Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2019: langer resensies
2019-09-14Hier is kykNET-Rapport se boekresensent van die jaar 2019 vir langer resensies.
kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2019: niefiksie
2019-09-14Hier is die wenner van die kykNET-Rapport-prys vir boekresensent van die jaar 2019 vir niefiksie.
kykNET-Rapport-prys vir fiksie 2019
2019-09-14Lees hier wie die wenner van die kykNET-Rapport-prys vir fiksie 2019 is.
Debute maak skoonskip by kykNET-Rapport-pryse vir 2019
2019-09-14Al vier wentitels van vanjaar se kykNET-Rapport-boekpryse, wat die Jan Rabie-Rapportprys insluit, is debute – ’n veer in die hoed vir die skrywers én tekenend van die lewenskragtigheid van die Afrikaanse letterkunde.
kykNET-Rapport-boekprys vir niefiksie 2019
2019-09-14Hier is die wenner van vanjaar se kykNET-Rapportprys vir niefiksie.
kykNET-Rapport-prys 2019: filmkategorie
2019-09-14Hier is die wenner in die filmkategorie van die kykNET-Rapport-prys 2019.
kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2019 vir fiksie
2019-09-14Hier is die kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2019 vir fiksie.
Breytenbach op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breytenbach – Joan Hambidge
2019-09-14By geleentheid van die tagtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 September 2019 is ’n digitale publikasie saamgestel waarin daar aandag gegee word aan afsonderlike gedigte uit sy omvangryke oeuvre. Joan Hambidge het twee gedigte vir hierdie geleentheid geskep.
Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks: ’n resensie
2019-09-14"Die memoire behoort byval te vind by almal wat hul horisonne wil verbreed. Vroue, veral dié met lewenservaring, sal met Diedericks kan identifiseer. Mans kan meer oor die alfavrou uitvind."
Breytenbach op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breytenbach – Klara du Plessis en Neil van Heerden
2019-09-13By geleentheid van die tagtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 September 2019 is ’n digitale publikasie saamgestel waarin daar aandag gegee word aan afsonderlike gedigte uit sy omvangryke oeuvre. Lees hier Neil van Heerden en Klara du Plessis se bydraes.
Resensie: Koningin Lear deur Tom Lanoye
2019-09-13"’n Veglustigheid gryp jou aan die kraag soos ’n dronk boer in 'n kroeg met die lees van Koningin Lear."
Resensie: Melk en vleis en Bloed en bodem deur Marina Albertyn
2019-09-13"Met die toename in geweld teen vroue in Suid-Afrika, is Marina Albertyn se werk meer relevant as ooit. In beide Melk en vleis en Bloed en bodem word die vroulike karakters tot die uiterste beproef. Albei vroulike hoofkarakters weier egter om as slagoffers beskou te word."
Breytenbach op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breytenbach – Daniel Hugo en Job Degenaar
2019-09-12Daniel Hugo: "Die slotwoorde eggo ook die titel van een van Breyten se tronkbundels, naamlik Lewendood, en hou verband met die digter se Boeddhistiese siening van die verweefdheid van lewe en dood. Op dieselfde paradoksale wyse kan die digter tegelyk blind wees én sien."
Van boekfeeste en protesaksies
2019-09-12"Flieks, musiek, boeke, gedigte, skilderye, komedies, sketsprente ... alle denkbare vorms van kuns, kan in diens van verset gebruik word. Uit die aard van wat ek doen, is die woordkuns vir my belangrik. Woorde, of dit gesing, gepraat of geskryf word, kan ʼn verskil maak. Dit kan verborgenhede oopvlek."
Breyten by Tuin van Digters 2019
2019-09-12Die jaarlikse Tuin van Digters-fees vind komende naweek in Wellington plaas. Remona Voges het met die organiseerder, Francois Lötter, gesels oor wat hierdie jaar se fees inhou.
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Eben Venter
2019-09-12"Altyd vir Koos Prinsloo bewonder vir sy slim, woord-spaarsamige en uitdagende stories, maar teen die tyd dat ek Ek stamel ek sterwe geskryf het, het ek ’n eie stem gehad om daardie storie te vertel."
Week van de Afrikaanse roman 2019: onderhoud met Frazer en Deniel Barry
2019-09-12"Ons hoor gewoonlik dat jy net stadig moet praat indien jy as Afrikaanssprekende in Nederland ’n gesprek voer. Alhoewel dit by tye werk, gaan jy agterkom dat Afrikaans in Afrika gevorm is en daarom ’n heeltemal nuwe taal is met oorblyfsels van ou Nederlandse woorde."
Die ATKV-Woordveertjies 2019 in beeld
2019-09-11Die ATKV-Woordveertjies is vanjaar vir die twaalfde keer aangebied. Die geleentheid het op Vrydag 6 September 2019 plaasgevind in die Adam Small-teater in Stellenbosch.
Breyten op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breyten – Dewald Koen en Gerard Scharn
2019-09-11Dewald Koen: "In die gedig “3.14 (Taalstryd)” uit die bundel Lewendood wend die spreker homself tot ironie om die taalstryd ten opsigte van die erkenning en bevordering van Afrikaans binne die politiese sfeer van die gebeure voor en na afloop van die 1976 Soweto-opstande te verwoord". Gerard Scharn: "Welgeluksalig is die kinders van Dimbaza, van Welcome Valley, Limehill en Stinkwater, zwarte vlekken op een witte kaart. Wist ik veel, ik was er niet geweest om erover mee te kunnen praten of erover te oordelen."
