Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Sweepslag deur Annerlé Barnard: ’n boekbekendstelling
2019-04-30Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Sweepslag op 16 Mei 2019 in Bloemfontein.
Berigte uit die skemerland deur Dolf van Niekerk: ’n lesersindruk
2019-04-26"Hierdie baie voortreflike bundel stel die vraag: 'Sien ’n mens nie dalk beter in die skemer nie?'"
Malene Breytenbach (1948–)
2019-04-26“Die vreugde om gepubliseer te word, is net so lekker, indien nie lekkerder nie, as om graad te verwerf.”
intussen deur Johan Rabie Murray: ’n FMR-resensie
2019-04-25"Johan Rabie Murray se tweede digbundel het onlangs verskyn. Dit heet intussen."
Comrade Baron deur Jaap Scholten: ’n lesersindruk
2019-04-25"Toe Scholten hierdie boek vir my gegee het, het hy voorin geskryf dat hy glo dat ek baie ooreenkomste met Suid-Afrika sal kan raaksien. Ongelukkig is hy reg. Daar is groeiende haat teenoor dié wat grond besit. Om nie eers te praat van die superrykes nie."
Die dag toe die draak kom (vir seuns en vir meisies) deur Fanie Viljoen: ’n resensie van albei boeke
2019-04-25"Hierdie boeke is broodnodig binne die Suid-Afrikaanse konteks, omdat seksuele misdade teen kinders aan die toeneem is."
Green as the sky is blue by Eben Venter: a review
2019-04-25"I would recommend reading it for your own understanding of how sexuality and sexual expression are not uniform across communities, and that it’s alright that we are not a homogeneous species."
Bloedlelie deur Jeanette Ferreira: ’n resensie
2019-04-25"Bloedlelie is ’n veelvlakkige, fyngesnaarde werk en Jeanette Ferreira se vyfde historiese roman. Hiermee steek sy weer eens haar kleim af as ’n belangrike en gesaghebbende skrywer op die gebied."
Foto's: Deel XV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word bekendgestel
2019-04-24Deel XV van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is op 17 April by die Stellenbosch Universiteitsmuseum bekendgestel.
Video: Bekendstelling van Boodskapper van die gode deur Murray La Vita
2019-04-18Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita is Dinsdag 9 April by The Book Lounge bekendgestel. Izak de Vries het met hom gesels.
weer-lig deur Fransi Nieuwoudt: ’n resensie
2019-04-18"Tematies handel die gedigte in weer-lig oor aspekte van die kuns en die natuur."
Eben Venter (1954–)
2019-04-17"Die regte woord op die regte plek is soos ’n kort, vinnige, wellustige soen." Lees oor Eben Venter se lewe en werk in LitNet se ATKV-Skrywersalbum.
Enkele opmerkings oor Harris Dousemetzis se The man who killed apartheid
2019-04-17"Die huidige historiese beskouings oor Tsafendas as ’n skisofreniese moordenaar moet (aldus Dousemetzis) omskep, gewysig en reggestel word tot dié van ’n heldhaftige, polities gemotiveerde vryheidsvegter."
Video: Launch of Gangster State by Pieter-Louis Myburgh
2019-04-17Pieter-Louis Myburgh’s Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture was recently launched at the CapeTalk (and Kfm) studios, Cape Town. Myburgh was interviewed by Adriaan Basson.
Doodmenslik deur WL van der Merwe: ’n resensie
2019-04-16"Doodmenslik is ’n bevredigende debuut wat heelwat bied vir die poësieliefhebber. Alledaagse, of doodgewone, verskynsels word digterlik verwerk tot ontroerende verse waarmee baie sal identifiseer."
Sondag deur Irma Venter: ’n FMR-resensie
2019-04-16"Jy hoef nie voorheen ’n Venter-roman te gelees het nie; Sondag is ’n verhaal wat op sy eie sin maak. Dis trouens ’n boeiende blitsblaaier wat ek heelhartig aanbeveel."
Boekbekendstelling: Strafjaart deur Theo Kemp
2019-04-16Uitnodiging na die boekbekendstelling van Theo Kemp se Strafjaart op 4 Mei in Stellenbosch.
Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita: ’n resensie
2019-04-12"Sommige van die skrywer se ervaringe en waarnemings is so verstommend, dis asof die gode wél ingegryp het. Die bundeltitel verwys juis na Hermes, die boodskapper van die gode. Ook na ’n soort tikmasjien wat ’n skrywer soos Etienne Leroux gebruik het. En kyk net watter woorde het hý teweeggebring!"
Breytenbach stel op weg na kû in Kaapstad bekend
2019-04-11"’n Stampvol boekwinkel begroet ’n ieder en elk dié Woensdagaand net voor halfses en een ding word gou duidelik: as jy die bekendstelling van die ikoniese digter en skrywer Breyten Breytenbach se jongste bundel op weg na kû wou bywoon, moes jy vróég jou sitplekkie kom reserveer het."
Smulkos deur Esther Malan: bekendstelling
2019-04-11Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Esther Malan se Smulkos op 12 April in die Paarl. Hier is nog inligting.
