Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek
Universiteit van Johannesburg
OOR DIE UJ-PRYSE
Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë (dit is debuutwerk en andersins) toegeken aan besondere en uitsonderlike Afrikaanse boeke wat in die voorafgaande kalenderjaar gepubliseer is. Beide die pryse word sonder inagneming van genre toegeken, maar vertalings, jeugromans en kinderboeke word nie vir inskrywing aanvaar nie. Jaarliks ding bundels poësie, korttekste in verskillende formate, ʼn groot verskeidenheid romans, biografieë en ook verskillende soorte nie-fiksie mee om die UJ-prys en die UJ-debuutprys. Die prysgeld vir die 2019 UJ-pryse, beloop onderskeidelik R70 000 en R35 000 en die doel daarmee is om skrywers en debuutskrywers wat in Afrikaans skryf, aan te moedig om steeds nuwe horisonne te bly soek en ondersoek.
Vir die 2019 UJ-pryse is altesaam 61 titels ingeskryf – waarvan 11 debute is.
KORTLYSTE – 2019 UJ-PRYSE
Die titels wat deur die span van ses beoordelaars aangewys is vir die kortlys vir die 2019 UJ-debuutprys, is (alfabeties volgens outeur):
Die dao van Daan van der Walt – Lodewyk du Plessis (pseud)
Die dao van Daan van der Walt – en die dao van Lodewyk G du Plessis
Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis: ’n resensie
asof geen berge ooit hier gewoon het nie – Pieter Odendaal
Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal: ’n resensie
Asof geen berge ooit hier gewoon het nie: ’n onderhoud met Pieter Odendaal
Stof – Alettie van den Heever
Stof deur Alettie van den Heever: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Die titels op die kortlys vir die 2019 UJ-prys, is (alfabeties volgens outeur):
Die ou vrou en die priester en ander verhale – Cecile Cilliers
Die ou vrou en die priester deur Cecile Cilliers: ’n resensie
Bidsnoer – Pieter Fourie
In glas – Nicola Hanekom
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey – Charl-Pierre Naudé
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé: ’n resensie
Video: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé word bekendgestel
Die troebel tyd – Ingrid Winterbach
Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Die paneel beoordelaars vir 2019 was:
Frederick J Botha
Karen de Wet (UJ)
Amanda Lourens (US)
Johan Myburg
Andries W Oliphant (UNISA)
Marné Pienaar (UJ)