Boekskenkings vir skoolbiblioteek gevra

  • 1

My dogtertjie Amelie het pas graad 1 begin in ’n skool wat hierdie jaar vir die eerste keer sy deure geopen het.  Laerskool Vredekloof wil graag ’n biblioteek inrig en ’n sterk leeskultuur skep, maar met soveel dinge wat nuut gekoop en opgerig moet word, gaan dit moeilik.

Amelie is ’n lesertjie; sy geniet elkeen van haar boeke en skryf deesdae self ook stories.  Dit gee haar selfvertroue en maak haar nuuskierig oor die wêreld om haar.  Dit leer haar van verskillende kulture, tradisies en mense.  Sy glo dat meisies - dus sy ook - enige iets kan doen.  Ek sal so graag daardie leesliefde in ander kinders wil aanmoedig.

Indien julle enige kinder- of jeugboeke of naslaanwerke het (hoe oud ook al, Afrikaans of Engels) wat jy kan/wil skenk, laat weet my groot asb. (Donasies is natuurlik ook welkom.)

Kontak my asseblief by madrivictor@gmail.com as jy kan help.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top