Lizette Rabe

Lizette Rabe is emeritus professor in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch (US). Sy het haar joernalistieke loopbaan in 1979 by Naspers begin en was meer as 20 jaar lank in die joernalistiekpraktyk, onder meer as tydskrifredakteur. Sy het haar doktorsgraad in 1994 aan die US verwerf. In 2001 het sy haar as “praktisyn-as-professor” as hoof van die Departement Joernalistiek by die US aangesluit. Sy is skrywer, medeskrywer of samesteller van verskeie publikasies, met as skrywer onder meer Rykie – ’n lewe met woorde (Tafelberg 2011) en A luta continua. A history of media freedom in South Africa (African Sun Media 2020), en as samesteller onder meer ’n bundel essays oor Naspers se 100-jarige bestaan: ’n Konstante revolusie – Naspers, Media24 en oorgange(Tafelberg 2015). Sy was die ontvanger van die Rektorstoekenning vir Uitnemende Onderrig en was reeds twee keer op die Rektorslys van topnavorsers oor alle fakulteite. In 2015 het sy die US se Kanselierstoekenning ontvang, asook die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stalsprys vir Kommunikasie en Joernalistiek.

Naspers se 110 jaar – van pers tot Prosus

Lizette Rabe Seminare en essays 2025-09-10

"Wat lê dus voor vir Naspers/Prosus wat op soveel terreine met woord en daad 'waarde' en 'betekenis' vir so ’n groot persentasie van die wêreldbevolking ontsluit? ... Dalk die gunstelingverwysing van Bekker, naamlik die Darwinistiese diktum van wie oorleef, nie die sterkste is nie, maar die soepelste? Die een wat by verandering kan aanpas?"

A women’s magazine over 75 years – a social barometer of her time

Lizette Rabe Academic research 2025-05-22

"The Afrikaans women’s magazine Sarie celebrated her 75th anniversary in July 2024. This article describes the origin and development of this magazine based on two periods."

’n Vrouetydskrif oor 75 jaar – ’n sosiale barometer van haar tyd

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-05-22

"Die doel van hierdie artikel is om Sarie as sosiale barometer van haar tyd voor te stel. Die velde mediageskiedenis en tydskrifstudie vorm die teoretiese raamwerk vir die vertrekpunt."

Quo vadis, o quo vadis?

Lizette Rabe LitNet25-skrywersberaad 2025-03-13

"Ja, natuurlik, neem kennis van daardie swart wolf en alle moontlike kakistokratiese, outokratiese, megalomaniese, narsistiese (klem op nar) geklikhede, plaaslik en globaal. Skryf daaroor sodat ons gewone mense kan verstaan wat aangaan op hierdie planeet van ons wat by die dag meer uit sy baan spin. Maar moenie histeries raak oor al die histeriese goed wat kwytgeraak word nie."

Beeld 50, saamgestel deur Erika de Beer: ’n bespreking van ’n koerant as kaleidoskoop oor 50 jaar

Lizette Rabe Boeke en skrywers 2024-10-29

"Beeld 50 is ’n blik op die ágterkant van daardie fassinerende tapisserie van die lewe wat ses dae van die week, blad vir blad, van die voorblad tot die sportblad, geweef is. Daar waar die knope, letterlik en figuurlik – gemaak word om uiteindelik die koerant van die dag te vorm. Vandag: Of dit knope is vir ’n gedrukte koerant of ’n digitale koerant."

Voorlopervroue in die Afrikaanse joernalistiek: Een eeu, drie baanbrekers, drie generasies

Lizette Rabe Seminare en essays 2024-06-26

"Die drie persoonlikhede wat voorgehou word as drie voorlopervroue oor drie geslagte in die Afrikaanse joernalistiek oor een eeu waarin hulle hul joernalistiek beoefen het, is Miemie (Maria Elizabeth) Rothmann (1875–1975; beter bekend as MER), Rykie van Reenen (1923–2003), en Martie Retief Meiring (1934–). Die artikel sal vanuit ’n mediageskiedkundige vertrekpunt ’n oorsig gee oor die eerste vrouestemme in die Hollands-Afrikaanse joernalistiek, aangesien die pionier MER nie in ’n vakuum haar loopbaan begin het nie."

’n Bespreking van Wieg deur Joan Kruger

Lizette Rabe Boeke en skrywers 2022-12-09

"En juis in Wieg word die geskiedenismaker die vrou, eerder as die man, en alles wat daarmee saamhang vanuit ’n vrou se lewens- en wêreldbeskouing. Die 'ander' het ’n stem gekry."

Abraham Faure – ware Renaissance-mens en "vader van die Suid-Afrikaanse literatuur"

Lizette Rabe, Melt Myburgh Onderhoude 2022-02-02

Lizette Rabe gesels oor die veelsydige Abraham Faure, "vader van die Suid-Afrikaanse literatuur", wie se pionierswerk in die kerk, onderwys en joernalistiek die Afrikaanse kultuurwêreld help vorm het soos ons dit vandag ken.

The origins of (Dutch) Afrikaans journalism, the period in which it developed, and Abraham Faure as pioneer

Lizette Rabe Academic research 2021-12-17

"Faure can be described as pioneer journalist in Dutch (and thus later Afrikaans) journalism at the Cape in the early 19th century as founding editor of HNZAT as well as the two later religious magazines."

Die oorsprong van die (Hollands-)Afrikaanse joernalistiek, die tydsgewrig, en Abraham Faure as pionier

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-12-17

"Abraham Faure was skynbaar die regte persoon op die regte tyd op die regte plek. Verskeie bronne beskryf hom as ’n Renaissance-mens wat, hoewel klein van postuur, ’n groter as groot figuur in sy tyd aan die Kaap was."

Fopnuus vier hoogty in tye van onsekerheid

Marli van Eeden, Lizette Rabe Onderhoude 2020-06-25

“Fopnuus vind vrugbare aarde in tye van onsekerheid. En watter groter onsekerheid as die huidige wás daar al in ons heugenis? ’n Pandemie wat lei tot ’n ‘info-demie’. Dié faktor van onsekerheid gepaard met ‘n ander element, tegnologie, beteken fopnuus gedy.”

Om tot verhaal te kom: ’n videogesprek met Lizette Rabe rondom skryfterapie

Izak de Vries, Lizette Rabe Skrywersonderhoude 2019-07-03

Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Kyk na ’n videogesprek met Lizette Rabe.

Landbouweekblad: ’n onderhoud met Lizette Rabe

Lizette Rabe, Isabeau Botha Onderhoude 2019-05-28

"Ek dink nie ’n mens kan sê Landbouweekblad was onpartydig nie." Isabeau Botha gesels met Lizette Rabe oor haar LitNet Akademies-artikel, "’n Landboublad as 'sosiale barometer': Landbouweekblad as aanwyser van een eeu se landbou-ontwikkeling".

An agricultural magazine as “social barometer”: The Afrikaans magazine Landbouweekblad as an indicator of agricultural developments over one hundred years

Lizette Rabe Academic research 2019-05-24

"Indeed, within the agricultural concept of a barometer as an indicator of weather patterns, and thus as being of vital importance to agriculture in terms of good or bad news, it could be said that the magazine has been, and still is, a social barometer of its time over its existence of one hundred years."

’n Landboublad as “sosiale barometer”: Landbouweekblad as aanwyser van een eeu se landbou-ontwikkeling

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-05-21

"Die Afrikaanse landboutydskrif Landbouweekblad vier in Mei 2019 sy eeufees. Hierdie artikel beskou vanuit ’n mediageskiedkundige asook tydskrifstudie-vertrekpunt die ontstaan en ontwikkeling van die blad sedert 1919."

Top