Charl-Pierre Naudé se Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey is onlangs in Bloemfontein bekendgestel. Margarethie Bredenkamp deel haar foto's.

Corrie Geldenhuys en Wyno Symes van NALN

Bekroonde vertaler Naomi Morgan en die argitek Anton Roodt

Die gehoor sit aandagtig en luister na die onderhoud met die skrywer Charl-Pierre Naudé.

Die skrywer Charl-Pierre Naudé dink na oor 'n vraag.


Charl-Pierre Naudé onderteken 'n boek.

Annelien Diedericks en Charl-Pierre Naudé
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey
Charl-Pierre Naudé
Tafelberg
ISBN: 9780624084341
Op ’n dag in die vroeë sewentigs bemerk ’n afgeleë Noord-Kaapse gemeenskap ’n gebou in hul midde waar voorheen net ’n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou . . .
Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto’s kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van ’n paartjie wie se lewenspaaie net vir ’n paar sekondes gekruis het.
---
Die roman het gedien as ’n voorlegging vir die verkryging van ’n MA-graad in literêre teorie, kritiek en skeppende skryfkuns, gedoen aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, aan die Universiteit van die Vrystaat, in 2016.
Lees ook
Video: Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé word bekendgestel

