Video: Bekendstelling van Boodskapper van die gode deur Murray La Vita

  • 0

Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita is Dinsdag 9 April by The Book Lounge bekendgestel. Izak de Vries het met hom gesels.

Izak de Vries en Murray La Vita (Foto: YouTube)

............................................

Oor die boek

Titel: Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur
Skrywer:
Murray La Vita
Uitgewer:
LAPA Uitgewers
ISBN
: 9780799393217

Boodskapper van die gode is ’n keur uit die veelbekroonde joernalis Murray La Vita se rubrieke, sketse en essays. Sy aangetrokkenheid tot dit wat ongewoon en aweregs is, vind in talle van die 104 stukke in hierdie bundel neerslag.

Ervarings uit sy kinderdae en jeug word afgewissel met belewenisse tydens reise na stede soos New York, Parys, Rome en Amsterdam.

Hy skryf oor waarom hy nie die Anne Frank-huis kon besoek nie, vergrype op eilande, hoe hy en sy nefie as vyfjariges oorlog ontdek het, eerste liefde op sy hartsplek Hangklip, en hoe sy geliefde vriendin in ’n heks verander het.

Hoewel die leser melancholie, weerloosheid en selfs gebrokenheid in hierdie stories sal aantref, is daar ook heerlike humor en absurditeite.

Murray La Vita is ’n bekroonde Afrikaanse profiel- en rubriekskrywer. Boodskapper van die gode bestaan uit sketse wat as rubrieke in hoofsaaklik Die Burger verskyn het.

Hy skryf dikwels oor op die oog af klein gebeurtenisse en dinge, maar dit word dan ontgin op ’n wyse wat die leser meermale onrustig of melancholies stem.

............................................

Lees ook

Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita: ’n resensie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top