Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Uitnodiging na die bekendstelling van Die wonderwese deur Carina Stander
2019-10-30Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Carina Stander se nuwe boek, Die wonderwese, op 7 November 2019 in Centurion.
Vlaamse skrywers kom in Suid-Afrika skryf
2019-10-30Die Jakes Gerwel Stigting verwelkom vir die eerste keer skrywers wat van buite Suid-Afrika afkomstig is by Paulet Huis in Somerset-Oos. Hierdie veelbekroonde internasionale skrywers sal die huis deel met twee Suid-Afrikaanse skrywers.
Kerneels Breytenbach oor die Wêreldrugbybeker 2019 en oor Hond se gedagte
2019-10-29"Die plesier van Hond se gedagte was vir my om rugby te gebruik om mense oor godsdiens te laat nadink. Die boek handel oor geloof – hoe mense dit verloor, hoe hulle geloof herwin, hoe bereid hulle is om in wonderwerke te glo."
Die storie van Racheltjie de Beer: Antoinette Louw praat oor haar kinderboek
2019-10-25"Ons beweeg al nader daaraan om volksverhale as Suid-Afrikaans te sien, en nie geëien en gekaap deur een kultuurgroep nie. Dis universeel."
Uitnodiging na die bekendstelling van Cas Wepener se roman, Die slaghuis
2019-10-25Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Cas Wepener se roman, Die slaghuis, op Saterdag 26 Oktober 2019.
Fresh off the press: Blessed by BOSASA: Inside Gavin Watson’s State Capture Cult
2019-10-24Fresh off the press: Blessed by BOSASA: Inside Gavin Watson’s State Capture Cult
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Die wolkversamelaars deur Nadia de Kock
2019-10-24LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Die wolkversamelaars deur Nadia de Kock, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Resensie: Zola deur Johan Jack Smith
2019-10-24"Smith kry dit gemaklik en ongedwonge reg om ’n merry mixture van rasse en klasse bymekaar te gooi in ’n pot vol pap en wors en kerriesous sonder dat dit voel asof ’n uitgewer hom aangepraat het om dit te doen."
Kleurgebruik in taal: die palet van Karel Schoeman
2019-10-23"Wat ek hier wil uitlig, is dat daar paragrawe was, geïsoleerde stukkies teks, wat beelde in my kop optoor en ek verbaas staan oor die krag om met woorde klaar beelde in iemand anders se bewussyn te skep."
BookBedonnerd XII: ’n onderhoud met Darryl David
2019-10-23"Hierdie fees, Naomi, het 'hart' – dis sonder fieterjasies. Dis ’n fees waar skrywers hulle eie boeke smous. En dis ’n fees waar ’n mens unieke boeke sal ontdek."
Booktown Richmond, BookBedonnerd XII: full programme
2019-10-23BookBedonnerd XII takes place from 23 to 26 October 2019. Here is the full programme.
Resensie: 'n Belofte vir Bippie deur Elsa Winckler
2019-10-23"In die eerste instansie is dit 'n lekker liefdesverhaal met aantreklike mense wat na liefde soek en dit vind. Die Christelike ondertoon gee 'n verdere dimensie aan die boek, maar oorheers nie die liefdesverhaal nie."
FMR-resensie: Kammaland deur Annelie Botes
2019-10-22"In Kammaland gaan dit om die tydperk Oktober 2017 tot Januarie 2018 toe sy en Chris alias die ou gryse rondgevaar het op die kanale in Engeland."
Skrywersonderhoud: China Mouton oor Tronkhond
2019-10-22"Ek probeer hard om in ’n skryfroetine te kan werk, maar ek geniet dit terdeë as die muse my beetpak. Dan skryf ek ’n 'hond uit ’n bos uit'!"
Skrywersonderhoud: Pieter Hugo oor Alchemie van my muse
2019-10-18"Die lewe is 'n passievolle jin-jang-dans met Dodelike Erns en Tong-in-die-kies Spel as die onlosmaaklike dansmaats. Dit is ook die sleutel tot my gedigte."
Skrywersonderhoud: Helene de Kock oor Die kind uit die wingerd
2019-10-18"Enige roman weerspieël onvermydelik die skrywer se werklikheidsbeeld en ek hou daarvan om aan my siening van die werklikheid getrou te bly sonder om dit die hooftema van die boek te maak. Dit is soos suurdeeg in brood. Hopelik proe die leser dit nie, maar is bewus daarvan dat 'n smaaklike brood baie aan suurdeeg te danke het."
Pasverskyn: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux
2019-10-17In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae.
Persverklaring: leesaflos in skole
2019-10-17Die ATKV en WOW begin in November met ’n leesaflos saam met LAPA Uitgewers en ’n privaat borg.
Het Vijfde Evangelie volgens Mickey: ’n onderhoud met Clinton V du Plessis
2019-10-17"Marthinus (Martijn) Benders, die Nederlandse digter, het my as een van vyf digters gekies om deel te wees van die eerste groep digters wat deur die nuwe uitgewery, De Kaneelfabriek, in 2019 uitgegee sal word."
Boekresensie: Die dekonstruksie van Retta Blom deur Zelda Bezuidenhout
2019-10-16"Dit is ’n roman wat handel oor verhoudinge – veral die huweliksverhouding en hoe vroue hulleself in ’n huwelik kan verloor. Maar dit is ook ’n verhaal oor veral die vriendskappe tussen vroue, en met hierdie twee temas kan baie lesers identifiseer."
