Lizette Rabe

Lizette Rabe is emeritus professor in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch (US). Sy het haar joernalistieke loopbaan in 1979 by Naspers begin en was meer as 20 jaar lank in die joernalistiekpraktyk, onder meer as tydskrifredakteur. Sy het haar doktorsgraad in 1994 aan die US verwerf. In 2001 het sy haar as “praktisyn-as-professor” as hoof van die Departement Joernalistiek by die US aangesluit. Sy is skrywer, medeskrywer of samesteller van verskeie publikasies, met as skrywer onder meer Rykie – ’n lewe met woorde (Tafelberg 2011) en A luta continua. A history of media freedom in South Africa (African Sun Media 2020), en as samesteller onder meer ’n bundel essays oor Naspers se 100-jarige bestaan: ’n Konstante revolusie – Naspers, Media24 en oorgange(Tafelberg 2015). Sy was die ontvanger van die Rektorstoekenning vir Uitnemende Onderrig en was reeds twee keer op die Rektorslys van topnavorsers oor alle fakulteite. In 2015 het sy die US se Kanselierstoekenning ontvang, asook die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stalsprys vir Kommunikasie en Joernalistiek.

Chronicle of a coming of age? A media-historiographical revisit: The TRC, Naspers and Afrikaans journalism

Lizette Rabe Academic research 2017-11-30

"Twenty years later one can state that the interpretation of the events is a good example of both concepts of loyal resistance and the idea of the continuous, open dialogue that moulded Naspers’s inherent culture."

Kroniek van ’n mondigwording? ’n Mediageskiedkundige herevaluering van die WVK, Naspers en Afrikaanse joernalistiek

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-11-30

"Die begrip oop gesprek is veral ook van toepassing op die feit dat die gesprek rondom die interpretasie van, en nuwe narratiewe rondom, die Afrikaanse joernalistiek en die WVK voortgaande en 'oop' moet bly om nuwe moontlikhede en nuwe interpretasies te kan ontsluit."

Huisgenoot as magazine of its time: a media-historical chronicle of a magazine as evergreen over one hundred years

Lizette Rabe Academic research 2016-09-15

"Indeed, Huisgenoot as an evergreen 'home companion' has not only survived 100 years, but has achieved its success with excellence."

Huisgenoot as tydgenoot: ’n mediageskiedkundige kroniek van ’n tydskrif as “skrif” van sy tyd

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2016-09-15

"Hierdie artikel gebruik ’n mediageskiedkundige vertrekpunt om die ontwikkeling van Huisgenoot van 1916 tot 2016 met sy idealisties-ideologiese en markgedrewe ideale as “skrif” van sy tyd te boekstaaf."

“Making columns” à la “rich, richer, Rykie” – Rykie van Reenen and some markers for blogger-columnists

Lizette Rabe Academic research 2015-08-20

This article sets out to map certain elements of columns as a guide for the blogosphere’s columnists, i.e., bloggers, by attempting to identify the elements that made legendary and virtuoso Afrikaans journalist Rykie van Reenen (1923–2003) stand out as a top columnist – or a person “making columns” (Van Reenen 1954), as she herself referred to column writing – as it attempts to lay down some markers for a current generation of blogger-columnists and what they can learn from the work of a columnist of a bygone era.

“Rubriekmaak” à la ryk, ryker, Rykie – Rykie van Reenen en enkele merkers vir hedendaagse blog-rubriekskrywers

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-08-19

Kan ’n nuwe generasie (blog)rubriekskrywers baat vind by die stylkenmerke van Rykie van Reenen se rubrieke? Lizette Rabe ondersoek Van Reenen se “rubriekmaak”.

Top