Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Kraak deur Rouxnette Meiring: ’n resensie

Elzette Steenkamp Resensies 2019-01-30

"Meiring se uitbeelding van ‘n toekomstige Afrika is vernuwend. Kraak vermeng fantastie-elemente soos meerminne, 'aliens' en mensvretende visse met die mistieke, Egiptiese mitologie en die tegnologiese aspekte van wetenskapfiksie."

Stories teen my muur: ’n onderhoud met Matthys Strydom

Naomi Meyer, Matthys Strydom Skrywersonderhoude 2019-01-30

"Ek benader nie kuns uit ’n akademiese of ekonomiese oogpunt nie. Ek luister liewer na my binnegoed en probeer ook nie definieer hoekom ek van iets hou nie."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Soos ’n diep waterkuil deur Peet Venter

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2019-01-30

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.

Boekskenkings vir skoolbiblioteek gevra

Madri Victor SêNet-briewe 2019-01-29

"My dogtertjie Amelie het pas graad 1 begin in ’n skool wat hierdie jaar vir die eerste keer sy deure geopen het.  Laerskool Vredekloof wil graag ’n biblioteek inrig en ’n sterk leeskultuur skep, maar met soveel dinge wat nuut gekoop en opgerig moet word, gaan dit moeilik."

Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Bibi Burger Resensies 2019-01-28

"Soos in al Winterbach se romans is die onvaspenbaarheid van betekenis nie net ’n eienskap van die verhaal nie, maar ook ʼn tema."

Launch of 63 Days to Optimum Health by Sally-Ann Creed: an invitation

LitNet Jonathan Ball-portaal 2019-01-27

"A friendly invitation to attend the launch of 63 Days to Optimum Health by Sally-Ann Creed. The author will be in conversation with Pippa Hudson."

Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n boekbekendstelling

LitNet Jonathan Ball-portaal 2019-01-27

“’n Vriendelike uitnodiging na die bekendstelling van Ingrid Winterbach se jongste roman, Die troebel tyd.”

François Bloemhof (1962–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-01-24

"As skrywer is ek hier om stories te vertel, om mense ’n paar uur uit hul voorspelbare lewe te ontvoer. As mens is ek hopelik hier om ander mense elke nou en dan ’n bietjie beter te laat voel." François Bloemhof se profiel in LitNet se ATKV-Skrywersalbum in nou bygewerk.

Die Uile vlieg weer deur Cor Dirks: ’n jonglesersindruk

Wynand Wessels Jong lesers 2019-01-24

"Die seuns van die bende is Philip die leier, die slim Jorsie, die ronde Vaatjie, die sportiewe Berrie en die hakkelende Hennie, andersins bekend as die Groot Uil, sy adjudant en drie manskappe, en hulle is verbind tot reg en geregtigheid. Hulle bly op die dorpie Kranskop."

Sielvolle Bibliosiele kuier saam met Herman Lategan

Nadia de Kock Leeskringe 2019-01-24

Alma Kennedy deel haar foto’s van ’n Johannesburgse leeskringgeleentheid.

2019: Gesamentlike byeenkoms van leeskringe in en om Pretoria

LitNet Leeskringe 2019-01-23

Dié gewilde jaarlikse byeenkoms vind plaas op  Saterdag 16 Februarie 2019. Gasspreker Bibi Slippers vra die vraag: "Wat is die praktiese nut van poësie in die 21ste eeu?" Die gaskunstenaar is die immergewilde Jannie du Toit.

Briewe uit Brielshoop deur Helene Olivier: ’n resensie

Heilna du Plooy Resensies 2019-01-23

"Die roman bevat inderdaad die meeste van die tiperende eienskappe van briefliteratuur. Soos soveel briefskrywers deur die eeue is Henna se briefskrywery ’n manier om haar alleenheid, selfs eensaamheid, op te hef, om uit te reik na ’n simpatieke en bekende oor."

Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel: ’n FMR-boekresensie

Alet Mihalik Resensies 2019-01-23

"Vir die masochistiese hoendervelvraat wat floreer op vrees en sielkundige rillers wat jou meesleur na ’n nagmerriewêreld wat jou deurnag wakker hou, is hierdie debuutroman soos ’n inspuiting vir ’n dwelmslaaf – seer, maar salig."

LAPA se nuwe druknaam laat die wenkbroue lig

Naomi Meyer, Izak de Vries, Johan Jack Smith Onderhoude 2019-01-23

"Solank dit ’n goeie storie is. Publikasie sal steeds deur die gehalte van die manuskrip bepaal word."

’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2019-01-22

"Ek het regtig ’n groot aanhanger van Hugo se werk geword, juis omdat sy die vermoë het om mense se innerlike wroegings só goed te verwoord. Haar karakters kry ’n lewe tussen die bladsye en dis soos vriende vir wie jy moet koebaai sê as jy die laaste bladsy klaar gelees het."

Nooit meer slaap nie deur Willem Frederik Hermans: 'n FMR-resensie

Danie Botha Resensies 2019-01-21

"As jy nou ’n roman wil lees oor ongewone gebeurtenisse in wêrelddele wat vir jou minder bekend is, is Nooit meer slaap nie dié boek vir jou."

Toe-val-lig deur Amore Bekker: Luisteraars se stories boei ook lesers

Maryke Roberts Resensies 2019-01-17

"Die boek het my verstom laat staan nie net oor hoe die toeval werk nie, maar oor hoe eenders ons almal is – ongeag waar ons woon, hoe oud ons is of wat ons inkomste of omstandighede is. Dit bring gewone mense se stories na ander gewone mense."

Sanri Steyn, die rustelose mummie: ’n onderhoud met Theresa van Baalen

Naomi Meyer, Theresa van Baalen Skrywersonderhoude 2019-01-16

"Nee, ek dink  nie ek het ’n ideale leser nie. Ek hoop wel my stories beland in die hande van onwillige lesertjies, want ek probeer die gegewens van my stories so buitengewoon en verrassend as moontlik aanbied, sodat selfs die onwillige leser geboei sal word en wil aanhou lees."

Elf dae op ’n eiland: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman

Naomi Meyer, Elizabeth Wasserman Skrywersonderhoude 2019-01-16

"’n Boek gebeur mos iewers tussen die skrywer en die leser. Dus moet jy die leser se ervaringswêreld (eerder as ’n spesifieke ouderdom) die hele tyd in gedagte hou, of die storie val op die grond."

Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2019-01-15

"Hoewel Aankoms en vertrek nie dieselfde oemf as Stamatélos se vorige romans het nie, is dit wel die lees werd. Buiten die geloofwaardigheid van die karakters, verras die wendings en ontmoet die verskillende verhaalelemente mekaar op ’n besonderse wyse."

Top