Pasverskyn: Uit die kroes deur Lynthia Julius

  • 0

Titel: Uit die kroes
Outeur: Lynthia Julius
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795709531

In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig. Ook die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou word bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds teen wanpersepsies oor ras en skoonheid gestry word. 

Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien
glad alleen beteken nie mooi nie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top