Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon: ’n boekresensie
2018-09-12"Enige leser wat oor die volwassenheid beskik om ander religieuse standpunte te akkommodeer en te probeer begryp, sal hierdie goedgeskrewe roman geniet."
Studying while black. Race, education and emancipation in South African universities
2018-09-11"Akademici is te bang om openlik kritiek uit te spreek. Almal skuil onder die radar en hoop maar dat die semester sonder enige voorvalle sal verloop. Die feit is dat Suid-Afrikaanse universiteite op ’n spreekwoordelike tydbom sit."
Thomas Mofolo se Chaka: die nuwe Afrikaanse vertaling deur Chris Swanepoel, ’n resensie
2018-09-11"Chaka word as een van die belangrikste boeke van sy tyd beskou. Dit is ‘n boeiende verhaal wat verdien om herlees te word en die nuwe Afrikaanse vertaling daarvan sal hopelik hierdie belangrike boek aan ‘n nuwe geslag lesers blootstel."
Stof deur Alettie van den Heever: ’n onderhoud
2018-09-11"Ek weet nie wat ons is nie. Ek is in sekere opsigte grootgemaak om saam met die digtergees te dink dat hierdie wêreld nie ons woning is nie, en al voel ek nog soms so, dink ek nou anders. Baie van die ekologiese ghoeroes wil dit hê dat ons ’n virus is. Ek is nie so seker nie. Hierdie wêreld is ons enigste woning."
Boerekos kry ’n moderne baadjie: ’n resensie van Boerekos with a twist deur Annelien Pienaar
2018-09-10"Die nuttige inligting voor die verskillende hoofstukke om jou te leer wanneer jy ’n ballonklitser gebruik; of hoekom room skei; wat die verskil tussen flambé en soteer is; of hoe warm jou oond vir watter gereg moet wees, help selfs die onkundigstes onder ons."
Die verlore smoking gun van Bird Island: 'n resensie
2018-09-07"Dit sal net so ’n groot onreg wees om onskuldige mense as pedofiele te brandmerk indien dit leuens is as om die slagoffers se pyn te misken as dit waar sou wees."
Foto's: ATKV-Woordveertjies 2018
2018-09-06Die ATKV-Woordveertjies is vanjaar vir die 11de keer aangebied. Die prysfunksie is Vrydag 31 Augustus in Stellenbosch gehou. Izak de Vries en Naomi Bruwer deel hulle foto's.
Hope rising from the ashes of despair: Mogadishu Book Fair
2018-09-06"I saw hope rising from the ashes of despair. As I stood at the podium to talk about my book, The lion’s binding oath and other stories, I saw a sea of young faces – young men and women in their late teens and early to mid-twenties – staring at me attentively, taking it all in."
Hans du Plessis kuier by Rustenburg Leeskring
2018-09-06"Hans du Plessis het op 28 Augustus in Rustenburg kom kuier en met die leeskring gesels oor Drie vroue en ’n meisie. Almal het die praatjie baie geniet, veral om te hoor waar Hans die storie gekry het!"
Open Book Festival 2018: An interview with Frankie Murrey
2018-09-06"The festival has become known for its focus on political and societal topics, and events will include discussions around the 2019 elections, a look at whether our laws hinder or help us, and the future of the media."
Bruistablette vir die lewe deur Susan Coetzer: ’n resensie
2018-09-06"Met Bruistablette vir die lewe nooi die geliefde skrywer en motiveringspreker jou saam op ’n geselsreis om hoop te bied aan die moderne vrou en die uitdagings van die lewe. Dit is geskryf met humor, deernis en insig."
Stof deur Alettie van den Heever: bekendstelling in Kaapstad
2018-09-06Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Stof, Alettie van den Heever se debuutroman, op 27 September in Kaapstad. Alettie sal met Hester Carstens in gesprek wees.
'n Brief vir Reina deur Elsa Winckler: ’n resensie
2018-09-06"As dit ligte vermaak is waarna jy soek, is dit die boek vir jou."
Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n resensie
2018-09-06"Dowe gode is Breytenbach se vierde misdaadboek en span die kroon. Sy het geen moeite met haar navorsing en haar teks ontsien nie. Dit wys op elke bladsy."
As sy weer kom deur Marlize Hobbs: ’n resensie
2018-09-04"Skryf is lyf, skryf is bloederige geboorte, en as jy dit reg doen, is dit morsig. En daar is ’n sekere manier waarop veral vroueskrywers dit reg kan doen."
Spertyd deur Elsa Joubert: ’n lesersindruk
2018-09-04"Joubert beskryf met patos die 'skimwêreld' waarin die ouerwordende persoon hom/haar al hoe meer bevind: die verwarring, die vergeet van die alledaagse gryp jou aan die hart."
Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n lesersindruk
2018-09-04"Die storie van die roman handel oor ’n hele paar sensitiewe en moeisame temas. Breytenbach het dit egter reggekry om op ’n elegante en eerlike manier oor hierdie temas te skryf, wat reg aan die verskeie temas laat geskied."
Uitnodiging: Bekendstelling van Prooi deur Deon Meyer
2018-09-04"Deon Meyer stel op 23 Oktober sy jongste boek, Prooi, vir die eerste keer bekend tydens die gesamentlike leeskringbyeenkoms van leeskringe in en om Pretoria by die Moreletapark Gemeente in Pretoria."
Press release: If one has read Arundhati Roy …
2018-09-04"After fleeing Somalia, Ahmed Ismail Yusuf lived in several states but has lived in Minneapolis, Minnesota since 1997. He did not speak English when he arrived, he was a high-school dropout, and he was not sure what his actual age was. Today he has two college degrees."
ATKV-Woordveertjies vereer talentvolle skrywers
2018-09-04By vanjaar se ATKV-Woordveertjies is daar onder meer vir die beste skrywers, digters en dramaturge ’n klop op die skouer gegee vir hul enorme bydrae tot die letterkunde-landskap.
