Om tot verhaal te kom: ’n videogesprek met Lizette Rabe rondom skryfterapie

  • 2

Agtergrond van die boek waaroor hierdie gesprek handel: Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie – of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind. Skryfterapie is ’n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is – om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie. Of jy jou werk verloor het, of deur ’n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met ’n ernstige siekte gediagnoseer is, of ’n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie. Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik ’n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot ’n digitale dagboek soos ’n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke.

In die videogesprek hieronder gesels Lizette Rabe, skrywer van Om tot verhaal te kom, met Izak de Vries oor dié boek.

Om tot verhaal te kom – Verwerk trauma en verlies deur skryfterapie deur Lizette Rabe: ’n resensie

  • 2

Kommentaar

  • Sedert my kinderjare skryf ek elke dag neer wat gebeur het, wat ek gedoen, beleef, geëet, maar veral gedink het. Ek is nou 73jr en doen dit steeds. Dit bring insig, balans, verligting, beligting! Wysheid, aanvaarding, nugterheid.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top