Tuin van Digters 2019 – video: Bekendstelling van breyten breytenbach, woordenaar woordnar

  • 1

Die SA Akademie van Wetenskap en Kuns se huldigingsbundel van Breyten Breytenbach, breyten breytenbach, woordenaar woordnar, is die afgelope naweek by die Breytenbach-sentrum se Tuin van Digters bekendgestel. Andries Visagie het met Francis Galloway (die redakteur van die bundel), Louise Viljoen en Catherine du Toit gesels.

 

breyten breytenbach, woordenaar woordnar

Uitgewer: Protea Boekhuis

Breyten Breytenbach se (onthutsend en speelse) skryfambag en denklandskap word op vernuwende wyse in ’n aantal opstelle toegelig. Die bundel bevat ook ’n gesprek met die skrywer en die leser kry ’n blik op sy loopbaan, as skrywer en openbare figuur. Sy komplekse verhouding met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word bekyk – in 1999 en 2008 is hy ’n aweregse ontvanger van die Hertzogprys nadat dit in die 1960's en 1970's om ideologiese redes van hom weerhou is en hy dit in 1984 van die hand gewys het.

 

Kyk ook

Tuin van Digters 2019 – video: (Aan)dadig saam met Breyten

  • 1

Kommentaar

  • Waldemar Gouws

    Geagte dr. Galloway, baie dankie vir hierdie BBP-volume. U akute deursettings- asook navorsingsvermoë is meetbaar in daardie gewigseenheid wat vir edelgesteentes geld.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top