Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Skrywersonderhoud: China Mouton oor Tronkhond
2019-10-22"Ek probeer hard om in ’n skryfroetine te kan werk, maar ek geniet dit terdeë as die muse my beetpak. Dan skryf ek ’n 'hond uit ’n bos uit'!"
Skrywersonderhoud: Pieter Hugo oor Alchemie van my muse
2019-10-18"Die lewe is 'n passievolle jin-jang-dans met Dodelike Erns en Tong-in-die-kies Spel as die onlosmaaklike dansmaats. Dit is ook die sleutel tot my gedigte."
Skrywersonderhoud: Helene de Kock oor Die kind uit die wingerd
2019-10-18"Enige roman weerspieël onvermydelik die skrywer se werklikheidsbeeld en ek hou daarvan om aan my siening van die werklikheid getrou te bly sonder om dit die hooftema van die boek te maak. Dit is soos suurdeeg in brood. Hopelik proe die leser dit nie, maar is bewus daarvan dat 'n smaaklike brood baie aan suurdeeg te danke het."
Pasverskyn: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux
2019-10-17In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae.
Persverklaring: leesaflos in skole
2019-10-17Die ATKV en WOW begin in November met ’n leesaflos saam met LAPA Uitgewers en ’n privaat borg.
Het Vijfde Evangelie volgens Mickey: ’n onderhoud met Clinton V du Plessis
2019-10-17"Marthinus (Martijn) Benders, die Nederlandse digter, het my as een van vyf digters gekies om deel te wees van die eerste groep digters wat deur die nuwe uitgewery, De Kaneelfabriek, in 2019 uitgegee sal word."
Boekresensie: Die dekonstruksie van Retta Blom deur Zelda Bezuidenhout
2019-10-16"Dit is ’n roman wat handel oor verhoudinge – veral die huweliksverhouding en hoe vroue hulleself in ’n huwelik kan verloor. Maar dit is ook ’n verhaal oor veral die vriendskappe tussen vroue, en met hierdie twee temas kan baie lesers identifiseer."
Resensie: Wreed én mooi is die dood – verhale oor verlies, hunkering en heling.
2019-10-16"Maar die boek is véél meer: die dood word kaalvuis getakel vanuit die perspektiewe van die sielkunde, antropologie, patologie en selfs die reg. Daarbenewens word intellektueel-filosofiese essays afgewissel met kortverhale en eg menslike anekdotes oor die heengaan van geliefdes."
Boekresensie: The vagabond deur Frank Rautenbach
2019-10-15"In 'n era waar selfverheerliking en selfdokumentering taamlik algemeen voorkom, is The vagabond 'n eerlike boek oor swaarkry, karakterbou en sommer net menswees."
Lank lewe Crito!
2019-10-14"Natúúrlik behoort Crito sku te wees om resensente persoonlik aan te val, maar resensente wat van uitdeel weet, moet darem ook die houe kan vat. Neem eerder nie dié baantjie op as jy nie die heen-en-weerdery van openbare appels kan deurstaan nie."
Reader impression: The Stellenbosch mafia by Pieter du Toit
2019-10-13"If, however, the stories of these Afrikaner business tycoons are completely unknown to you, a reading of this book could and would be of great benefit and could assist you in understanding South African politics much better."
Bekendstelling: Sewe-en-veertig deur Irma Venter in Pretoria
2019-10-13Jy word vriendelik uitgenooi na die 14de November se bekendstelling van Irma Venter se nuwe boek, Sewe-en-veertig.
Uitnoding na die bekendstelling van Penseel 2019
2019-10-11Die bekendstelling van Penseel 2019 vind Dinsdag, 15 Oktober in die Hofmeyersaal in Stellenbosch om 18:30 vir 19:00 plaas. Nuwe studentedigters- en skrywers lees voor, en verversings sal voorsien word.
Terminologie en terminografie: ’n onderhoud met Mariëtta Alberts
2019-10-11"Sommige terme is dalk verouderd, maar die ou vakwoordeboeke word nie bygewerk nie en gevolglik gebruik mense maar sommer die Engelse terme omdat hulle geredelik beskikbaar is. Dit is nie goeie nuus vir Afrikaanse vaktaal nie en dit was een van die redes waarom die handleiding geskryf is – gebruikers moet gemotiveer word om Afrikaanse terme te skep, te gebruik en te bewaar."
Pasverskyn: Die Slaghuis deur Cas Wepener
2019-10-10Maar is dié twee vroue die slagoffers van die mans se wandade of die medeskrywers daarvan?
Skrywersonderhoud: Jan Vermeulen praat oor sy boek Oopmond
2019-10-10"Vir my gaan dit dus nie in die eerste plek om te skryf oor die issues van jongmense of die issues van volwassenes nie. Dit gaan vir my oor hoe jongmense en/of volwassenes die vraagstukke van die lewe beleef en hanteer."
Week van de Afrikaanse Roman 2019: video van paneelbespreking oor die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans
2019-10-10Die Week van de Afrikaanse Roman 2019 het van 20 tot 29 September 2019 plaasgevind. Kyk Philip du Plessis se video rondom ’n paneelbesprekings oor die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans.
Drie ouer verhale bied lekker leesvermaak
2019-10-10"Helene is ’n ervare woordsmid en dat sy uitgeknip is om met woorde te toor, is gewis."
Poësie in petrol | Poetry in petrol
2019-10-10"Ek is boonop nie ’n digter nie. Hierdie sou dus nie ’n gedig gewees het nie. Maar in my hand was ’n kamera. So vrinne, kom ons droom."
Inter-review: Tracey Farren in conversation with Janet van Eeden about The book of Malachi
2019-10-10"The writing is visual and visceral, the world created is tangible, and the character of Malachi has expressed his voice with utmost clarity."
