Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 April
Boekeblad: Episodes skuur soos skuimende glase bier
Jean Meiring resenseer Die helaasheid van die dinge deur Dimitri Verhulst. Vertaal deur Daniel Hugo.
3 April
Kunsblad: ‘Roepman’-skrywer se roman in tragedie gebore
Jan van Tonder praat oor sy jongste roman.
5 April
Kunsblad: Dana, Zorada vanjaar ook Andrew Murray-pryswenners
Wenners van die Andrew Murray-pryse
8 April
Boekeblad: Onverwagte juweel oortref
Jonathan Amid takseer Madelein Rust se Kanker schmanker!
Boekevat-rubriek (Jo Prins): Die vreemdheid van Yrsa Sigurdardóttir
10 April
Kunsblad: Skrywer met skuilnaam wen UJ-debuutprys
Wenners van die UJ-letterkundepryse.
14 April
Kunsblad: Slypskool in skryfterapie aangebied
Werkwinkel oor skryfterapie in Stellenbosch.
18 April
Kunsblad: Loots se karakters, spoke kry lewe
Francois Loots praat oor sy sewende roman
Kunsblad: 2 romans van Irma Venter nou oorsee uitgereik
20 April
Kunsblad: Wat skryfterapie vir jou kan beteken
Lizette Rabe gesels oor haar boek oor skryfterapie
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in April die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
2 April
Spanningsromans deur Peet Venter
- Brand
- Lem
- Plasenta
- Waar boosheid broei
- Ou bloed
- Dieper as die bloed
9 April
Boeke uit Christien Neser se pen
- Die ELLE-reeks
- Amper Einstein
- Pienk is nie vir sissies nie
16 April
Boeke deur Madelein Rust
- Die 13de kaart
- Monstersaad
- Bloedlyn
- Moordhuis
- Lam ter slagting
- Kanker schmanker
- Doodsengel
23 April
Romans deur François Loots
- Jakkalsdans
- Rooi Jan Alleman
- In sneeu geskryf
- Die diepblou see
- ’n Spook in die huis
30 April
Boeke deur Cecilia Steyn
- Die meisie op die dak
- Hartklop
- Hartbreker
- Hartedief
- Hartsnaar
- Die #PresiesAnders-reeks
- Stoppelbaardsoene in Santorini
- Die eks-noodgeval
- Leisels na liefde
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:
|
Berigte uit die skemerland deur Dolf van Niekerk: ’n lesersindruk
JC Pauw 2019-04-26 "Hierdie baie voortreflike bundel stel die vraag: 'Sien ’n mens nie dalk beter in die skemer nie?'" |
|
intussen deur Johan Rabie Murray: ’n FMR-resensie
Danie Botha 2019-04-25 "Johan Rabie Murray se tweede digbundel het onlangs verskyn. Dit heet intussen." |
|
Comrade Baron deur Jaap Scholten: ’n lesersindruk
Theuns du Buisson 2019-04-25 "Toe Scholten hierdie boek vir my gegee het, het hy voorin geskryf dat hy glo dat ek baie ooreenkomste met Suid-Afrika sal kan raaksien. Ongelukkig is hy reg. Daar is groeiende haat teenoor dié wat grond besit. Om nie eers te praat van die superrykes nie." |
|
Die dag toe die draak kom (vir seuns en vir meisies) deur Fanie Viljoen: ’n resensie van albei boeke
Anke Theron 2019-04-25 "Hierdie boeke is broodnodig binne die Suid-Afrikaanse konteks, omdat seksuele misdade teen kinders aan die toeneem is." |
|
Bloedlelie deur Jeanette Ferreira: ’n resensie
Elkarien Fourie 2019-04-25 "Bloedlelie is ’n veelvlakkige, fyngesnaarde werk en Jeanette Ferreira se vyfde historiese roman. Hiermee steek sy weer eens haar kleim af as ’n belangrike en gesaghebbende skrywer op die gebied." |
|
weer-lig deur Fransi Nieuwoudt: ’n resensie
Reinhardt Fourie 2019-04-18 "Tematies handel die gedigte in weer-lig oor aspekte van die kuns en die natuur." |
|
Doodmenslik deur WL van der Merwe: ’n resensie
Nini Bennett 2019-04-16 "Doodmenslik is ’n bevredigende debuut wat heelwat bied vir die poësieliefhebber. Alledaagse, of doodgewone, verskynsels word digterlik verwerk tot ontroerende verse waarmee baie sal identifiseer." |
|
Sondag deur Irma Venter: ’n FMR-resensie
Riette Rust 2019-04-16 "Jy hoef nie voorheen ’n Venter-roman te gelees het nie; Sondag is ’n verhaal wat op sy eie sin maak. Dis trouens ’n boeiende blitsblaaier wat ek heelhartig aanbeveel." |
|
Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita: ’n resensie
Riette Rust 2019-04-12 "Sommige van die skrywer se ervaringe en waarnemings is so verstommend, dis asof die gode wél ingegryp het. Die bundeltitel verwys juis na Hermes, die boodskapper van die gode. Ook na ’n soort tikmasjien wat ’n skrywer soos Etienne Leroux gebruik het. En kyk net watter woorde het hý teweeggebring!" |
|
Brugbouers deur Rudi Buys: ’n resensie
Liezl Dick 2019-04-09 "Hoe meet mens in elk geval iets soos rasse-integrasie? Syfers en statistieke vertel nie die volle verhaal nie. Die Shimlapark-insident en die 2016-#Feesmustfall-protesoptog het dit duidelik gemaak dat ’n nuwe orde met nuwe uitdagings sigself aangemeld het." |
|
Bos deur Jaco Wolmarans: ’n resensie
Maryke Roberts 2019-04-09 "Hierdie is hopelik die begin van ’n lang lys suksesboeke in die spanningsgenre. Hy kan beslis kers vashou by ons land se voorste misdaadskrywers." |
|
Sandveldstories deur Ferdinand Deist: ’n FMR-resensie
Danie Botha 2019-04-09 "Die verhale is deurgaans geskryf soos die karakters in daardie landstreek die woorde uitspreek en inspan: rewirs, kestrolle, opkoenek, lantering, badskamer, bykenvelletjies, ens." |
|
Oor grense deur Ton Vosloo: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2019-04-08 "Nogtans is die boek die lees werd, veral omdat dit baie inligting dokumenteer oor Naspers se geskiedenis sedert die ontstaan van die internet, en ook omdat dit Vosloo se perspektief op van die gebeure uit sy lang loopbaan gee." |
|
Oor grense deur Ton Vosloo – ’n resensie
Jan-Jan Joubert 2019-04-08 "Dis ’n voorslagverhaal uit die pen van ’n meesterstorieverteller, en ’n verhaal vertel uit sy hoek." |
|
Rookskerm deur Joubert Odendaal: ’n resensie
Heino du Plessis 2019-04-01 "Joubert Odendaal het die talent om situasies haarfyn te beskryf sodat jy werklik in vervoering kan raak oor die kleiner besonderhede, maar in ’n spanningsroman kan dit ongelukkig soms die spoed van jou verhaal breek." |
|
Video: Bekendstelling van Boodskapper van die gode deur Murray La Vita
LitNet 2019-04-18 Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita is Dinsdag 9 April by The Book Lounge bekendgestel. Izak de Vries het met hom gesels. |
|
Bloedlelie: ’n onderhoud met Jeanette Ferreira
Naomi Meyer, Jeanette Ferreira 2019-04-04 "Vergifnis is ’n swaar ding, insig en berusting des te meer. Niks is soos dit vir ons lyk nie, nie eens die sterre nie." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
7 April
Onderhoud: Zirk van den Berg gesels met Johan van Zyl oor sy sprokiesnovelle Ek wens, ek wens
Resensie: Joan Hambidge resenseer Grondwater deur Marlise Joubert
Resensie: Jonathan Amid resenseer Doodsbleek deur Philip Kerr, vertaal deur Zirk van den Berg
14 April
Resensie: Anna Kemp resenseer Wanneer bloekoms dans deur JM Gilfillan
Nuut op die rak: Protea Boekhuis publiseer vyf nuwe Afrikaanse dramatekste
- Koningin Lear deur Tom Lanoye
- Melk & vleis/Bloed & bodem deur Marina Albertyn
- Bos deur Malan Steyn
- Boetman is die bliksem in en Gert Garries deur Pieter Fourie
Nuut op die rak: Vier nuwe geestelike selfhelpboeke
- Kanker schmanker! deur Madelein Rust
- Ons raaiselpad met Alzheimersiekte deur Elise Nel
- Vir mans deur Johan Ferreira
- Suurlemoenseisoen deur Amanda de Lange
21 April
Resensie: Jean Meiring resenseer The First Safari: Searching for François Levaillant deur Ian Glenn
Nuut op die rak: Vier plaaslike Engelse romans
- Illumination en The Scent of Bliss deur Nthikeng Mohlele
- The Accident deur Gail Schimmel
- Yellowbone deur Ekow Duker
28 April 2019
Onderhoud: Johan van Zyl gesels met François Loots oor sy sewende roman, ’n Spook in die huis
Resensie: Jean Meiring resenseer ’n Spook in die huis deur François Loots
Nuut op die rak: 3 digbundels en 3 boeke vir jeugdiges
- Stof en ster deur Pieter Fourie
- Donkerwerk deur Nini Bennett
- Die jaar toe pa… deur Hannes Visser
- Vrae en feite vir nuuskierige agies #2 deur Riette Hugo
- Sweepslag deur Annerle Barnard
- Eben die Ellendige Eenhoring deur Koos Kombuis
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende April op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
2 April
Krabbel tydens stiltetyd
Stiltetyd-dagboeke spesiaal vir kinders en meisies wat daarvan hou om te krabbel met “woordjies en prentjies in prettige kleure en verbeeldingryke letters”.
Lees die resensie
9 April
Oorsigresensie: Omnibusse vir kinders
Hoe gemaak wanneer jy graag jou vir jou leesgierige kinders hulle gunstelingskrywers se boeke wil aankoop, maar jou beursie is plat? Skaf ’n omnibus aan!
Lees die resensie
16 April
Kanker schmanker deur Madelein Rust
Madelein Rust deel intieme besonderhede van haar persoonlike belewenis met kanker. Haar eerlike vertellings laat die leser geensins onaangeraak nie – jy lag én huil.
Lees die resensie
24 April
Maaltye – maklike geregte vir elke geleentheid deur Christine Capendale
As jy nie baie tyd het om ure lank te staan en kook nie, maar tog verleidelike, gesonde en interessante geregte wil bedien, gaan hierdie boek jou sommer baie handig te pas kom.
Lees die resensie
30 April
Stiltetyd vir die jongspan
Dit kan nogal ’n uitdaging wees om in vandag se tyd die gewoonte by jou kind te kweek om stiltetyd te hou. Dave Strehler se My Eie Klein Belofte-Bybel en My Eie Klein Gebede-Boek is spesiaal geskryf om kinders tussen ses en tien jaar oud te help om sinvol tot God te nader.
Lees die resensie
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé
Die woordegevoeligheid en poëtiese inslag wat ʼn mens sou kon vermoed, is ruimskoots daar. Dis ʼn boek wat jou op verbeeldingsvlugte neem. Vasklou moet jy, want dié Pegasus is uitbundig.
Lees die resensie
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 3 April
Ilse Salzwedel gesels met Jan van Tonder oor sy nuwe roman Die verevrou. Daar's 'n kykie na nuwe Afrikaanse boeke, en Johan Myburg deel interessanthede oor die internasionale letterkunde.
Woensdag 10 April
Ilse Salzwedel gesels met Jennifer Friedman oor haar nuwe bundel Vrystaat-vertellinge, The Messiah’s Dream Machine. Die wenners van die 2019 UJ-pryse word aangekondig, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer nuus oor Milan Kundera.
Woensdag 17 April
Wyle Madeleine van Biljon word onthou as een van die beste rubriekskrywers wat Afrikaans nog opgelewer het. Luister na 'n onderhoud wat in 1992 met haar opgeneem is. Theo Kemp vertel ook waarna lesers kan uitsien tydens die Suidoosterfees, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.
Woensdag 24 April
Lizette Rabe gesels oor haar boek Om tot verhaal te kom, 'n boek oor skryf as terapie en ook 'n waardevolle gids vir voornemende skrywers. Fanie Viljoen gesels oor hoe sy boek Die dag toe die draak kom kan help om kinders, ouers en onderwysers te bemagtig mbt die seksuele misbruik van kinders. Johan Myburg is weer in die ateljee met wetenswaardighede uit die internasionale boekewêreld.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 2 April
Die godsdiensfilosoof en digter WL van der Merwe woon in Amsterdam waar hy doseer aan die Vrije Universiteit. Sy debuutbundel Doodmenslik het in 2018 verskyn. Hy vertel van hierdie bundel en lees enkele gedigte daaruit.
Dinsdag 9 April
Margot Luyt lees gedigte oor herfs van Johann de Lange, Lina Spies, NP van Wyk Louw, Koos Kombuis, Clinton V. du Plessis, Martjie Bosman en Cas Vos.
Dinsdag 16 April
Jy word uitgenooi om die reis van die Paradiso, onder die klank van musiek en sang, te onderneem. Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri se drieledige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit. Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrassende en sprankelende metafore en vergelykings in sy vertaling aan, en hy vertaal al die Latynse himnes op ’n indrukwekkende wyse. Die meestervertolker Nic de Jager lees dele uit die beeldskone vertaling van Cas Vos voor.
Vrydag 19 April
Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Charlton George en Juanita Swanepoel is die voorlesers van gedigte van IL de Villiers, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Adam Small, WEG Louw, Sheila Cussons, ID du Plessis, NP van Wyk Louw en Eveleen Castelyn.
Dinsdag 23 April
Luister na gedigte wat gaan oor maskers in die vele vorme wat die mens dit dra. June van Merch is die voorleser van gedigte van Charles Fryer, Wilma Stockenström, Lina Spies, Juanita Louw, Ronelda S Kamfer, Loftus Marais, SJ Pretorius, Clinton V du Plessis en Charl-Pierre Naudé.
Dinsdag 30 April
Carel Nel en Ronél Geldenhuys lees gedigte wat handel oor Suid-Afrika, in die gees van Vryheidsdag wat gevier is. Daar is gedigte van Pieter Odendaal, Danie Marais, Johann L Marais, Louis Esterhuizen, Fanie Olivier, Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Marlene van Niekerk.
Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In April het sy Strafjaart deur Theo Kemp vir Fine Music Radio geresenseer.
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
Die volgende onderhoude en resensies is in April geplaas:
3 April
Dewald Koen resenseer Donkerwerk deur Nini Bennett
15 April
Bernard Odendaal resenseer op weg na kû deur Breyten Breytenbach
23 April
Marius Crous resenseer Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais
Voertaal
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op Voertaal verskyn:
![]() |
"Geskiedenis kan ons help om die demokrasie te versterk": ’n onderhoud met Thys VerLoren van Themaat
Willem de Vries, Thys VerLoren van Themaat "We gaan dan de discussie over de vaderlandse geschiedenis niet uit de weg, integendeel, die kan ons juist helpen om bewuster te worden en de democratie te versterken." Willem de Vries gesels met die hoof van die Verloren-uitgewery in Hilversum, Thys VerLoren van Themaat. |
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende April die volgende resensies en rubrieke gelewer:
6 April
Ken jou storie: Romans en mites
14 April
Ken jou storie: Die krag van woorde
20 April
Ken jou storie: Herlees van romans


15 April
23 April
