Erns Grundling

Erns Grundling het sy honneursgraad in Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch gedoen en daarna vir drie jaar sy gewig ingegooi by LitNet, van SêNet-webmeester tot Inhoudsbestuurder. Daarna was hy artikelredakteur by die tydskrif Insig en 'n senior joernalis by Huisgenoot. Hy is vir Insig-artikels met die Mondi (2006) en Pica (2007) tydskriftoekennings bekroon as artikelskrywer van die jaar. Van sy gedigte is opgeneem in onder meer die nuwe Groot Verseboek (2008) en Nuwe Stemme 3 (2005). Hy is tans 'n senior joernalis by die reistydskrif Weg. Hy en Toast Coetzer is mede-redakteurs van die tydskrif Ons Klyntji. Hy is saam met Danie Marais, Clive E. Smith en Toast Coetzer 'n aanbieder van The Unhappy Hour, 'n musiekprogram Sondagaande tussen 6pm en 8pm op Bush Radio 89.5FM.

Opgedateer/Updated: 2008-11-24
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

 

Lag my kla’-vertoning bied unieke inryteater-ervaring by Suidoosterfees 2020

Marli van Eeden, Erns Grundling Suidoosterfees 2020-11-02

"Sover ek weet, is hierdie vertoning op Donderdag 5 November om 20h00 die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse gehoor na stand-up-komedie kan kyk as inryteater. Dit vind eksklusief en regstreeks plaas by die kykNET Atlantic-inryteater by Atlantic Studios in Montague Gardens."

Video: Book Lounge-bekendstelling van Sushi en shosholoza deur Erns Grundling

Erns Grundling, Le Roux Schoeman Skrywersonderhoude 2020-01-16

Op Dinsdag 26 November 2019 is Erns Grundling se boek, Sushi en shosholoza: Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan, by die Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Le Roux Schoeman het met hom gesels.

Skrywersonderhoud met Ernst Grundling oor Sushi en Shosholoza

Naomi Meyer, Erns Grundling Skrywersonderhoude 2019-10-09

"Die boek het 'n rugbyfokus, maar ek skryf ook breedvoerig oor staptogte soos die Kumano Kodo en die Nakasendo. Ek sou myself nie uitgee as 'n kenner van Japannese kultuur nie – ek is veel eerder maar net 'n nuuskierige, lomperige, amper veertigjarige vent wat hou van soesji en alliterasie."

Truitjie roer my nie: ’n onderhoud met Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling

Naomi Meyer, Schalk Bezuidenhout, Erns Grundling Skrywersonderhoude 2018-06-07

"So dit is nie ’n Schalk-boek deur Erns nie, maar ’n Schalk-boek deur Schalk, in samewerking met Erns."

Van plek-plek na Elders

Gerrit Rautenbach, Erns Grundling Skrywersonderhoude 2017-04-05

"Erns sit sy hand op my skouer en kyk my vierkant in die oë. Met so ’n skewe glimlag. 'Walk it off ...' Ek glo dis tyd vir ’n vliegkaartjie Spanje toe."

Onderhoud: Toast Coetzer en Erns Grundling oor Weg Agterpaaie

Erns Grundling, Toast Coetzer, Naomi Meyer kykNET Portaal 2016-09-13

"Op ’n agterpad sien jy iets wat die deursnit-toeris dalk misry op die hoofpad. ’n Agterpad vat jou na plekke en mense waarvan jy nooit sou kon droom nie."

Al lê die berge nog so blues ...

Erns Grundling Argief 2015-11-02

Johannes Kerkorrel is dood. Lees Erns Grundling se huldeblyk uit 2002 se argief.

Tien jaar later

Erns Grundling 2012-11-14 "Wat my eerder bybly, is die stortvloed e-pos-huldeblyke wat hulle ure na Kerkorrel se dood in die SêNet-inboks aangemeld het."

Uit Blou Maandag: Ek en my hond op ’n Maandagoggend

Erns Grundling 2011-11-15 Ek is ’n linkshandige Skerpioen, gebore op 12 November 1979. ’n Maandag. Dieselfde jaar was die Boomtown Rats se popliedjie “I Don’t Like Mondays” ’n treffer.
Top