Pasverskyn: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux

  • 0

Titel: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan 
Skrywer: Christine Barkhuizen-Le Roux 
Uitgewer: Human & Rousseau 
ISBN: 9780798179706

Corinne Prinsloo, ’n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit eens was nie. Dis asof haar domineeman, Frank, wegkruip in sy studeerkamer, en saans al hoe vroeër die whiskeybottel nadertrek. Die liefdevolle saamwees van vroeër het verander in ’n versigtige eierdans rondom mekaar.

Wanneer Deon, ’n oudpasiënt, haar nader om saam met hom ’n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word Corinne voor ’n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon ’n laaste maal terug na die trauma van sy verlede, of moet sy by Frank bly en self agter die kap van die byl van haar man se drinkprobleme probeer kom?

In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om ’n goeie man te wees? Hoe raak ’n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy veertig jaar later die pyn van ’n klein seuntjie genaamd Prins?

“’n Broodnodige verhaal. Dit gee ’n stem aan mense wat nie gehoor is nie.” – Juliana Coetzer

Lees ook 

Christine Barkhuizen le Roux (1959–)

Boekresensie: Drieklawerblaar deur Christine Barkhuizen-le Roux

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top