegnologiese aspekte van wetenskapfiksie."
Stories teen my muur: ’n onderhoud met Matthys Strydom
2019-01-30"Ek benader nie kuns uit ’n akademiese of ekonomiese oogpunt nie. Ek luister liewer na my binnegoed en probeer ook nie definieer hoekom ek van iets hou nie."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Soos ’n diep waterkuil deur Peet Venter
2019-01-30LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.
Boekskenkings vir skoolbiblioteek gevra
2019-01-29"My dogtertjie Amelie het pas graad 1 begin in ’n skool wat hierdie jaar vir die eerste keer sy deure geopen het. Laerskool Vredekloof wil graag ’n biblioteek inrig en ’n sterk leeskultuur skep, maar met soveel dinge wat nuut gekoop en opgerig moet word, gaan dit moeilik."
Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n resensie
2019-01-28"Soos in al Winterbach se romans is die onvaspenbaarheid van betekenis nie net ’n eienskap van die verhaal nie, maar ook ʼn tema."
