Alma Rossouw en André Terblanché loods nuwe werk

  • 0

Op Donderdag 20 Junie het die skrywer Alma Rossouw en die sanger André Terblanché nuwe werk bekendgestel by die Bôrdienghuis, wat deel is van die Breytenbach-sentrum op Wellington.

Die saal was gepak.

Francois Lötter het almal welkom geheet.

Alma Rossouw se debuutwerk, Sypaadjie, is bekendgestel.

Saartjie Botha het die onderhoud met Rossouw gevoer.

Botha het Sypaadjie as ’n belangrike werk bestempel, juis omdat dit so toeganklik is. Die romansegenre is vir talle jongmense ’n poort na dieper leesgenot; daarom is dit nodig dat ook hierdie genre meer moet doen om alle soorte liefde te belig.

Rossouw se antwoord was dat sy nog altyd baie lief was daarvoor om romanses te lees. Dit was ’n gay vriend wat haar daarop attent gemaak het dat daar nie in Afrikaans romanses verskyn waarin die hoofkarakters gay is nie.

Rossouw, wat ’n baie oortuigde Christen is, het toe moeite gedoen om die “tall dark and handsome” Leah en haar beeldskone Hannah bymekaar te bring. Leah, wat uit ’n baie konserwatiewe agtergrond kom, verbreek alle taboes. Sy is ’n briljante sakebrein, stinkryk, raak verlief op ’n vrou en omarm haar Christelike geloof. Soos Rossouw sê: #LiefdeBreekGrense.

Die manuskrip is aanvanklik aan Cliffordene Norton voorgelê. Norton was in LAPA se Romanza-afdeling. Sy het toe die teks na Wenkbrou gestuur met ’n nota dat dit vir seker moet verskyn, maar juis dan by die nuwe druknaam wat die grense wil uitdaag.

Ná Botha en Rossouw se gesprek het André Terblanché sy debuutalbum, Pop culture bekeerdes, bekendgestel saam met Wilken Calitz en Pieter van Helslandt.

Wilken Calitz.

Pieter van Helslandt.

Teks en fotografie: Izak de Vries

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top