Op Dinsdag 26 November 2019 is Erns Grundling se boek, Sushi en shosholoza: Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan, by die Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Le Roux Schoeman het met hom gesels. Menán van Heerden het die gesprek opgeneem en foto’s geneem.
Titel: Sushi en shosholoza: Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan
Skrywer: Erns Grundling
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795802102
In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, het Erns Grundling met ’n TV-span na Japan gereis om ’n nuwe Elders-reeks te verfilm oor die land waar die Rugbywêreldbeker 2019 plaasgevind het.
Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis.
Kom stap weer saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke gaan ondersteun het.
Konnichiwa, Japan!
Lees ook
Skrywersonderhoud met Ernst Grundling oor Sushi en Shosholoza



Kommentaar
Genade, maar Le Roux Schoeman is darem 'n sexy man!