..........
“Meesleurend, leersaam, waaghalsig, dapper, insiggewend, beeldryk, meevoerend, in-your-face en nie ’n moment eendimensionaal nie: dit is my leeservaring van Oolog.” – Alfred Schaffer
..........
Titel: Oolog
Skrywer: Nathan Trantraal
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795709517
In die bekroonde digter Nathan Trantraal se derde bundel, getiteld Oolog, word stryd, konflik en oorlogvoering op verskeie vlakke ondersoek – nie net met verwysings op ’n nasionale en internasionale skaal nie, maar veral in die beskrywing van intieme, persoonlike ruimtes. ’n Dreigende atmosfeer by die huis en op straat word opgeroep. Soos met sy vorige bundels word die realiteite en leefwêreld van die Kaapse Vlakte oopgeskryf.
Met sy kenmerkende narratiewe verse, geskryf in verrykende Kaaps, vertel Trantraal stories wat dikwels met ’n vuishou in die verrassende slotreëls tref. Hierdie gedigte is vindingryk en vreesloos, met donker humor maar nie sonder deernis nie.
“Trantraal is ’n belangrike teenvoeter vir ’n letterkunde wat te dikwels uit voeling is met ’n groot deel van die potensiële leserspubliek.” – Tertius Kapp


