Uitnoding na die bekendstelling van Penseel 2019

  • 0

Penseel is 'n Afrikaanse studentebundel wat jaarliks deur die Vereniging vir Afrikaansstudente (VER[r]AS) van die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch uitgegee word. Soos in die verlede is die gedigte en vonkfiksie wat in Penseel verskyn voorheen ongepubliseerde werk van studenteskrywers aan die Universiteit van Stellenbosch. Die keurproses vir Penseel word deur ‘n paneel van kenners behartig wat alle inskrywings anoniem beoordeel.

Die bekendstelling van Penseel 2019 vind Dinsdag, 15 Oktober in die Hofmeyersaal in Stellenbosch om 18:30 vir 19:00 plaas. Nuwe studentedigters- en skrywers lees voor, en verversings sal voorsien word.  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top