Willie Esterhuyse se Oorlog en vrede is Donderdag 26 September in die Hofmeyrsaal op Stellenbosch bekendgestel. Martie Retief-Meiring het met hom gesels.

Johan Coetzee, Naledi-uitgewers

Anita Froneman, Naledi-uitgewers

Robert Brooks en Gisela de Villiers het die gehoor met klavierspel en sang vermaak.

Willie Esterhuyse

Willie Esterhuyse en Martie Retief-Meiring
Oorlog en Vrede
Oor die boek op Naledi se webwerf:
’n Eeu-oue-debat is of die mens, veral mans, van nature magsugtig en gewelddadig is. Dié boek ondersoek die probleem vanuit ’n historiese en filosofiese perspektief.
Die skrywer aanvaar die tese oor die gewelddadige natuur van die mens. Maar ook: Wat is in die geskiedenis gedoen om dié “natuur” teen te werk? Vrede te bevorder?
Hy reken dat die mens ook ’n morele verbeelding het wat die droom van vrede bevorder. Nog ’n (moontlike omstrede) punt is dat hy ook meen dat die morele verbeelding ’n funksie van die brein is wat deur sogenaamde heilige tekste ingekleur word.


