Gebore en getoë
Johanna Margaretha Sauerman (later die bekende skrywer Paula) is op 6 November 1907 in die distrik Albertinia in die Suidwes-Kaap gebore. Hannah, soos Paula bekendgestaan het, het die grootste gedeelte van haar kinderjare op Albertinia deurgebring, en sy was ’n leerling aan die Hoërskool Albertinia. In 1922 het die gesin Albertinia verlaat.
Die natuurskoon van die Suid-Kaapse omgewing het ’n baie groot indruk op die jong Paula gemaak: “Dit was die mooi bakpypies, die kalkoentjies wat in rooi plate gestaan het, asook die vlamrooi aalwyntrosse wat my kindersiel só ontroer het dat ek soms met betraande oë dit alles aanskou het en ’n woordelose gebed opgestuur het dat ek iets van hierdie dinge mag weergee. Selfs as plaaskind was my grootste ideaal om ook eendag boeke te skryf!” (Die Huisvrou, 11 September 1945.)
Verdere studie en werk
As gevolg van swak gesondheid kon Hannah nie na skool universiteit toe te gaan nie, maar sy het nie toegelaat dat hierdie teleurstelling haar onderkry nie en sy het na matriek ’n korrespondensiekursus in joernalistiek gevolg.
In 1928 het sy haar vir ’n operasie in ’n hospitaal op Worcester bevind. Die pragtige natuurskoon van die berge van die Boland het aanleiding gegee tot die skryf van haar eerste gediggies, wat ’n jaar later in die tydskrifte Die Boervrou en Die Goeie Hoop verskyn het.
Sy het verder aan Die Huisvrou vertel: “Baie gediggies, artikels en kortverhale het gevolg ... soos ’n koors-epidemie het dit my beetgepak, die drang na selfuiting.”
Aan die begin van 1929 was sy vir ’n kwartaal een van die personeellede van die Ark-huishoudskool op Riebeek-Wes. Weer was haar inspirasie die Bolandse berge en een van die kortverhale wat sy daar geskryf het, “Op die ou balkon”, was haar eerste kortverhaal wat in Maart 1929 in Die Huisvrou gepubliseer is.
Paula se naelbyt-afwagting op die reaksie van die redakteur van die tydskrif op hierdie poging van haar is gevolg deur een van groot vreugde en trots toe dit nie net aanvaar is nie, maar die redakteur ook gevra het dat sy nog van daardie tipe verhale aan hulle moet voorlê.
Dit was ook op Riebeek-Wes dat Paula ’n liefdesteleurstelling gehad het – iets waaroor sy nie eintlik gepraat het nie: sy het ’n baie kortstondige verhouding gehad met ’n jong Afrikaanse ingenieur wat in Amerika gestudeer het. En al wat Paula na afloop van die verhouding wou sê, is dat dit as gevolg van ’n geloofsprobleem skipbreuk gely het. Haar skrywersnaam, wat sy afgelei het van die jong man se naam, is al wat van die verhouding oorgebly het.
In 1931 is Paula met Johannes Theron van Graaff-Reinet getroud en die egpaar het hulle op die Karoodorpie Loxton gaan vestig, waarvandaan die liefdesverhale in ’n konstante stroom uit haar pen verskyn het. Drie kinders is uit die huwelik gebore. In 1969 is Johannes oorlede en in 1970 is sy met PA Cloete getroud. Hy was ’n afgetrede boer van die plaas Rietfontein in Loxton se distrik. Sy was net drie en ’n half jaar met hom getroud toe hy ook oorlede is. Hierna het sy haar gaan vestig in ’n aftree-oord, Groene Weide, op Darling aan die Weskus, na ’n halfeeu van ononderbroke skryf.
Paula se eerste vervolgverhaal, “Skakels”, het kort na die bogenoemde kortverhaal, “Op die ou balkon”, ook in Die Huisvrou verskyn. Die lesers van hierdie vrouetydskrif was gaande oor die verhaal. “Skakels” is opgevolg deur “Na-oes”, “Louter goud”, “Haar geboortereg”, “Rooidag en aandgloor” en “Gedempte lig”.
“Skakels”, “Na-oes” en “Haar geboortereg” is as ’n trilogie in boekvorm gepubliseer en dit was só gewild dat al drie as verhoogaanbiedings verwerk is en met groot sukses deur Johan Fourie se destydse verhooggeselskap op die planke gebring is.
Sarel Marais, die destydse bestuurder van Afrikaanse Persboekhandel (APB), wat baie van Paula se boeke uitgegee het, het in Junie 1951 besluit dat hy 6 000 eksemplare van Paula se boek Heldersig op die mark wil bring met haar handtekening voorin.
Paula was heeltemal te vinde vir die voorstel, maar sy het sekerlik nie besef dat sy vir ongeveer 14 dae net hope en hope van haar boeke sou moes teken en dat sy saans met ’n lam hand die uitgewerskantore sou verlaat nie. Hierdie idee het ’n baie goeie afloop vir die uitgewers gehad deurdat duisende van haar lesers op die APB-boekwinkel in Joubertstraat in Johannesburg toegesak het. Binne ’n ommesientjie was al 6 000 eksemplare verkoop.
Van haar lesers was egter nie bewus van die feit dat Paula eintlik JM Theron is nie en wou die boeke teruggee omdat daar reeds JM Theron voor in die boek staan! (Die Vaderland, 30 Junie 1951.)
In 1963 het Paula Goud op die kruine onder die skuilnaam Lorraine de Jongh geskryf en is dit deur JP van der Walt Uitgewers uitgegee. Volgens haar kleindogter, Johrensa Theron, wou haar uitgewers vasstel of haar boeke ook so gewild sou wees as dit onder ’n ander naam verskyn.
Op 16 Maart 1954 het sy haar 25ste jaar as een van die gewildste skrywers van Afrikaanse liefdesverhale gevier. Sy het die geleentheid herdenk met die publikasie van Donker verskansing, haar 22ste werk in 25 jaar.
Een van die persone wat haar altyd aangespoor het om te bly skryf, was CM van den Heever, wie se aanmoediging en opheffende kritiek haar gehelp het om so lank aan te hou skryf, vertel sy aan Rooi Rose (12 September 1979).
“Wanneer ek miskien by tye aan my besondere styl getwyfel het, was sy wyse vermaning om nooit te begeer om na iemand anderse se patroon geknip te word nie.”
Die sukses wat Paula as skrywer behaal het, kan nie aan een enkele en spesifieke bron toegeskryf word nie, maar die Engelse sêding “Around every corner there is a short story if only you can find it” was dalk vir haar geskryf. Dit was juis dit wat haar leuse in haar skrywersloopbaan geword het. Dan is daar natuurlik ook haar ondersoekende en diepe belangstelling in mense self. Uit die verskillende fasette van mense se lewens het sy altyd haar inspirasie gevind.
Baie van haar werke is op feite gegrond en daarvoor het sy baie na spesifieke plekke gereis, ’n sketsplan vir die verhaal opgestel en met verskeie mense op ’n spesifieke dorp gesels. Op hierdie manier kon sy dus haar karakters en hulle persoonlikhede vorm gee.
Só het sy ’n hele tydjie op Knysna gekuier om navorsing te doen vir die skryf van Die lang ompad; haar tyd verwyl langs die Weskus vir Witbaai se mense en besoek gaan aflê aan Stellenbosch by ’n kwekery daar naby vir die skryf van haar trilogie Heldersig, Die Rheeders van Heldersig en In die somerjare.
Paula het aan Lane Flint (Volksblad, 12 Januarie 1980) vertel dat sy verkies om boeke te skryf in plaas van om bydraes aan tydskrifte te lewer: “Vir my het dit destyds voorgekom as tydverspilling, want van daardie werk sien ek gewoonlik net die tjek aan die einde van die maand waarin dit verskyn het. Die geld word spandeer op nodige en soms onnodige dinge terwyl die werk aan die boek agterweë bly.
“Dis hoekom ek verkies om boeke te skryf. Al verg dit in mý geval maande se arbeid om ’n roman te voltooi, het ek aan die einde darem iets tasbaars om te toon. Dis iets wat ek in my hand kan vashou, iets wat ek kan byvoeg by die twee rye op die boekrakke.”
In 1982 het JP van der Walt Uitgewers ’n prys vir die bydrae wat Paula 53 jaar lank aan die Afrikaanse romankuns gelewer het, aan haar oorhandig. Sy het ’n beeldhouwerk en ’n sertifikaat ontvang.
Sy het aan Elretha Moolman (Beeld, 17 November 1982) vertel dat as sy ’n resep het hoe om lesers 53 jaar lank met roman na roman te boei, sy dit nie met voorbedagte rade opgestel het nie. “Dit is ’n ding wat self aan my torring: wat kan die rede wees dat my boeke na al die jare nog in sulke aanvraag is?”
Paula het in haar leeftyd altyd ’n aktiewe rol gespeel in die plaaslike gemeenskap waar sy haar bevind het. Sy het in die bestuur van die ACVV en die VSB op Loxton gedien en was vroeër voorsitter van die Vroue-Landbouvereniging. Sy het ook in die bestuur gedien van die plaaslike biblioteekkomitee en die Rooikruisvereniging en was vir ’n klompie jare lid van die skoolraad.
Lane Flint het in Volksblad (12 Januarie 1980) as volg oor Paula se skryfwerk geskryf: “Elke roman is geskep met ’n ryke verbeelding, intrige, vindingryke woordkuns, romantiek en eg menslike karakterbeelding om die leser mee te voer. Paula het met haar besondere talent volgehou oor ’n tydperk van vyftig jaar en dit vasgevang in ’n totaal van sestig boeke, om nie te praat van haar kortverhale, rubrieke en ander skryfwerk nie.”
Paula is op 23 Februarie 1996 oorlede.
Publikasies:
Publikasie |
Skakels |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Kaapstad: Samuel Griffiths |
Literêre vorm |
Romans |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Louter goud |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0868129712 (sb)(hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Romans |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Na-oes |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0868129763 (sb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Romans |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Verskuifde bakens |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Kaapstad: Nasionale Pers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Geknakte riete |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Haar geboortereg |
Publikasiedatum |
1944 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Kaapstad: Samuel Griffiths |
Literêre vorm |
Romans |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Rooidag en aandgloor |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Grille van die noodlot |
Publikasiedatum |
1945 |
ISBN |
(sb) |
Uitgewers |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Kronkelpaaie |
Publikasiedatum |
1945 |
ISBN |
(sb) |
Uitgewers |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Ankertoue |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
As U oordeel en ander verhale |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
1868396517 (hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Kortverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Versperde weë |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0628024894 (hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Gedempte lig |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Verbode vrugte |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0869690353 (hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die gewaagde spel |
Publikasiedatum |
1949 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Gesluierde beloftes |
Publikasiedatum |
1950 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Groen hange |
Publikasiedatum |
1950 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Heldersig |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Skaduwees oor Uitsig |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0868123412 (sb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Nuwe beloftes |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0868123161 (sb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Waterstraat se mense |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Donker verskansing |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die Rheeders van Heldersig |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Van skrywers gepraat ... |
Publikasiedatum |
1956 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Om hulle ontwil |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0868142638 (hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Vir ’n handvol silwer |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die lang ompad |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0795922272 (hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die stiller stroom |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Dis nimmer of nou |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0868125385 (sb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Helende waters |
Publikasiedatum |
1959 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Pretoria: Mimosa |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Verdeelde trou |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0868128619 (sb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die pad vorentoe |
Publikasiedatum |
1960 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Pretoria: Keurbiblioteek |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Meer as ’n erfenis |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die paasklokke van Wienersdal |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0628023588 (hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Geleende naam |
Publikasiedatum |
1961 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die hoekerf |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0868126896 (sb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die hoogste kruin |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
086812690X (sb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Tessa van Somerson |
Publikasiedatum |
1963 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Johannesburg: President Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Al die fasette |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0799307572 (hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die wit dood |
Publikasiedatum |
1964 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Kaapstad: Simondium-uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Onbekende môre |
Publikasiedatum |
1964 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Kaapstad: Johan Malherbe |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Stryd om Grazia |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0795903138 (hb) |
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die pad lê terug |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Liefde in die weegskaal |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0869660993 (sb) |
Uitgewers |
Kaapstad: Pluim-boeke |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Nuwe daeraad |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0799311642 (hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
In die somerjare |
Publikasiedatum |
1966 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Soos korale |
Publikasiedatum |
1967 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Kaapstad: Driehoek-Boeke |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die behoue droom |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0799304794 (hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Witbaai se mense |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0799307246 (hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Môre bring die antwoord |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
0799305004 (hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Terug uit die skaduwees |
Publikasiedatum |
1971 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Johannesburg: President Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Wilde suidooster |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
079930655X (hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Lied van die Laeveld |
Publikasiedatum |
1972 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Johannesburg: President Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Louter goud; Haar geboortereg; Rooidag en aandgloor |
Publikasiedatum |
1972 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Melodie van verlange |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
’n Erfgenaam vir Skietkuil |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
My mooiste melodie |
Publikasiedatum |
1975 |
ISBN |
0629000220 (hb) |
Uitgewers |
Randburg: Pronk-Boekklub |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Kosbaar soos korale |
Publikasiedatum |
1977 |
ISBN |
0629000549 (hb) |
Uitgewers |
Randburg: Pronk-Boekklub |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Verre vlugte na geluk |
Publikasiedatum |
1978 |
ISBN |
0629000670 (hb0) |
Uitgewers |
Randburg: Pronk-Boekklub |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die einde van die pad |
Publikasiedatum |
1979 |
ISBN |
06290007355 (hb) |
Uitgewers |
Randburg: Pronk-Boekklub |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die jare swyg oor gister |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewers |
|
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die lang ompad |
Publikasiedatum |
1980 |
ISBN |
0868141836 (hb) |
Uitgewers |
Pretoria: Daan Retief |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Die hoekerf; Die hoogste kruin |
Publikasiedatum |
1981 |
ISBN |
0799305596 (hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Publikasie |
Delmarie |
Publikasiedatum |
1992 (grootdruk) |
ISBN |
0868123870 (sb) |
Uitgewers |
Pretoria: Makro |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
As Lorraine de Jongh
Publikasie |
Goud op die kruine |
Publikasiedatum |
1963 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewers |
Pretoria: JP van der Walt Uitgewers |
Literêre vorm |
Liefdesverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
Geen |
Bron:
- Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum
• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.