Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
LAPA se warm boeke vir ’n koue vakansie
2018-07-08Dit is vakansie. LAPA Uitgewers se boeke gaan jou hart warm laat klop. Daar is iets vir oud en jonk om mee op te krul in 'n snoesige bed.
Jong lesers: Skwiek deur Jaco Jacobs
2018-07-05"Waar in die wêreld het jy al ooit gehoor van ’n hamster wat mense kan hipnotiseer? Kom ek vertel jou ’n bietjie meer."
You have to be gay to know God deur Siya Khumalo: ’n resensie
2018-07-05"Ten spyte van wat die titel wil impliseer, is hierdie teks nie in die minste godslasterlik nie. Inteendeel, You have to be gay to know God is die naaste wat ek in ’n lang tyd aan ’n liefdesbrief vir God gekom het."
Gifbeker deur Irna van Zyl: ’n resensie
2018-07-05"Kos, restaurante, kosbloggers, kostoekennings en mense se persoonlike smake en afkeure word ingespan om, soos die treflyn dit stel, die tafel te dek vir ’n paar interessante moorde in die Hemel-en-Aarde-vallei."
Vroue van die Bybel 2 deur Esté Geldenhuys: ’n resensie
2018-07-05"Nóg ’n boek met die klem op vrouwees? Ja, maar nie heeltemal eksklusief nie. Hierdie ontginning van die lewe van sekere Bybelse figure is wel hoofsaaklik op vroue gemik maar álle gelowiges kan hieruit put."
Leeskringe: uithangplekke of ’n amulet teen die vuur?
2018-07-04"Baie redes word aangevoer om die bestaansreg van leeskringe te regverdig. Benewens die uitruil van idees, verbreding van kennis, nuwe vriende, omgee tussen lede en sosiale samesyn lê ’n liefde vir lees en boeke die naaste aan elke lid se hart."
Video: Die Afrikaners word bekendgestel
2018-07-04Hermann Giliomee se Die Afrikaners, die verkorte en bygewerkte weergawe van Die Afrikaners: 'n biografie, is Donderdag 28 Junie in die Drostdy-teater op Stellenbosch bekendgestel. Albert Grundlingh het met hom gesels.
Katrienkie – van hawegirl tot lady deur Cara Blake: ’n resensie
2018-07-03"Vi amal is die healing proeses ’n different ene. But wat Katrienkie vi my gebring het is daai leiding om te sien en te wiet dat ek issie allien in my strugglie. Sy het vi my kô sê sy wiet wat dit is om uit mens se liggaam uit te klim ennit net daa te los waa dit see gekry het."
Ingrid Jonker – ’n biografie by Petrovna Metelerkamp: a review
2018-07-03"Metelerkamp is careful not to turn her biography into an abject lesson on the ravages of a patriarchal society on individual lives. She steers through her complex subject with a careful and steady rudder – a class journalistic act."
Jong lesers: Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute
2018-07-02"Hierdie boek is anders as ander boeke, want baie boeke vir meisies gaan oor meisies wat van pienk, prinsesse, feetjies en grimering hou. Hierdie verhaal is die teenoorgestelde daarvan."
Kobus Geldenhuys: Oor drakies, kinderboekvertaling en die proe aan woorde
2018-06-28"Jy skep op ’n ander manier as die skrywer – jy herskep eintlik – en jy moet seker maak jy laat die teks tot sy volle reg kom in die teikentaal."
Jong lesers: Nina en die wacky hare deur Elizbè van der Colff en Chris Venter
2018-06-27"Dis ’n goeie boek wat my lekker laat lag het, en ook op plekke laat bang word het."
Vers & kapittel deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk
2018-06-27"Gerusstellend het ek geweet dat Hugo met wyd erkende gesag oor die onderwerp skryf. Vers & kapittel bevestig hom as ’n kenner van dié genre."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Dowe gode deur Dibi Breytenbach
2018-06-27LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Dowe gode deur Dibi Breytenbach, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey: ’n resensie
2018-06-27"Want bowenal is hy 'Jeremy vannie Elsies' ‒ vannie nie uit Elsies nie ‒ en in dié besitsvorm lê sy verweefdheid met hierdie plek en sy mense opgesluit, ’n verweefdheid wat daarvoor sorg dat sy lewensgeskiedenis vertel word as die storie van ’n mens wat tot nou nooit sy waarheid oor sy plek in hierdie ruimte, en ’n groter Suid-Afrikaanse ruimte, vergeet het nie."
Press release: Nigerian-German writer Efua Traoré named regional winner for Africa in 2018 Commonwealth Short Story Prize
2018-06-27The Nigerian-German writer Efua Traoré was announced the regional winner for Africa in the world’s most global literary prize. Traoré, who grew up in a little town in the south of Nigeria, wins with a first person narrative that sees a 13-year-old boy wrestle with the question of what it means to find "True Happiness".
Cecile Cilliers (1933–2018)
2018-06-26“Om te praat is my gawe, woorde my werk en mense my liefde.” Cecile Cilliers is op 16 Junie oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in haar ATKV|LitNet-Skrywersalbum.
Pioneers of the Dorsland deur PJ van der Merwe: ’n resensie
2018-06-25"Vir my persoonlik het die bewaring van elke stukkie van ons landgenote se stories besondere betekenis, want ek is bekommerd dat ons hulle gaan vergeet."
Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal: ’n resensie
2018-06-25"Nathan Trantraal se Wit issie ’n colour nie, behoort verpligte leesstof te wees. Vir wie? Wel, alle politici, alle kerkgangers en almal wat in die onderwys belangstel. Gooi sommer mediese mense en regsmense ook hierby in. Waarom? Want, dit is bitter min dat armoede van binne beskryf word."
Polemieke – Bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël J Botma: ’n lesersindruk
2018-06-25""Hierdie boek is ’n historiese studie van die grootste polemieke wat oor honderde jare in Afrikaans gevoer is, en dit fokus dus nie net op kontemporêre debatte nie."
