Video: Stellenbosch-bekendstelling van In my vel deur Azille Coetzee

  • 0

Op Saterdag 3 Augustus 2019 is Azille Coetzee se debuut, In my vel, by Protea Boekwinkel in Stellenbosch bekendgestel. Mercy Kannemeyer het ’n eerlike, maar gemaklike gesprek met Azille gevoer in die volgepakte boekwinkel. Onderwerpe soos wit skuld en magstrukture is met humor onder die loep geneem. Cliffordene Norton het die gesprek opgeneem en foto’s geneem. 

Azille Coetzee in gesprek met Mercy Kannemeyer oor haar debuut, In my vel

Azille Coetzee

Mercy Kannemeyer


.................

Opsomming

In my vel
Azille Coetzee
Uitgewer: Tafelberg

ISBN: 9780624087298

Ek is in Amsterdam om ’n PhD aan die Vrije Universiteit te doen. Ek het ’n visum en ’n beurs vir 22 maande, maar het reeds besluit dat ek vir ewig hier wil bly.

Met haar Nederlandse lover aan haar sy voel Azille Coetzee lig en bevryd. Sy hou van die sosiale gelykheid, die wêreldklas festivals, die galerye, en lesings deur beroemde filosowe. Sy begin uiteindelik die ellendige taal baasraak.

Van waar dan die hardkoppige ongemak wat haar nie wil laat los nie?

Met In my vel verken Coetzee dwingende aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap op ’n verrassende, persoonlike manier. Dit is sowel ’n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, as ’n vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees.

“’n Lieflike, noodsaaklike boek. Sowel gesofistikeerde intellektuele besinning as ’n hartstogtelik-persoonlike relaas.” – Francois Smith

“Dié ware verhaal van navigasie, deur twee stede, deur ’n hart, is ’n dokument vir ons tyd. Tydig, snaaks, en nódig.” – Kabous Meiring

...............

Lees ook

In my vel deur Azille Coetzee: ’n skrywer wat haarself blootlê sodat ons onsself kan sien

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: In my vel deur Azille Coetzee

Kyk ook 

Video: Kaapstad-bekendstelling van In my vel deur Azille Coetzee

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top