Persverklaring: Inskrywings ingewag vir 2019 Jan Rabie-Rapportprys

  • 0

Uitgewers word genooi om boeke voor te lê vir die 2019 Jan Rabie-Rapportprys ter waarde van R125 000.

Die prys maak deel uit van die kykNET-Rapportpryse en word toegeken vir die beste debuut- of tweede prosawerk (roman, novelle of kortverhaalbundel) wat gedurende 2018 verskyn het. Die doel met die prys is om nuwe skrywers aan te spoor om Afrikaanse prosa van gehalte te lewer en om nuwe stemme met belofte te ondersteun.

  • Slegs boeke wat tussen 1 Januarie 2018 en 31 Desember 2018 verskyn het, kom in aanmerking vir die prys.
  • ’n Tweede werk van ’n skrywer wat reeds die Jan Rabie-Rapportprys gewen het, sal nie oorweeg word nie.
  • Boeke moet oorspronklik in Afrikaans geskryf wees en moet die skrywer se eie, oorspronklike werk wees. Geen vertalings of verwerkings word aanvaar nie.
  • Geen selfpublikasies word oorweeg nie.
  • Boeke wat slegs as e-boeke verskyn het, word aanvaar en moet in PDF-formaat verskaf word.
  • Die sperdatum vir inskrywings is Maandag 11 Maart 2019.
  • Inskrywings, volledige riglyne en versendingsbesonderhede is beskikbaar by die koördineerder, Anita van Zyl.

Die wenner van die 2019 Jan Rabie-Rapportprys word in September 2019 in Kaapstad bekend gemaak.

Rig asseblief alle navrae aan Anita van Zyl by 083 709 6677 of anita@vanzylpr.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top