Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Pasverskyn: Innie shadows deur Olivia M Coetzee
2019-11-08Pasverskyn: Innie shadows deur Olivia M Coetzee
Persverklaring: Snaarstories 3 & Vriende van NALN-vereniging se algemene jaarvergadering
2019-11-07Kom deel in ’n oggend van musiek, stories, lag, huil en skaamtelose nostalgie saam met Hannes Bosman en Igno van Niekerk op Saterdagoggend 9 November 2019, om 10:00 by NALN.
Bloemfontein-bekendstelling: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
2019-11-07Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Etienne van Heerden se nuwe roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat op 26 November in Bloemfontein plaasvind.
Stellenbosch-bekendstelling: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden
2019-11-07Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Etienne van Heerden se nuwe roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat op 19 November in Stellenbosch plaasvind.
Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie II
2019-11-07In hierdie podcast gesels die skrywers oor “jong stemme”. Hulle vra wat dit beteken, hoe lank mens nog ’n jong stem bly en hoe elkeen van hulle hierdie deel van hul loopbaan tans bestuur.
Nuut by LAPA: November 2019
2019-11-06Kyk bietjie na die splinternuwe boeke wat hierdie November by LAPA Uitgewers beskikbaar is.
Lesersindruk: Na verre hawens deur Hennie van Deventer
2019-11-06"Hierdie gesellige lekkerleesboek word gekenmerk deur Van Deventer se vloeiende skryfstyl, fyn waarnemings en beskrywings, soos verwag kan word van ’n joernalis met ’n leeftyd van skryf agter hom."
Persversklaring: LAPA op straat weens korrupsie
2019-11-06Binnekort gaan lede van LAPA Uitgewers se bemarkingspan op straat wees, weens korrupsie.
Uitnodiging na die Protea-bekendstelling van Hier gaat ons! Reise en rampe deur Gerard Scholtz
2019-11-06Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Hier gaat ons! Reise en rampe deur Gerard Scholtz.
Reader impression: Tobacco wars by Johann van Loggerenberg
2019-11-06"Overall, the book sheds light on the darker workings of a massive industry. But it also provides much-needed insight into SARS and the world of tax collection."
Uitnodiging na die bekendstelling van Pieter Hugo se Alchemie van my muse
2019-11-06Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Pieter Hugo se bundel Alchemmie van my muse op 8 November.
Resensie: Too many tsunamis deur Vincent Pienaar
2019-11-06"Pienaar kyk deur ’n ongewone en lighartige bril na verskynsels soos selfvernietiging en selfdood, maar oppervlakkig is die boek gewis nie."
Bekendstelling: Sushi en Shosholoza deur Erns Grundling (Stellenbosch)
2019-11-05Jy word uitgenooi na die Aandklas-bekendstelling van Sushi en Shosholoza deur Erns Grundling, op 7 November 2019 in Stellenbosch.
Die versmelting van outeur, skrywer, verteller en karakter in André Letoit se Suidpunt-jazz
2019-11-05"Protokol vereis sogenaamd dat die verteller en die skrywer heeltemal apart gehou moet word. Op geen manier mag hulle as dieselfde persona gereken word nie. .... Daarom die caveat aan letterkundiges: Vergeet van die mens agter die boek! Dit sou egter tot 'n verdraaide en verarmde interpretasie lei as iemand Suidpunt-jazz so wil lees."
Video: Daniel Hugo in gesprek met Cas Wepener oor Die Slaghuis
2019-11-05Daniel Hugo het onlangs met Cas Wepener oor sy nuutste roman, Die Slaghuis, gesels. Remona Voges was daar om die geleentheid af te neem.
Uittreksel: Dit proe soos huis deur Herman Lensing
2019-11-04Hier is ’n resep uit Dit proe soos huis deur Herman Lensing.
Skrywersonderhoud: Christine Barkhuizen-Le Roux oor My naam is Prins, ek slaap met die lig aan
2019-11-04"Ek glo dat ’n roman ’n groter impak op die leser/hoorder kan hê as blote statistiek. As jy iemand kan 'intrek' om die omstandighede self te beleef, bereik jy die hart van die mens."
Onderhoud met De Wet Hugo oor die Grilgrypers-reeks en oor Die groen watergraf
2019-11-01"Ek skryf om te vermaak en om kinders aan die lees te kry, nie om hulle te verskrik en te traumatiseer nie."
Wenners van Sanlampryse vir Jeuglektuur 2019 bekend gemaak
2019-11-01Sanlam en Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers, kondig met trots die wenners van die 2019-Sanlampryse vir Jeuglektuur aan.
Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie
2019-10-31In dié podcast-reeks gesels die skrywers oor hul agtergronde, die dramas waaraan hulle gewerk het, verskillende vraagstukke waaroor hulle geskryf het, die skoliere wat die Paulet-huis besoek het en saam met wie hulle kon werk, asook die toekoms vir elkeen as jong Afrikaanse skrywer.
