Izak de Vries het foto’s geneem by die Stellenbosch-bekendstelling van Etienne van Heerden se Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Die bekendstelling het op 19 November 2019 in Stellenbosch Hotel plaasgevind.
Izak meen dat sommige van die foto’s se invalshoeke vreemd is. Hy skryf: "Hoe sou dit gelyk het as NB-Uitgewers ’n klompie spioenasiekameras sou versteek het? Op onverwagse plekke? Agter Etienne – om mense dop te hou terwyl hy praat? Van bo? Die kiekies word dus speels geneem en die hoeke is vreemd.
"Loerbroer is orals. Loerbroer loer waar jy nie dit verwag nie.
"Deur die kamerahoek te verander en met ’n baie wye hoek te skiet (soos die geval is met baie spioenasiekameras) kry ’n mens ’n ander gevoel. Dalk sluit dit losweg aan by sekere van die temas in die boek."
Hier onder is Izak se foto’s van die geleentheid.























