Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Ten questions: Carnie Matisonn on Degas' Dust
2016-05-25"I’d like to think that people would be able to identify with all the universal human aspects of my story – starting from humble beginnings, trying to succeed as a musician, deciding what to do with my career, getting married, divorced, starting businesses, nearly going bankrupt, learning to fly aircraft, making a name for myself in the legal profession, and so on. There’s something for everyone in the story ..."
Boekbekendstelling: Pirana deur Rudie van Rensburg
2016-05-24Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van Rudie van Rensburg se Pirana - op Donderdag 26 Mei 2016 by die Dros, Willowbridge in Bellville (18:00 vir 18:30).
Boekbekendstelling: ek. frankryk. 246 dae. deur Olivia Loots
2016-05-24Jy word genooi na die bekendstelling van Olivia Loots se boek ek. frankryk. 246 dae. op Donderdag 26 Mei by Alliance Française, Rivierstraat 99 (h/v De Kock), Sunnyside, Pretoria om 18:00 vir 18:30.
Kortlyste vir Media24 Boeke-pryse bekend
2016-05-23Gevestigde sowel as nuwe skrywers ding vanjaar mee om die Media24 Boeke-pryse wat in Junie toegeken word.
Maanskyn en rose? 'n Gesprek oor liefdesverhale
2016-05-20"Om voortdurend op ’n geloofwaardige manier die spanning tussen die held en die heldin te behou, verg vernuf. Boonop word daar van ’n liefdesverhaalskrywer verwag om die emosie van ’n ontluikende romantiese verhouding so getrou uit te beeld dat die leser dit ervaar asof sy sélf weer van voor af verlief raak – nie ’n eenvoudige taak nie."
FLF 2016: Die Ierse Swart Paasfees – vanuit die land sonder geheue
2016-05-19Wat was Swart Paasfees in Ierland en hoe raak dit ons? "Bill Nasson se lesing oor die Easter Rising was 'n wonderlike sleutel. Sy boek wat later vanjaar verskyn, heet nie verniet History Matters nie."
Anoeschka von Meck (1967–)
2016-05-18"God se wiskunde dans deur die heelal." Lees oor Anoeschka von Meck in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Nuwe boeke by LAPA Uitgewers gedurende Mei 2016
2016-05-18LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende Mei 2016.
Foto's: UJ-pryse 2016
2016-05-18Hier is foto's van die prysoorhandigingsgeleentheid op 14 Mei 2016.
Totius (1877–1953)
2016-05-17"Die taak van die digter is om die skugter inwendigheid van sy medeskepsel uit te bring in volle daglig." (Padlangs, Maart 1977)
UJ-pryse 2016: Ena Jansen se dankwoord by die ontvangs van die 2016 UJ-prys
2016-05-17"Dat ek vanaand hierdie prys ontvang, beskou ek as ’n eerbetoon aan die vroue oor wie die boek gaan."
Resensie: die bome reusagtig soos ons was deur Hilda Smits
2016-05-17"Smits se bundel is voorwaar ʼn merkwaardige debuut wat beslis weer gelees sal word."
LitNet Akademies-resensie-essay: Die taal van been deur Heilna du Plooy
2016-05-17"Kyk jy dieper as die skedel, vind jy die mens; ondersoek jy verskynsels soos vigs, regstellende aksie of geweldsmisdade, is daar altyd 'n ondergrond waarteen jy dit as 't ware moet 'lees' en begryp, en kyk jy dieper as die oppervlak van hierdie roman, vind jy weggesteekte lae betenisse."
UJ-pryse 2016: Commendatio oor Roela Hattingh se Kamee
2016-05-16"Roela Hattingh se Kamee is nie net ʼn belangrike toevoeging tot die Afrikaanse kortverhaalskat nie, maar as welkome stem in die woestyn, ʼn waardige ontvanger van die UJ-debuutprys."
UJ-pryse 2016: Commendatio oor Ena Jansen se Soos familie
2016-05-16"Plaaslik het veral die toekenning van pryse in ons mineure Afrikaanse letterkunde ... voorspelbaar geword. Is dit omdat daar net ’n paar bekende gekanoniseerde digters of romanskrywers is van wie verwag word dat hulle werk van bekroningswaardige gehalte kan lewer?"
ATKV-Woordveertjies 2016: Oop vir inskrywings
2016-05-16Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 3 Junie 2016.
The 2016 Sunday Times Literary Awards shortlist has been announced
2016-05-16"Jennifer Platt, the Sunday Times Books Editor, says the 2016 shortlist finalists represent 'books of quality, that take the temperature and pulse of the nation'."
Winnie Rust se dood dompel literêre gemeenskap in rou
2016-05-13"Die dood van die Wellingtonse skrywer Winnie Rust het die literêre gemeenskap in rou gedompel, sê Marga Stoffer, uitgewersbestuurder by NB-Uitgewers."
Dansende Digtersfees 2016: Dans, digters, dans
2016-05-12"Soos met die vorige twee feeste is daar in die nadraai van die voorlesings gedans, en alhoewel die luim merkbaar minder uitbundig was as vorige jare ... was die handjievol dansers wat alles ten spyt voete gestamp en lywe geskud het, bewys dat niks die digkuns of die dans sal stuit nie."
Trek vertel die stories wat ons moet deel
2016-05-12"In breë trekke handel Trek oor die gedwonge verskuiwing van die bruin mense uit die middedorp van Wellington gedurende die laat ’50’s en vroeë ’60’s van die vorige eeu. Dit bied egter ook ‘n breër kyk op die verskuiwings tussen plaas en dorp, en selfs, teen die einde van die teks, die verskuiwing na ander vastelande."