Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Net die oortjies van die seekoei: ’n onderhoud met Kobus Galloway
2018-07-27"Twintig jaar gelede moes ons idiome van ’n lang lys af leer; dit was baie om te onthou en vervelig om te leer. Met my nuwe boeke kan mens na ’n kleurryke illustrasie van ’n idioom kyk."
Video: Steinhoff en die Stellenbosse Boys word bekendgestel
2018-07-26James-Brent Styan se Steinhoff en die Stellenbosse Boys is Donderdag 19 Julie in die Hofmeyrsaal op Stellenbosch bekendgestel. Jan-Jan Joubert het met hom gesels.
Gilbert Gibson (1963–)
2018-07-26“In die volmaakte gedig kom die leser se verwagting en die digter se intensie soos ’n spits van ’n berg bymekaar. Maar dit gebeur natuurlik nooit nie. Daar is altyd ’n gaping.” Lees oor Gilbert Gibson se lewe en werk.
Jong lesers: Die groot Klein Kaptein deur Paul Biegel
2018-07-26"Die boek is ’n bondel pret, avontuur en aksie. Jy wil dit net nooit neersit nie."
Jong lesers: Charlotte’s web deur EB White
2018-07-26"Ek sou hierdie boek aanbeveel vir almal om te lees en vir altyd op hulle boekrakke te hou vir toekomstige generasies."
Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n onderhoud
2018-07-26"Jy kan maar sê jy't jou eie finansiële adviseur op jou boekrak."
Rand en sent deur Suzaan Steyn: ’n lesersindruk
2018-07-26"Rand en sent is een van daardie praktiese boeke waarna mens weer en weer sal kan terugkeer vir praktiese raad oor finansiële sake, en oor wat mens moet doen om slaggate te vermy."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan
2018-07-25LitNet publiseer in samewerking met Du Toitskloof Wyne uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Steinhoff en die Stellenbosse Boys deur James-Brent Styan en kyk na Heino du Plessis se video-onderhoud met die skrywer.
Katelknaap deur Leon van Nierop: ’n resensie
2018-07-25"Katelknaap word vertel vanuit die perspektief van die manlike hoofkarakter, Tristan Hansen, en daar was nog nie so baie romans wat ek gelees het wat so fokus op die diepste gedagtes, vrese en onsekerhede van ’n man nie."
Bloedbande deur Wilhelm Verwoerd: bekendstelling
2018-07-25Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Bloedbande op 1 Augustus in Stellenbosch. Wilhelm Verwoerd sal met Lionel Louw in gesprek wees.
Lenteskool vir liefdesverhaalskrywers: inligting en inskrywingsvorm
2018-07-25Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met die liefdesverhaaluitgewer LAPA Uitgewers, bied van Donderdag 6 September tot Saterdag 8 September 2018 ’n slypskool in die skryf van romantiese fiksie aan. Nog inligting en die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.
Tweespoor deur Helena Gunter: ’n resensie
2018-07-25"Gunter se werk is toeganklik, maar daag die leser terselfdertyd uit. Dis ’n skop teen die kop wat jou dwing om anders kyk."
Die rooikop en die redakteur en ander stories 1955–1959 deur André P Brink: ’n resensie
2018-07-24"Die jonge, taamlik onskuldige André Brink het wel hierdie verhale om den brode geskryf, maar as jy sy oeuvre ken, sien jy alreeds vingeroefeninge van die persoon wat later ’n meesterskrywer sou word."
Die besoeker deur Antje Damm: ’n resensie
2018-07-20"Miskien is Die besoeker dan nie ’n kinderboek uitsluitlik nie; miskien is dit ’n prenteboek wat deur almal gelees moet word. Miskien moet almal gereeld daaraan herinner word dat daar altyd meer as een perspektief is waarvoor uitgekyk moet word."
Jong lesers: Die driehoekige sirkel deur Corrie Vorster
2018-07-20"Rassisme, selfbewustheid, tienerswangerskappe en die soeke na aanvaarding en innerlike vrede verander die vrolike melodie in ’n kreet wat tieners kan aanraak en inspireer om die regte ding te doen."
Leeskringkompetisie: Rustenburg Leeskring as wenner aangewys
2018-07-20Uit die 78 leeskringe wie se inligting ontvang is, is die Rustenburg Leeskring deur middel van ’n gelukstrekking as die wenner aangewys. Hulle wen ’n boekpakkie wat deur NB-Uitgewers geskenk word.
Selma en Louise deur Susan Coetzer: ’n resensie
2018-07-19"Die roman is redelik lywig, maar lees maklik. Die skrywer is oor die algemeen op haar stukke en haar humorsin is heerlik. Daar is ook pragtige beelde in die boek."
Reading books on current affairs
2018-07-19"Now, Zuma is gone, and there are more breaking stories about the extent of the fiscal damage that has been done by his administration. But, When Zuma Goes and On the Brink are still there."
Jong lesers: Dance with a poor man’s daughter deur Pamela Jooste
2018-07-18"Jooste se vermoë om karakters te beskryf, nie deur lang beskrywings nie maar eerder deur hul dade en kenmerkende sêgoed, speel seker die kernrol om van haar boek ’n sukses te maak."
Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk
2018-07-18"Steve Hofmeyr beloon die Afrikaanse leser met ’n viriele leksikon om aksietonele onder woorde te bring en bewys daarmee waartoe dié taal in staat is."
