Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Resensie: Soekmekaar deur Dana Snyman
2019-11-15"Soekmekaar is onontbeerlike leesstof vir elkeen wat hierdie land liefhet, elkeen wat ons uitdagings probeer deurgrond, elkeen wat probeer om ten alle koste die hoop te behou."
Boekpakkie-weggee: Pret met Wiskunde, uitgegee deur NB-Uitgewers
2019-11-14Is jou kind volgende jaar in die grondslagfase? In hierdie dol geskarrel aan die einde van die jaar is daar nou een minder ding om jou oor te bekommer. Jy kan drie boeke wen om jou kind volgende jaar te help om wiskunde met pret onder die knie te kry!
Resensie: Sewe-en-veertig deur Irma Venter
2019-11-14"Sewe-en-veertig is die ideale leesstof vir die naderende somervakansie en dit bevat al die regte bestanddele om jou vas te pen in ’n leesgreep wat moontlik jou familie gaan irriteer."
Fiksie in die navorsingsomgewing – ’n onderhoud met Madelein Rust
2019-11-14"Dis ’n wonderlike bonus dat toekomstige geslagte hierdie tydkapsules onder oë sal kry om uit te vind waarmee ons moes stoei."
Book launch: Will South Africa be okay? by Jan-Jan Joubert
2019-11-14You are invited to the launch of Will South Africa be okay? on Thursday 21 November 2019 at The Book Lounge in Cape Town, where the author, Jan-Jan Joubert, will be in conversation with Mbuyiseni Ndlozi.
Pasverskyn: Grensgeval deur Marita van der Vyver
2019-11-14In swoel, afgeleefde Kuba, tussen kleurryke motors uit die vyftigerjare en geurige sigaarrook, word Theresa se soektog intiem vervleg met die lewens van mense wat in Angola as “die vyand” gebrandmerk is.
Resensie: Shadow flicker deur Melissa A Volker
2019-11-14"Melissa slaag ongetwyfeld daarin om die leser vasgenael te hou, van begin tot einde."
Jong dramaturge gesels oor Jakes Gerwel Skrywersresidensie III
2019-11-14In podcast 3 gesels die skrywers oor die tematiek in elkeen se drama – hoekom dit belangrik was dat elkeen die pen opgetel het om die storie te skryf en wat hulle beoog het om daarmee te sê.
Resensie: Penseel-studentebundel 2019
2019-11-14"Die bundel reflekteer in sy geheel ’n nihilistiese bestaanswêreld, een waarin die studentedigters ontgogel staan voor die groter maatskaplike uitdagings van die dag."
Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs vir 2020 toegeken aan Valda Jansen
2019-11-14"’n Beurskomitee bestaande uit kundiges in die skrywerswêreld, het eenparig besluit op Jansen se aansoek."
Book launch: For the love of the land by Ivor Price and Kobus Louwrens
2019-11-13You are invited to the launch of For the love of the land by Ivor Price and Kobus Louwrens.
In my vel deur Azille Coetzee: uit die perspektief van iemand met haar voete op twee vastelande
2019-11-13"My opinie van In my vel het tydens die leesproses soos ’n pendulum heen en weer geswaai ... van cliché tot persoonlik, van naïef tot vlymskerp."
Lesersindruk: Vegters deur Lucia Prinsloo
2019-11-13"Dit bied ’n leeservaring wat die leser se emosies deur ’n vleismeultjie jaag en jou laat voel dat jy sélf ook deur ’n oorlog is..."
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2019
2019-11-12Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is.
LitNet Akademies-resensie-essay: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach
2019-11-12"Wat Hond se gedagte van ander rugbyromans onderskei, is ongetwyfeld Breytenbach se skerp sin vir humor."
Lesersindruk: Robey Leibbrandt. ’n Lewe van fanatisme deur Albert Blake
2019-11-12"Die skrywer hanteer die biografiese geskiedenis van hierdie Suid-Afrikaanse vryheidsvegter uit die jare dertig en veertig van die vorige eeu baie professioneel en bykans soos 'n kliniese gevallestudie."
Lesersindruk: Die Wonderwese deur Carina Stander
2019-11-11"Die Bergengel-trilogie is baie meer as fantasie. Dit is allegorie, besinning, kommentaar en prosa, en in die eerste plek ʼn goeie storie."
Resensie: By die brandende berg deur Piet van Rooyen
2019-11-11"By die brandende berg is die verhaal van ’n man en sy gesin se aftakeling, gesien in die konteks van die stroping van Afrika deur verskeie rolspelers wat hulle hande op haar rykdom wil lê."
Video: Kaapstad-bekendstelling van Grensgeval deur Marita van der Vyver
2019-11-08Op Woensdag 6 November 2019 is Marita van der Vyver se jongste roman, Grensgeval, by die Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Annelize Visser het met Marita gesels.
