Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
LitNet Akademies-resensie-essay: Koshuis en Hostel
2019-08-15"Selde die laaste tyd het ’n essay my geraak soos die opsommende een deur Enrico Pedro voor in die boek Hostel, saamgestel deur Hein Willemse en William Murray. Dit het ’n ongemaklike vraag geskep: In al die jare na die seminale Junie-opstande onder swart skoliere wat in Soweto begin het, het ek, en waarskynlik baie ander mense, die UWK se bydrae as ’n randverskynsel gesien."
Die oorkantste oewer deur Abel Pienaar en Flip Schutte: ’n resensie
2019-08-14"Beide skrywers is dit eens dat ons in ons denke oor God en lewe die blik op die kosmos moet integreer. Ons moet besef dat ons binne ’n verweefdheid met alles om ons leef; dit sal meebring dat ons die lewe hier en nou sal sien as heilig en daarvolgens wíl leef."
Harry Kalmer (1956–2019)
2019-08-14"Die proses is baie belangriker as die eindproduk. Ek skryf nie vir roem en eer nie, maar vir myself." Harry Kalmer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend
2019-08-14Lees hier om te sien wie die finaliste vir vanjaar se ATKV-Woordveertjies is.
In my vel deur Azille Coetzee: ’n skrywer wat haarself blootlê sodat ons onsself kan sien
2019-08-14"Hierdie is ’n grondverskuiwende boek. Dit is slim. Dit is vlymskerp. Dit is uitstekend geskryf. Dit is ’n dapper skrywer wat haarself so blootlê, en wat haar eie verhaal gebruik om ons te laat besin."
Elgin Grabouw-krimifees 2019: waar kom al die misdaadverhale vandaan?
2019-08-13"Die land self beantwoord die vraag op die gespreksleier se lippe: hoe kry mens dit reg om aan te hou lewer en boek ná boek te produseer?"
Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, 14 Augustus 2019: ’n onderhoud
2019-08-13"Die belangrike ding is om die regte boek by die regte kind te kry, jy moet weet wat die kind se belangstelling is. Ons sien elke dag hoe opgewonde kinders word wanneer ons deur middel van boektrommelprojek boeke aan skole skenk. Ja, kinders lees en wil lees."
"'n Gladde klippie in 'n suiwer stroom": Corlia Fourie se digdebuut
2019-08-13"Die gedigte gaan meestal oor tipiese sake of kenmerke van die spesifieke vrou waaroor die gedig handel en waarmee die leser reeds vertroud is. Wie 'mites' wat met betrekking tot vroue in stand gehou het wil eien en ontmasker, moet self en interpreterend hierna op soek gaan."
McGregor-gedigtefees: 23–25 Augustus 2019
2019-08-12Die McGregor-gedigtefees vind plaas vanaf 23 tot 25 Augustus 2019. Vanjaar se tema is "Die hart van die Maan".
Die groot koelte deur Leon de Villiers: ’n lesersindruk
2019-08-12"Leon de Villiers is bekend vir sy eerlike hantering van aktuele kwessies, tog is dit sensitief genoeg om nie aanstoot te gee nie. Sy boeke maak dit vir jong lesers moontlik om te verstaan waardeur ander tieners gaan en om ʼn kapasiteit vir empatie te ontwikkel."
Kaap, kerrie en koesisters deur Fatima Sydow en Gadija Sydow Noordien: ’n resensie
2019-08-12"My raad is: koop een. Pos dan ’n tweede boek aan jou famile- en vriende in Kanada of waar ook al, sodat jy self aan hul tafel lekker warm kan eet wanneer jy eendag daar gaan kuier."
Die dekonstruksie van Retta Blom: ’n onderhoud met Zelda Bezuidenhout
2019-08-12"Maar ongeag wat vir my voorlê of waar ek my gaan bevind, ek weet ek sal nie sommer ophou skryf nie."
kykNET-Rapport-boekpryse: 2019-kortlyste is hier!
2019-08-11Die 2019-benoemdes vir die kykNET-Rapport-boekpryse, van die rykste boekpryse in Suid-Afrika, is pas bekend gemaak. Die pryse, wat die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe werk insluit, word toegeken vir die beste Afrikaanse fiksie en niefiksie wat in 2018 verskyn het.
Die AVBOB-poësieprys 2019: woorde om die verlies te verlig
2019-08-08"Hier is die 2019 AVBOB-Poësiepryswenners, in alfabetiese volgorde van taalkategorie ..."
Foeta Krige, die joernalis wat geweier het om ’n skoothond te word: ’n onderhoud
2019-08-07"’n Goeie joernalis is nuuskierig, maar eties, welbelese en ingelig, in voeling met die samelewing maar met ’n gesonde en natuurlike agterdog (George Claassen noem dit ’n 'bullshit detector')."
Wilma Stockenström: portrette deur Henk Serfontein
2019-08-07Wilma Stockenström verjaar op 7 Augustus. Die visuele kunstenaar, Henk Serfontein, het van sy minder bekende portrette van haar met LitNet gedeel.
Die man van Quatro: ’n onderhoud met Calvyn van Niekerk
2019-08-07"My leser betaal my vir vermaak. 'Spanningsverhaal' is een woord vir 'boeiende storie' en dit kom altyd eerste."
Video: Stellenbosch-bekendstelling van In my vel deur Azille Coetzee
2019-08-05Op Saterdag 3 Augustus 2019 is Azille Coetzee se debuut, In my vel, by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Mercy Kannemeyer het ’n eerlike, maar gemaklike gesprek met Azille gevoer in die volgepakte boekwinkel. Onderwerpe soos wit skuld en magstrukture is met humor onder die loep geneem. Cliffordene Norton het die gesprek opgeneem en foto’s geneem.
Hoekom raak vroue verlief op moordenaars?
2019-08-05"Die redes hoekom vroue met mans agter tralies afhaak, het my nog altyd gefassineer. Wat sou die aantrekkingskrag wees?"
Die jaar toe Pa ... deur Hannes Visser: ’n resensie
2019-08-04"Tog is dit wat jou bybly ná die laaste bladsy, die horlosie wat nooit weer teruggedraai kan word nie. Dit wat gesien en ervaar is, kan nie verander word nie. Die seer waaraan die seun blootgestel is, veral in sy vormingsjare, is 'n bitter werklikheid."
