Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die ses weke van Thomas en Ella deur Zelda Bezuidenhout: ’n jong leser se indrukke
2019-12-23"Want watter Afrikaanse boeke lees jy as jy alreeds al die Saartjie-boeke, al die Maasdorpe en al die Stalmaats gelees het? Hier is jou antwoord: Die ses weke van Thomas en Ella."
Philip Kerr se Hans-Nazi’s is donker Berlynse noir
2019-12-20"Die ooreenkomste met ons eie land se benarde situasie – eers die agterdog van die Apartheidsjare; mense wat oornag verdwyn en dae later in riviere of oop stukke veld opduik, met flou verskonings van ongelukke wat deur lompheid veroorsaak is; en dan die neiging om die verlede as beter voor te hou – is ooglopend."
Brand deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2019-12-19"Hierdie boek is beslis vir enige leser wat die somervakansie aan die brand wil lees."
Die vrede van Vereeniging deur Jan Scholtz en die stilswye van die bitter beginners
2019-12-19"Die stuk is in 1982 in boekvorm uitgegee nadat dit as televisiedrama op Maandagaand 19 Oktober 1981 oor die Afrikaanse televisiediens van die SAUK uitgesaai is."
Resensie: Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur deur Flip Buys
2019-12-19"Soos Hermann Giliomee in die voorwoord skryf, moet Die Pad na Selfbestuur 'dringend en deeglik gelees word deur almal wat ’n premie plaas op die Afrikaners se voortbestaan' in Suid-Afrika."
Pasverskyn: Die nuwe Afrikaanse prosaboek deur Sonja Loots en Steward van Wyk
2019-12-19Die nuwe Afrikaanse prosaboek is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme.
’n Kat se kans en Elke hond kry sy dag: ’n leser se indrukke
2019-12-19"Dié twee boeke is beslis ’n aanwins vir enige boekrak, tuis, by die skool of die biblioteek. Veral op die lang reise tydens die skoolvakansie. Kinders kan hope interessante dinge leer oor honde en katte."
Draakasem deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk
2019-12-19"Hierdie eenvoudige verhaal is pragtig geïllustreer en die drake lyk indrukwekkend. Beslis ’n goeie opsie vir die Kerskous."
Nuwe vrese deur Willem S van der Merwe: ’n resensie
2019-12-19"Soos wat dit staan, laat die meeste verse in Nuwe vrese my onbevredig, met die uitsondering van daardie enkeles wat wel verpletter."
Persverklaring: Cecilia Britz sterf
2019-12-18"Cecilia Britz was bekend vir haar enorme bydrae tot ontspanningsfiksie in Afrikaans."
African library: The woman next door by Yewande Omotoso
2019-12-18"Some readers might have formed a mistaken superficial impression of this impressive novel, based on brief reviews. Yewande Omotoso’s 2016 (second) novel is by no means a comforting or a sentimental “Rainbow Nation” or facile Truth and Reconciliation text; nor is it 'chick lit' for old ladies ..."
Jan Smuts: Wie en wat was hy eintlik? deur Paul Grobbelaar: ’n Ope brief
2019-12-18"Mag ek u met eerbied maar oom Jannie noem? Ons mense het mos altyd van Slim Jannie gepraat, of van oom Jannie. Ek onthou toe my oorlede moeder in trane was nadat u in 1950 oorlede is, al was sy 'n vurige Nasionalis."
For the love of the land: ’n onderhoud met Ivor Price en Kobus Louwrens
2019-12-13"Ons wou ’n boek vir gewone Suid-Afrikaners skryf. Die mense wat bedags by radiostasies inskakel omdat hulle omgee oor wat in die politiek en die ekonomie gebeur. Die mense wat so dikwels in die slaggat val om in lelike Twitter- en Facebook-gevegte oor landbou en grond betrokke te raak. Baie van hulle is mense wat nogtans daartoe verbind is om aan ’n beter Suid-Afrika te help bou."
Wenner aangekondig: Pret met Wiskunde, uitgegee deur NB-Uitgewers
2019-12-13Lees hier wie die wenner van die Pret met wiskunde-boekpakkie is!
Resensie: Vloek deur Rudie van Rensburg
2019-12-13"Vloek is beslis ’n boek wat jou vasgenael hou, byna soos ’n speurderverhaal wat op die kassie afspeel. Skielik lees jy nie net meer'n boek nie, jy is deel van die gebeure ..."
FMR-resensie: Wanneer bloekoms dans deur JM Gilfillan
2019-12-12"Bykans tagtig jaar van fyn waarneming tydens 'n lewe wat nie die gewone gebaande weë gevolg het nie, put sy behendig uit 'n welige bloekombos van ervaring en verbeelding."
Nuut by LAPA: Desember 2019
2019-12-12Kyk hier na 'n paar splinternuwe boeke wat hierdie Desember by LAPA Uitgewers beskikbaar is. Net betyds vir jou kerskous!
Skrywersonderhoud: Kobus van der Westhuyzen oor Landbouweekblad: Hart tot hart
2019-12-12"Ek kom al hoe meer agter die ouens boer omdat dit vir hulle ’n liefhebbery is. Hulle kan nie loskom nie, hulle is verslaaf daaraan. Dit is amper soos ’n diamantdelwer. Jy kry dalk nie vandag ’n diamant nie, maar dan gaan jy maar more weer terug ..."
Internasionale erkenning vir kosblogger Ilse van der Merwe
2019-12-12"Alles, van pizza en pasta tot geroosterde groente, en tapas en mezze, en tzatziki en olyfolie, en focaccias en charcuterie, en goeie kaas ─ daai soort kos maak my grensloos gelukkig!"
Video: Kaapstad-bekendstelling van Innie Shadows deur Olivia M Coetzee
2019-12-12Olivia M Coetzee se eerste boek, “Innie Shadows”, is Dinsdag, 3 Desember 2019, by The Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Barbara Boswell het met haar gesels.
