
Ink in my pen: Madri Victor praat oor manuskripontwikkeling, waarom skrywers skryf en die sin van boeke
2023-11-29"Mense kan op verskillende maniere opgebou word. Dit is goed en nodig om geprys te word, maar om uit te wys wat skort met die teks is ook ’n manier om ’n skrywer op te bou. Ek praat nou as manuskripontwikkelaar, nie as resensent nie, hoor. Wanneer ek in my hoedanigheid as ontwikkelaar of mentor uitwys hoe jy jou storie kan verbeter, is my doel om jou nuwe vaardighede te leer."

Boekskenkings vir skoolbiblioteek gevra
2019-01-29"My dogtertjie Amelie het pas graad 1 begin in ’n skool wat hierdie jaar vir die eerste keer sy deure geopen het. Laerskool Vredekloof wil graag ’n biblioteek inrig en ’n sterk leeskultuur skep, maar met soveel dinge wat nuut gekoop en opgerig moet word, gaan dit moeilik."

Hartlam, kortverhale oor die liefde, saamgestel deur Gerda Taljaard en Deborah Steinmair
2018-01-25"Dit is ’n relevante bundel wat die leser ’n wye perspektief op die liefde bied: erotiek, obsessie, teistering, verlange, verwerping, kameraadskap, deernis, durf, hoop – Hartlam gee die leser ’n voyeuristiese blik op hierdie fasette en meer."

Sirkus deur Irma Venter, ’n resensie
2017-06-29"Die verhaal spring nie net tussen vertellers nie, maar ook tussen die hede en verlede. Dit is ’n fynuitgewerkte program, met perfekte ruimte en beligting, musiek en tegniese opset, wat die gehoor verras, vermaak, gespanne en in afwagting hou."

Die papegaai
2017-06-15"Die voël raak stiller, kleiner, sy vlerke trillend teen die weerlose lyf. Wanneer dit donker word en die tromme begin praat, lig hy sy kop, volg haar met ’n stipswart oog."

Boekresensie: Skarlaken deur Irma Venter
2016-04-11"En met elke boek karteer sy skynbaar moeiteloos en met groot sukses ʼn nuwe gebied op die krimilandskap."

Resensie: Plasenta deur Peet Venter naelbytlekker
2015-11-03"Vergeet maar van fliek by Ster Kinekor."

Resensie: Die respektabele Meneer Hartslief deur Chris Karsten
2015-06-24"Chris Karsten se wenresep in Die respektabele Meneer Hartslief is dat hy weer eens genuanseerde karakters skep waarmee die gewone leser kan identifiseer."

Resensie: Sondebok deur Irma Venter
2015-01-21 "Sondebok is die bewys dat Venter haar tuisgemaak het tussen die groot krimiskrywers, soos Deon Meyer, Karin Brynard, Chris Karsten en Rudie van Rensburg, in Afrikaans."
Oor Sophia Kapp, sosiale media en die mag van die leser
2014-11-13 Madri Victor, manuskripontwikkelaar, skryf oor die heruitgawe van Sophia Kapp se Die tuiskoms. Sy bepeins ook die belang van genre-spesifieke resensies in Afrikaans.
Fine Music Radio-resensie: Glipstroom deur Anemari Jansen
2014-10-28 "Anemari Jansen vra met Glipstroom belangrike vrae rondom liefde en verhoudings, die idee van “huis” en ’n gevoel van behoort, sowel as die invloed van die verlede op ’n mens se optrede, begeertes en behoeftes."
Die 13de kaart deur Madelein Rust
2014-07-01 "Die tarotmoordenaar. Dit is wat die koerante hom noem: ’n reeksmoordenaar in Bloemfontein wat by elke slagoffer ’n afbeelding van ’n tarotkaart sit." Lees Madri Victor se resensie.
Jan van Tonder vertel vir Madri Victor van Is weer Sagie
2014-01-14 "Ek het besluit om in die wagpos op die tronkmuur waarheen ek verban is om my stil te kry, ‘n storie te skryf – my heel eerste poging. Ek wou ‘n mens skep wat sonder kwaad is."
Resensie: Skrapnel deur Irma Venter
2013-10-15 Skrapnel het my dalk nie so vinnig soos Skoenlapper oorrompel en bekoor nie, maar dit is ‘n lekker krimi wat my wél enduit geboei het: die intrige is vermaaklik, speel af teen ‘n lekker tempo en slaag daarin om spanning op verskeie vlakke op te bou.