Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Skrywersonderhoud: Hannes Barnard oor Halley se komeet

Naomi Meyer, Hannes Barnard Skrywersonderhoude 2019-08-29

"Die storie is ’n grootwordverhaal, of coming-of-age-storie. Daar is redelik baie debat oor of dit ’n jeugroman is en of dit ’n bildungsroman is. Juis daarom is ek gelukkig om Wenkbrou as uitgewer te hê, want hulle glo in stories wat nie altyd in boksies geprop kan word nie."

Resensie: Doodsengel deur Madelein Rust

Org Potgieter Resensies 2019-08-28

"Dis mos hoe 'n misdaadriller begin: met 'n moord in die eerste sin! Daarna neem die skrywer die leser op 'n rit van geweld en vergelding totdat sy op bladsy 366 'n puik ontknoping skryf."

Resensie: My mother’s mother’s mother deur Pieta van Beek en Annemarié van Niekerk

Karen de Wet Resensies 2019-08-28

"Die titel van die boek is geneem uit Diana Ferrus se Ons komvandaan en dit word ingespan om die boek te raam as ’n teks waarin dit juis generasies vroue is wat deur hulle skryfwerk aan die woord kom."

Lesersindruk: Sewentig vrae oor evolusie vir Christene deur Albert Alberts

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2019-08-28

"My belangstelling in Alberts se boek lê egter by wat ek noem die argumente oor die oermense. Die studie van die argeologie. Waaroor daar maar betreklik min in Afrikaans geskryf is, sover my kennis strek."

kykNET-Rapport-boekpryse 2019: Kortlyste vir resensiepryse bekend

LitNet Boeke en skrywers 2019-08-27

Volgens die sameroeper van die keurpaneel, Bibi Slippers, was die gehalte van die inskrywings vanjaar weer eens baie hoog. “Uit ’n gros baie goeie resensies was daar in elke kategorie vier absolute uitskieters wat nek-aan-nek met mekaar gelê het."

Mercy Kannemeyer skryf oor Azille Coetzee se In my vel

Mercy Kannemeyer Boeke en skrywers 2019-08-23

Mercy Kannemeyer het onlangs met Azille Coetzee oor haar debuut In my vel gesels. Mercy skryf oor dié insiggewende gesprek. 

BSV-slypskool met Karin Brynard

Corlietha Swart Skryfsake en rubrieke 2019-08-22

"Hier is nog inligting oor die BSV-slypskool met Karin Brynard wat binnekort plaasvind."

Boekresensie: Mans en hulle wonde deur Cas van Rensburg

Laurie Gaum Resensies 2019-08-22

"Wat my interesseer het, is dat die Kerk (generies gesien) dikwels as plaasvervanger vir die moeder dien. Seuns moet analoog aan sprokies op ’n 'heldereis' gaan waarvoor hulle manlike mentors nodig het. Maar dan moet jy ook 'begin by jou pa' en jou pa 'agterlaat' deur hom te leer ken of verstaan."

Universiteit Johannesburg: NP van Wyk Louw-lesing met Karin Cattell

LitNet Akademies en skole 2019-08-22

Die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek by Universiteit Johannesburg nooi u hartlik uit na die NP van Wyk Louw-gedenklesing op 5 September. 

Reader impression: Where do you go to by Jean Cerfontaine

Louise Viljoen (JBay) Books and writers 2019-08-21

"Despite the occasional punctuation blunder many a self-published book is guilty of, Where do you go to is a lovely and unforgettable read, and a fitting tribute to Sarstedt’s song; and, although one expects a feel-good ending culminating in Marie-Claire learning more about the first few years of her life, the revelation still comes as a surprise."

Boekbekendstelling in Stellenbosch: Die boek van gelukkige eindes deur Debbie Loots

LitNet Boeke en skrywers 2019-08-20

Hier is ’n uitnodiging na die boekbekendstelling van Debbie Loots se Die boek van gelukkige eindes op Saterdag 31 Augustus 2019 by Protea Boekwinkel in Stellenbosch. 

NALN-video: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans deur JC Steyn

LitNet Visueel 2019-08-19

Hier is video’s van die onlangse boekbekendstelling van Verset en opbou deur JC Steyn by NALN in Bloemfontein.

Fotogalery: Ses skrywers skryf tesame op Somerset-Oos

Ronelda Kamfer, Theo Kemp Boeke en skrywers 2019-08-16

In die winter het ses skrywers, in samewerking met PEN Afrikaans, op Somerset-Oos in die Jakes Gerwel Stigting se skrywershuis aan hulle manuskripte gaan werk. Hier is ’n paar kiekies – soos deur die oë van Ronelda S Kamfer.

LitNet Akademies-resensie-essay: Koshuis en Hostel

Hans Pienaar Seminare en essays 2019-08-15

"Selde die laaste tyd het ’n essay my geraak soos die opsommende een deur Enrico Pedro voor in die boek Hostel, saamgestel deur Hein Willemse en William Murray. Dit het ’n ongemaklike vraag geskep: In al die jare na die seminale Junie-opstande onder swart skoliere wat in Soweto begin het, het ek, en waarskynlik baie ander mense, die UWK se bydrae as ’n randverskynsel gesien."

Die oorkantste oewer deur Abel Pienaar en Flip Schutte: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2019-08-14

"Beide skrywers is dit eens dat ons in ons denke oor God en lewe die blik op die kosmos moet integreer. Ons moet besef dat ons binne ’n verweefdheid met alles om ons leef; dit sal meebring dat ons die lewe hier en nou sal sien as heilig en daarvolgens wíl leef." 

Harry Kalmer (1956–2019)

Erika Terblanche, LitNet ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2019-08-14

"Die proses is baie belangriker as die eindproduk. Ek skryf nie vir roem en eer nie, maar vir myself." Harry Kalmer se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.

Finaliste van ATKV-Woordveertjies bekend

LitNet ATKV-Portaal 2019-08-14

Lees hier om te sien wie die finaliste vir vanjaar se ATKV-Woordveertjies is. 

In my vel deur Azille Coetzee: ’n skrywer wat haarself blootlê sodat ons onsself kan sien

Lindie Koorts Resensies 2019-08-14

"Hierdie is ’n grondverskuiwende boek. Dit is slim. Dit is vlymskerp. Dit is uitstekend geskryf. Dit is ’n dapper skrywer wat haarself so blootlê, en wat haar eie verhaal gebruik om ons te laat besin."

Elgin Grabouw-krimifees 2019: waar kom al die misdaadverhale vandaan?

Naomi Meyer Menings 2019-08-13

"Die land self beantwoord die vraag op die gespreksleier se lippe: hoe kry mens dit reg om aan te hou lewer en boek ná boek te produseer?"

Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, 14 Augustus 2019: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Chareldine van der Merwe ATKV-Portaal 2019-08-13

"Die belangrike ding is om die regte boek by die regte kind te kry, jy moet weet wat die kind se belangstelling is. Ons sien elke dag hoe opgewonde kinders word wanneer ons deur middel van boektrommelprojek boeke aan skole skenk. Ja, kinders lees en wil lees."

Top