Die ou vrou en die priester deur Cecile Cilliers: ’n resensie

“Veel gewag word gemaak van die sg ouderdom in Cilliers se versameling. Immers het sy dit op 84 geskryf. Maar dis ’n fout om verhale van verweer, verdriet, verslaenheid – kenmerke van die ouderdom – te verwag. Daarvoor is Cilliers te veel van ’n woordskilder, ’n eerlike ondersoeker na die twyfel, woede, oneerlikheid van ’n bestaan.”