Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Elgin Grabouw-krimifees 2019: "Uit ’n ander hoek"-video
2019-09-11Spioene, kuberkrakers en dies meer vorm deel van hierdie opwindende outeurs se rolverdeling. Jonathan Amid in gesprek met: Peter Church, Carina Diedericks-Hugo, Jo Nel en André Krüger. As jy die Elgin Grabouw-krimifees misgeloop het, kyk hier na nog 'n video deur Naomi Bruwer van een van die gespreksgeleenthede.
Elgin Grabouw-krimifees 2019: "Wie steun die speurders?"-video
2019-09-11Nie eens Benny Griessel werk alleen nie. Dié outeurs span die net wyer as net die speurder. Jonathan Amid in gesprek met: Jeanette Stals, Andrew Brown, Sally Andrew en Deon Meyer. Kyk nog 'n video deur Naomi Bruwer van die Elgin Grabouw-krimifees.
Uitnodiging: Saterdag-Boekemark by die NALN-Opedag
2019-09-11Almal word uitgenooi na die Vriende van NALN-vereniging se Boekemark in die pragtige ou Ketelkelder op Saterdag, 14 September 2019, om 8:30–12:30.
Breytenbach op 80: Perspektiewe | perspectieven op Breytenbach – Alwyn Roux en Johan Reijmerink
2019-09-10Alwyn Roux: "In hierdie lesing bestudeer ek die verskil tussen leksikale betekenis van woorde (van skryf) en die pragmatiese effek van woorde (werklike dade)." Johan Reijmerink: "De dichter problematiseert met zijn metonymische dubbelzegging het fenomeen water. Hij verlaat met zijn formulering de natuurlijke instelling die we in ons alledaagse leven tegenover water hebben."
Breytenbach op 80: Perspektiewe op Breytenbach | Perspectieven op Breytenbach
2019-09-10By geleentheid van die tagtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 September 2019 is ’n digitale publikasie saamgestel waarin daar aandag gegee word aan afsonderlike gedigte uit sy omvangryke oeuvre. | Ter gelegenheid van de tachtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 september 2019 is een digitaal dossier samengesteld met aandacht voor afzonderlijke gedichten in het omvangrijke oeuvre.
Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2020
2019-09-10Hierdie beurs, befonds deur ʼn ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, wil hoofsaaklik ʼn belowende of gevestigde skrywer in staat stel om vir ʼn jaar lank te fokus op ʼn projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans. Die skryfprojek moet op publikasie gerig wees.
Peter Pan en Laurie deur Marié Heese: ’n lesersindruk
2019-09-10"Om vir ewig sorgvry te lewe, is ’n universele wens wat oor elke mens se pad kom. Dit is moontlik ook die grootste bydraer tot die verhaal se sukses."
Boekresensie: Ek kom terug deur Adriaan van Dis (vertaal deur Daniel Hugo)
2019-09-10"Die Nederlandstalige Ik kom terug het in 2014 verskyn en is in 2015 bekroon met die Libris Literatuurprys. Die Afrikaanse vertaling is behendig deur Daniel Hugo behartig."
Boekresensie: Koebesie deur Trienke Laurie
2019-09-10"Die bundel inkorporeer beide Laurie se voorliefde vir kuns met dié van poësie. Talle van Laurie se tekeninge en skilderye verskyn in die bundel asook op die voorplat."
Gesogte ATKV-Woordveertjies vir uitblinkers: hier is 2019 se wenners
2019-09-10Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners, is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag 6 September in Stellenbosch aangewys.
De vruchten mijner werkzaamheden deur MD Teenstra: herdruk beskikbaar
2019-09-08"Vir mense wat belangstel in die geskiedenis van Afrikaans is die publikasie van besondere belang, want dit sluit Teenstra se weergawe in van sy gesprek met ’n Caledonse boer en sy vrou, tesame met sy kommentaar op die vervormde Nederlands wat aan die Kaap gepraat word."
Twyfelaars wat glo: 'n onderhoud met Chris van der Merwe
2019-09-06"Twyfel is menslik; maar ek dink geloof is ook menslik. Soos Augustinus gesê het, daar is ʼn verlange in die menslike psige wat alleen deur God gestil kan word. Twyfel sonder geloof en geloof sonder twyfel is albei vir my onwenslik."
Fietsstad Amsterdam, hoe Amsterdam de fietshoofdstad van de wereld werd, Fred Feddes in samenwerking met Marjolein de Lange
2019-09-05"Fred Feddes schreef in samenwerking met Marjolein de Lange een indrukwekkend boek Fietsstad Amsterdam, hoe Amsterdam de fietshoofdstad van de wereld werd. Een heuse monografie over het fietsen in Nederland, maar vooral in Amsterdam."
Elgin Grabouw-krimifees 2019: "Misdaad se sagter kant"-video
2019-09-05Hierdie outeurs ken hul storie van voor tot agter, maar hul kwesbare speurfigure meet almal kragte teen bedrewe boosdoeners. Ilzak de Vries in gesprek met: Sally Andrew, Martin Steyn, André Krüger en Rudie van Rensburg. Kyk die video deur Naomi Bruwer.
Book launch: Death on the Limpopo by Sally Andrew
2019-09-05The book launch of Sally Andrew’s Death on the Limpopo will take place on Saturday 14 September 2019 at Protea Bookshop in Stellenbosch.
Verslag deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk
2019-09-04"Verslag is Du Plessis se tiende bundel, en volgens hom ook sy laaste. Dit sal ’n verlies wees vir Afrikaans as dit die geval is dat hy nooit weer gedigte sal publiseer nie."
Die vrou van die klippesee deur Meg Vandermerwe, vertaal deur Kirby van der Merwe
2019-09-04"Meg Vandermerwe skep met Die vrou van die klippesee ’n magiese verhaal van verlies, liefde, onwaarskynlike vriendskap en herstel. Die verbeeldingryke manier waarop sy gladweg verskeie weergawes van een mitiese figuur tot een sissende, blasende visvrou vervleg, betower mens onmiddellik."
Resensie: Tussen toeval en willekeur deur Kobus Lombard
2019-09-04"Meestal skryf Lombard kort, netjies-afgeronde gedigte wat gestroop is van enige pretensie of deklamasie. Met sy nuwe versameling dig hy voort op hierdie vormgewing wat ook sy vorige bundels kenmerk."
Die boek van gelukkige eindes: ’n onderhoud met Debbie Loots
2019-09-04"Op my ouderdom is ek nie meer so idealisties nie. Ek is bloot dankbaar vir wat ek het en probeer onthou niks is vir altyd nie."
NALN-boekbekendstellings: Afrikaans bars behoorlik uit sy nate!
2019-09-03Afrikaans bars behoorlik uit sy nate! Verskeie boekbekendstellings word binnekort by NALN aangebied.
