
Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2019.
Voltooi asb die aangehegte inskrywingsvorm en besorg dit saam met drie eksemplare van ‘n Afrikaanse debuut-digbundel wat in die jare 2017 en 2018 verskyn het en volgens die reglement* vir die Ingrid Jonker-prys in aanmerking kom, aan:
Die Ingrid Jonker-pryskomitee
P/a Protea Boekwinkel
Bergzicht Plaza
Andringastraat
Stellenbosch
7600
Stuur asseblief ook die inskrywingsvorm aan die sameroeper van die komitee, Ronel de Goede (Foster), by: rf@sun.ac.za
Let asb op dat die Protea Boekwinkel slegs as ontvangspunt van die bundels dien. Navrae moet nie aan Protea gerig word nie, maar aan Ronel de Goede. Die komitee is groot dank verskuldig aan die Protea Boekwinkel.
Die sluitingsdatum vir voorleggings is 28 Februarie. Die kortlys sal teen 15 Junie bekend gemaak word en die wenner sal op 1 Julie aangekondig word. Prysoorhandiging sal in September by die Tuin van Digters by die Breytenbach-sentrum in Wellington geskied.
Lees ook
Hilda Smits: ’n onderhoud met die wenner van die Ingrid Jonker-prys 2017


Kommentaar
Baie belangrik vir bemarking, en plaaslike skrywer.