Titel: breyten breytenbach, woordenaar woordnar
Redakteur: Francis Galloway
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781485310655
Hierdie publikasie is een in die reeks van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.
Breyten Breytenbach is ’n aweregse ontvanger van hierdie prys in 1999 en 2008 nadat dit in die 1960’s en 1970’s om ideologiese redes van hom weerhou is en hy dit in 1984 van die hand gewys het. In hierdie boek word op vernuwende wyse onderontginde fasette van sy (onthutsende én speelse) skryfambag en denklandskap in opstelle toegelig en ’n blik op sy loopbaan as skrywer en openbare figuur gebied.
Die boek bevat ook ’n onderhoud met Breytenbach, ’n uitgesoekte bibliografie en ’n foto-afdeling.
Kyk ook
Tuin van Digters 2019 – video: Bekendstelling van breyten breytenbach, woordenaar woordnar


Kommentaar
Waar kan ek die boek bestel?
Beste Dorothea
Ek hoop dit gaan goed.
Jy kan die boek hier bestel:
UpperCase: https://uppercasebooks.co.za/products/breyten-breytenbach-woordenaar-woordnar-deur-francis-galloway
Graffiti: https://www.graffitibooks.co.za/en/365542/Books
Vriendelike groete