Titel: Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe
Skrywer: Johannes de Villiers
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780798179775
Dit is nie noodwendig maklik om bly te wees nie – maar Johannes de Villiers wys hoe dit ’n haalbare doel is vir enigiemand. Vind in hierdie boek ’n omvattende blik op lewensvreugde; alles van teorieë oor wat presies blydskap behels tot praktiese wenke om dit te bereik, met inligting van spiritueles sowel as sielkundiges. Ware verhale staaf sy voorstelle, soos dié van die man wie se pad na blydskap begin het toe Geheime Polisie hom skiet.


Kommentaar
Ek wil baie graag die boek bekom gedurende die grendeltyd. Is daar enige moontlikheid asseblief?
Ek wil baie graag Johannes de Villers se boek Blydskap aanskaf gedurende die Fase 4 van grendeltyd. Kan u help asseblief en hoe gemaak met betaling daarvan?
By voorbaat dankie,
Hercules.
Ek het gedurende Fase 5 van grendeltyd Johannes de Villiers se boek Blydskap gelees. Dit het my lewe verander en hy beveel aan in sy boek dat ons aan mense "dankie" moet sê, of erkenning moet gee. Daarom doen ek dit graag.
Baie dankie Johannes - jy het grendeltyd 'n ander betekenis gegee met besonderse boek.
Irma, ek is bly dat jy daarby baat gevind het; ek moet nog wag vir myne omdat CUM Boeke nog nie oop gemaak het nie. Hoe het jy jou boek bekom?
Volgehoue sukses vir jou.
Groete,