Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (3/4)
2018-10-04Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée is pas verby, en lesings en voordragte is onder meer in die Victoria Manor Hotel op Cradock en by Buffelshoek Dirosie Lodge buite Cradock aangebied. Foto’s is bygedra deur Johan Kotzé, Amy Coetzer, Izak de Vries, Etienne van Heerden en Menán van Heerden.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (2/4)
2018-10-04Tydens die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée is ’n veldskool vir ontwikkelende skrywers in die Victoria Manor Hotel op Cradock aangebied. Veldsoiréegangers het ook vanjaar ’n middag in Somerset-Oos deurgebring, in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting. Foto’s is verskaf deur Amy Coetzer, Johan Kotzé, Izak de Vries en Etienne van Heerden.
Etienne van Heerden Veldsoirée 2018: fotogalery (1/4)
2018-10-04Tydens die onlangse Etienne van Heerden Veldsoirée, deur Darryl David georganiseer, het soiréegangers die Cradock Vier-gedenktuin by Cradock, die Olive Schreiner-graf op Buffelshoek in die distrik, en die Walter Battiss-museum in Somerset-Oos besoek. Dit was die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée, en Izak de Vries, Amy Coetzer, Johan Kotzé en Etienne van Heerden het foto’s geneem.
Space inhabited by echoes by Karen Jennings: a review
2018-10-04"Despite flaws in Jennings's poetic technique, the subject matter and the intimacy of her perspective results in insightful, sensitive and forthright poems."
Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n resensie
2018-10-03"Wanneer sê 'n resensent 'n boek is briljant geskryf? Heel aan die begin is miskien die beste plek! Met Lam ter slagting – haar vyfde misdaadfiksie – het Rust haar eie grense verskuif."
Vyf goed van ... die middaguurgesprek met Annie Klopper oor Die tragiese saak van Pamina Vermaak
2018-10-03"As jy dus enigiets wil wegneem van Pamina se tragiese saak, is dit om vrede met jouself te maak."
Boeke vir leeskringe: Penguin Random House se keuse vir 2019
2018-10-02Leeskringe is op die oomblik besig met hul jaarbeplanning vir 2019 en LitNet het by uitgewers gehoor watter van hul boeke hulle spesifiek aanbeveel vir leeskringbesprekings. Hier is Penguin Random House se voorstelle.
Gert & Joey, nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar: ’n onderhoud met Pieter van Zyl
2018-10-01"En dis nou 30 jaar later. My magtag, is dit nie tyd om vir die ouers wat nog lewe antwoorde te gee nie?"
Sterk vroue en meer by LAPA
2018-10-01LAPA het iets vir almal: Sterk vroue, slim mans, oulike diere en gelukkige paartjies.
Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n onderhoud
2018-10-01"[D]atums gee dus konteks – ook wat ons regserfenis betref. ’n Mens sou weliswaar ’n boek soos hierdie tematies kon aanpak met stories oor die verskillende vertakkinge van die reg: strafreg, deliktereg, kontraktereg, administratief- en staatsreg, en dies meer. Ek het egter gereken ’n datumgekoppelde benadering mag dalk ’n ongewone, vars invalshoek wees."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: ’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo
2018-09-28LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit ’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
kykNET-Rapportpryse 2018: Commendatio's en foto's
2018-09-27Die wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse is op Saterdag 22 September 2018 in Kaapstad bekend gemaak. Die Jan Rabie-Rapportprys vir die beste debuut- of tweede prosawerk in Afrikaans, asook die kykNET-Rapportpryse vir Afrikaanse resensies, is by dieselfde geleentheid toegeken.
Aardklop 2018: ’n Toeganklike en prikkelende boekeprogram
2018-09-27"Vanjaar is daar heelwat meer niefiksie-titels op die program as vantevore. Ons het gevind dat die meeste van die feesgangers wat die ATKV-Boeke-oase bywoon, graag wil saamgesels oor sake van die dag."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Losprys deur Martin Steyn
2018-09-27LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Losprys deur Martin Steyn, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Tuin van Digters 2018: Foto's
2018-09-27Die Tuin van Digters 2018 se tema vanjaar was "buite die boek". Die program was saamgestel om diversiteit in en deur Afrikaans uit te beeld. Naomi Bruwer en Gerrit Rautenbach deel van hulle foto's.
Protea Boekhuis Skrywersfunksie: Kaapse funksie 2018 – foto's
2018-09-26Protea Boekhuis se jaarlikse Kaapse Skrywerspartytjie is onlangs by Simonsig-wynlandgoed aangebied. By die geleentheid is hulle hoogtepunte van die afgelope jaar gedeel.
Wit terroriste deur Albert Blake: bekendstelling in Roodepoort
2018-09-26Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Wit terroriste deur Albert Blake op 9 Oktober in Roodepoort. Albert Blake sal met Tim du Plessis in gesprek wees.
Boeke vir leeskringe: Protea Boekhuis se keuse vir 2019
2018-09-26Leeskringe is op die oomblik besig met hul jaarbeplanning vir 2019 en LitNet het by uitgewers gehoor watter van hul boeke hulle spesifiek aanbeveel vir leeskringbesprekings. Hier is Protea Boekhuis se voorstelle.
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse: ’n onderhoud met Herman Lategan
2018-09-25"Afrikaans het ’n groot skatkis van lieflike woorde. Dit is vir my opwindend. Mense? Wat is woorde sonder mense? En wat is mense sonder woorde? Net die groot swart niet. Die donkerte waarvoor ek so bang is."
Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse deur Herman Lategan: bekendstelling in Stellenbosch
2018-09-25Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse deur Herman Lategan op 6 Oktober in Stellenbosch. Martie Meiring sal met Herman in gesprek wees.
