
Oud-SêNet-webmeester Madri Victor gesels oor manuskripontwikkeling
2013-04-30 "Lees, lees, lees. En skryf elke dag (al is dit ’n dagboekinskrywing of ’n paragraaf oor die eekhoring op jou gras); hoe meer ’n mens oefen, hoe beter raak jy."
'n Hap van die appel deur Kristel Loots: ’n heerlike huldeblyk aan chick-lit
2013-01-08 Ná ander titels, soos Lemoenseisoen en Eendagmooi, het Tafelberg weer ’n chick-lit-boek van Kristel Loots op die rak. Met ’n Hap van die appel kan ’n mens die groei sien: die fokus is minder op die liefdesverhaal, meer op familiedinamiek, identiteit en selfontdekking. En die humor is skerper, en lekkerder, maar steeds kenmerkend van Kristel.
Skoenlapper deur Irma Venter – ’n bedrewe en onderhoudende spel met die leser
2012-10-24 "Skoenlapper getuig van insig en mensekennis; die karakters is oortuigend en prikkelend, die ruimte word vernuftig gebruik as toeligting tot die karakters se optrede sowel as om atmosfeer te skep."
Ophef van grense tussen werklikheid en fiksie in Die kamer langsaan
2012-10-02 "’n Verhaal wat oor die skryfkuns gaan, ’n indruk wat in die eerste paar hoofstukke geskep word, is dikwels ’n waagstuk; nie alle lesers wil weet hoe ’n boek geskryf word of wat die skryfproses behels nie."
Willemien historiese romanse op sy beste
2012-02-08 Chanette Paul se Daveltjies, soos dié reeks oor die Davelvroue onder lesers bekend staan, is pas op aanvraag heruitgegee met pragtige, nuwe omslae.
Kronkelpad trek al die los drade bymekaar
2011-12-13 “Die lewe loop soms vreemde kronkelpaaie met ’n mens,” vertel Lettie Louw se ma haar op skool nadat sy, soos vele ander meisies, tevergeefs op die gewilde en aantreklike De Wet Fourie verlief raak, “maar elke pot kry op die ou end sy eie deksel.”

Abel se lot bewys Karsten weer eens as een van ons beste misdaadskrywers
2011-09-21Met die openingstoneel skep Chris Karsten die atmosfeer vir Abel se lot. Die poëtiese beskrywing van wag-’n-bietjie en frangipani’s, die lug “skoon gewas” na die reën, die “dynsige stoomnewe oor die nat gras in die park” is ’n vals gerusstelling; die leser word, saam met die vlieë, vinnig deur die skoonheid gelei tot by die ontbinde lyk in die parkgronde van die Prince Louis Rwagasore-kliniek in Bujumbura, Burundi.

Talia vat grond: Suid-Afrikaanse Chick-lit skop haar babaskoene uit
2011-09-08 In Britse uitgewershuise loop die gerug dat chick-lit iets van die verlede is. Hulle meen dis oor die muur, voorspelbaar en vervelig – ten spyte van die sterk aanhang wat dit steeds geniet ...
Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee: 'n eerlike blik op verblyf in die buiteland
2011-06-24 Om te bly of te gly. Dit is ’n debat wat van voor 1994 al woed. En stééds lees ’n mens op gespreksforums en LitNet en in die koerant se briewe-afdelings veroordelende uitsprake teenoor dié wat emigreer, of lofsange van dié wat besluit het die gras ...
Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee: 'n eerlike blik op verblyf in die buiteland
2011-06-24 Om te bly of te gly. Dit is ’n debat wat van voor 1994 al woed. En stééds lees ’n mens op gespreksforums en LitNet en in die koerant se briewe-afdelings veroordelende uitsprake teenoor dié wat emigreer, of lofsange van dié wat besluit het die gras ...
