Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
3 November
- Kunsblad: Stories bring oorlewing in toekomswêreld
Onderhoud met Alettie van den Heever oor haar debuutroman - Kunsblad: Maak naam in die volgende Jack Reacher-avontuur
Berig oor Lee Child se nuwe spanningsverhaal
5 November
- Boekeblad: ’n Griessel-dossier vir die fynproewers
Francois Bekker resenseer Deon Meyer se Prooi. - Boekeblad: ‘Prooi’ kort ekstra dosis spanning
Charles Smith se tweede-aanlyn resensie van Meyer se Prooi. - Boekeblad: Baie van dié skrywers het diep, eerlik gedelf
Cobus Bester kyk na Die braambos bly brand, saamgestel deur Pieter Malan & Chris Jones - Boekeblad: Vuis-in-die-lug-ode aan vrou
Stella Fourie resenseer Kantelpunt deur Sophia Kapp - Boekeblad: Boek vir ‘die gewone mens’
Gert van der Westhuizen resenseer Hel toe en terug: Die Eerste Wêreldoorlog, ’n honderd jaar later deur Louis Scott - Kunsblad: Steyn stel gruwelvrate nie teleur
Onderhoud met Martin Steyn
6 November
- Kunsblad: Jaco Jacobs vir Carnegie-medalje benoem
Onderhoud met Jacobs oor sy benoeming vir die Carnegie-medalje
8 November
- Kunsblad: 70-jarige debuteer met digbundel
Onderhoud met debuutdigter Alice Hendriks-Boshoff
11 November
- Kunsblad: Kirsch-biografie nou ook in Engels
Berig oor die biografie oor die Joodse digter Olga Kirsch wat ook in Engels uitgereik is.
12 November
- Boekeblad: Om stuk vir stuk in te neem
Fransjohan Pretorius kyk na Die Kaapse Helpmekaar deur Anton Ehlers
17 November
18 November
- Kunsblad: Jy kan nog inskryf vir Avbob se poësie-kompetisie
Berig oor inskrywings vir die tweede Avbob-poësie-kompetisie.
19 November
- Stemme/Profiel: Captain Kirk: Van ‘baked beans’ na boeke
Jo Prins praat met die nuwe grootbaas van Exclusive Books - Boekeblad: Naudé se ondersoek na die aard van fiksie
Willie Burger resenseer Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé - Boekeblad: Boek oor gewone soldate op die grens
Gert van der Westhuizen resenseer Die Army het jou nommer deur Johan van der Mescht - Boekeblad: Steyn delf diep in donker kant van die mens se psige
Ronel Nel resenseer Losprys deur Martin Steyn
20 November
- Kunsblad: Spring vir plek by Breytenbachskryfskool
Berig oor Breytenbach-skryfskool
24 November
26 November
- Boekeblad: ’n Soeke na die grense wat werklikheid omlyn
Joan Hambidge resenseer Tussen toeval en willekeur deur Kobus Lombard - Boekevat: Onteiening van intellektuele eiendom
Catrina Wessels oor wysigings aan kopieregwetgewing
27 November
- Kunsblad: Bird Island-medeskrywer by simposium in Jhb dié week
Voorafberig oor die sesde vroueskrywersimposium in Johannesburg. - Kunsblad: PEN: Dit sal ‘diefstal’ wees om kopiereg só te verander
Verdere berig oor die kopieregwet
28 November
- Stemme: Charl-Pierre Naudé: Om ‘n lewe (of twee) te verbeel
Profiel oor die digter Charl-Pierre Naudé by die verskyning van sy prosadebuut
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in November die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
6 November
- Dag drie deur Jeanette Stals
- Vir ewig my altyd deur Elsa Winckler
- Soos ’n diep waterkuil deur Peet Venter
13 November
- Bianca se briljante biblioteekdag deur Joseph Coelho
- Die groot boek met slaaptydstories deur Susan Quinn
- Die groot boek met sprokies deur Saviour Pirotta
- Die dag toe Ernst 'n ertjie geëet het deur Jaco Jacobs
- Op my planeet: die beste rympies van Jaco Jacobs
- Rondomtalie deur Jaco Jacobs en Anna Davel
20 November
- Die Edik van Nantes: Kookboek deur Nataniël en Erik le Roux
- Becoming deur Michelle Obama
- Begin jou eie groentetuin deur Johan van Zyl en Peter van Noord
27 November
- Hiking Trails in and Around Johannesburg deur Janet Katz en Gregory Maassen
- Hiking Trails in and Around Pretoria and the Magaliesberg deur Janet Katz en Gregory Maassen
- Die Heimat Projek deur André de Villié
- Speel-speel: Prinsespartytjie
- Speel-speel: Nutsman
- Speel-speel: Dokterstas
- Speel-speel: Op die plaas
Bibi se boekrak
In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.
Die volgende episodes is in November vrygestel:
1 November
Bibi bespreek die digbundel Die goeie vrou en ander mites deur Corlia Fourie. Sy kyk ook na internasionale tendense in omslagontwerp.
8 November
Bibi beveel boeke vir die jongspan aan.
15 November
Bibi bespreek Prooi deur Deon Meyer. Sy loer in en gesels met lesers by ’n gesamentlike byeenkoms van Pretoria-boekklubs, waar Deon Meyer die gas was.
22 November
Bibi gesels oor Ingrid Winterbach se jongste roman Die troebel tyd. Dit is vir haar dié mees vermaaklike Winterbach-boek nog. Bouwer Bosch vertel watter boeke hom laat tiek.
29 November
Bibi kyk terug op die beste boeke van die jaar. Sy gee haar top-14 boeke van 2018.
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:
![]() |
Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper: ’n Resensie
Bibi Burger "Soos in die meeste romanzas en chic lit gaan die fantasieë in Pamina nie net oor die romantiese liefde nie, maar ook oor hoe om vandag ’n straight vrou te wees ..." |
![]() |
Liefde in die tyd van die internet deur Fransi Phillips: ’n resensie
Theo Kemp "Sekerlik die grootste bate van Liefde in die tyd van die internet is dat die Russiese leefwêreld tot ‘n groot mate oopgeskryf word in Afrikaans. Die impak van die roman, die boheemse tekstuur, sou nie naastenby dieselfde gewees het as die sprokie ter plaatse afgespeel het nie." |
![]() |
Bibi Slippers kook uit The South African Vegan Cookbook deur Leozette Roode
Bibi Slippers "As jy nie ’n groot kosmaakgeesdriftige is nie, koop vir jou The South African Vegan Cookbook net om na die mooi prentjies te kyk ... Maar moenie verbaas wees as die prente jou kombuis toe lok nie ..." |
![]() |
Kainsmerk deur Annelie Botes: ’n FMR-resensie
Danie Botha "Sy’t agtergekom dat hy op die Bybel kyk, maar uit sy kop uit vertel. 'Partykeers het hy die gelykenis van die saaier voor in die Bybel gelees; ander aande agter. Een aand was dit koring, die ander aand hawer.'" |
![]() |
Illuminating lives: ‘n Ongewone boek uit ‘n buitengewone hoek
François Verster "Hierdie boek is op die keper beskou, ’n dapper bydrae tot die opvoeding van die instinktiewe altru Altans, die tipe wat werklik lief is vir lees. Veral oor die stemme uit die verlede." |
![]() |
Bloed, dunner as water deur Charné Kemp: 'n resensie
Carla van der Spuy "Kemp skryf feitlik, helder en nugter. Die boek is leersaam en insiggewend. Dit lees maklik soos wat ’n mens van ‘n ervare joernalis verwag en probeer nie onnodig wetenskaplik of akademies te wees nie." |
![]() |
Sielskos – Stories oor verlange en hoop deur Koos van der Merwe: ’n resensie
Riette Rust "Sielskos sluit verhale oor bekende mense in. Die pad wat die sanger Elvis Blue gestap het, inspireer, terwyl die rubriek oor die aktrise Wilna Snyman pleinweg mooi is." |
![]() |
Stof deur Alettie van den Heever: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Elzette Steenkamp "Vir dié wat mooi kophou en volhou, is die beloning wel groot. Stof is ‘n besonderse, vernuwende roman wat ingewikkelde temas rondom die mens en sy verhouding met die natuur ondersoek." |
![]() |
Toe-val-lig deur Amore Bekker: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Luisteraars stuur hulle stories van toeval in na Amore Bekker, en dan word die stories op die radio vertel. Uiteindelik was daar genoeg stories vir ’n boek, en so is hierdie keur van sowat 100 stories saamgestel ..." |
![]() |
Wit terroriste: Afrikaner-saboteurs in die Ossewabrandwag deur Albert Blake: ’n Lesersindruk
Barend van der Merwe "Met Wit terroriste ondersoek Blake ’n onderwerp wat hy tereg beskryf as heelwat afgeskeep deur historici. Dit is die onderwerp van die Ossewabrandwag (OB), maar meer spesifiek die sabotasieveldtogte wat deur die OB en hulle verwante groepe uitgevoer is." |
![]() |
LitNet Akademies-resensie-essay: Il Paradiso deur Dante Alighieri (vertaal deur Cas Vos)
Gerda de Villiers "Om Il Paradiso te verstaan, is dit belangrik om te weet hoe die middeleeuse mens die kosmos voorgestel het, en watter literêre werke, filosofie en teologie Dante beïnvloed het." |
![]() |
Gert en Joey: Nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar deur Pieter van Zyl: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Van Zyl se boek het my vir die eerste keer op omvattende wyse aan die tragiese gebeure van die verdwyning van die jong kinders blootgestel." |
![]() |
Bywoner dra by tot plaasromangenre
Elbie Adendorff "Bywoner se vernaamste tema is familie en famileverwantskappe." |
![]() |
Sol Plaatje: A life of Solomon Tshekisho Plaatje, 1876—1932 deur Brian Willan: ’n resensie
Hans Pienaar "Die boek is propvol anekdotes, soos die een oor die 23-jarige Plaatje wat sy deel bygedra het om die koloniale Kaapse owerheid sover te kry om ammunisie aan Mafeking se swartmense te verskaf om hulself te verdedig teen die komende beleg." |
![]() |
Jan De Kinder se kinderboeke in Afrikaans: ’n resensie
Magdel Vorster "Albei boeke kan in biblioterapie gebruik word en bydra tot bewusmaking van emosies waarmee baie jong kinders sukkel." |
![]() |
Huppelkind deur WO Kühne: ’n resensie
Magdel Vorster "Anders as die geval met moderne tekste waar nooit oorverduidelik word nie, skryf Kühne, 'sy pet is nat en sy baard is nat. Sy trui is nat en sy broek is nat.' Huppel en ander karakters se aksies word ook meestal drie keer herhaal." |
![]() |
Liefdegroete, Grootseun: Kronieke van ’n dominee deur Barend Vos: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Wat veral vir my waardevol is, is die feit dat Vos met hierdie briewe iets van die platteland, wat besig is om verby te gaan, dokumenteer ‒ die gemeenskap en ouer gemeentelede, en die sentrale rol wat die kerk in hulle lewens speel." |
![]() |
Oor grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering – ’n resensie
Martie Retief-Meiring "Totdat hy nie net ’n goeie sportverslaggewer nie, maar ook ’n vertroude politieke joernalis, ’n leidinggewende redakteur en uiteindelik, heeltemal tot sy eie verbasing, die skakel tot die ontstaan van een van die wêreld se groot mediahuise (ja, dit is so!) sou word." |
![]() |
Prooi deur Deon Meyer: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Wat ’n vreugde was dit darem nie om weer ’n boek van Deon Meyer te lees nie!" |
![]() |
Video: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen
Naomi Bruwer Jean Oosthuizen se Die opkoms en ondergang van die NG Kerk is Donderdag 22 November in Die Bôrdienghuis in Wellington bekendgestel. Jacques Steenkamp het met hom gesels. Die geleentheid is gereël deur die Breytenbach-boekklub. |
![]() |
Daar’s ’n engel in my koskas: ’n onderhoud met Willie Strauss (en twee resepte)
Naomi Meyer, Willie Strauss "My ma was een van daai mense wat lekker kon kosmaak. Niks fênsie nie. Gewone kos. Trooskos as ons naweke huis toe gegaan het. ... My liefde vir kos het daar op die plaas begin. Ek kook soos sy." |
![]() |
Kantelpunt: ’n onderhoud met Sophia Kapp
Naomi Meyer, Sophia Kapp "Sy wil nie, omdat sy met die patriargie ontevrede is, ’n mannehater wees nie. Sy wil nie haar bra verbrand nie en sy wil nie haar grimering weggooi nie. Sy wil met ander woorde al die liggame en mense en organisasies en konvensies wat vir haar voorgeskryf het hoe om ’n vrou te wees, stilmaak, ook die linkses en radikales en die woedendes wat oorlog wil verklaar." |
![]() |
Video: Brugbouers deur Rudi Buys word bekendgestel
Naomi Bruwer "Rudi Buys se Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Willie Esterhuyse het met hom gesels." |
![]() |
Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey: ’n onderhoud met Charl-Pierre Naudé
Naomi Meyer, Charl-Pierre Naudé "En dís waaroor die boek in die eerste plek handel: die onwaarskynlike gebeurtenis wanneer die moontlikhede naas die aanvaarde werklikheid as alternatiewe werklikhede sigbaar begin word, en selfs by hulle oorneem." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende November in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
4 November
- Resensie: Jean Meiring resenseer Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé
- Resensie: Louise Viljoen resenseer Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach
- Resensie: Herman Lategan resenseer Poacher: Confessions from the abalone underworld (Kimon de Greef en Shuhood Abader)
- Resensie: Henri Malan resenseer Blasjan en die blou kitaar deur Koos Kombuis
- Nuut op die rak: Retoer, Pretoria-Provence: Die ongelooflike avonture van ’n skrywende ma deur Marita van der Vyver en Kainsmerk deur Annelie Botes
11 November
- Resensie: Valda Jansen resenseer Kinnes deur Chase Rhys
- Resensie: Jonathan Amid resenseer Losprys deur Martin Steyn
- Resensie: Anna Kemp resenseer Briewe uit Brielshoop deur Helene Olivier
- Nuut op die rak: ’n Fees van vertalings
- Die Kameraadskap van die Ring deur J.R.R. Tolkien
- Nooit meer slaap nie deur Willem Frederik Hermans
- Ek kom terug deur Adriaan van Dis
- Die helaasheid van die dinge deur Dimitri Verhulst
- Red Dog deur Willem Anker
- Green as the Sky is Blue deur Eben Venter
18 November
- Oorsigresensie: Prenteboeke geresenseer deur Piet Grobler
- Aitsa! Thoko deur Niki Daly
- Gouelokkies en die drie renosters deur Joan Rankin
- Die singende steen deur Wendy Hartmann
- Wanneer is eendag? deur Elsa Winckler
- Dino poef ’n planeet deur Tom Flether en Dougie Poynter
- Die Lelik Vyf deur Julia Donaldson en Axel Schfler, vertaal deur Philip de Vos
- Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer Bank Robber: My time with André Stander deur Allan Heyl
- Resensie: Liesl Louw-Vaudran resenseer The Graceless Fall of Robert Mugbabe deur Geoffey Nyaota
- Resensie: Danie Botha resenseer Die generaal deur Hans Pienaar
25 November
- Resensie: Deborah Steinmair resenseer There Goes English Teacher: A Memoir deur Karin Cronjé
- Resensie: Herman Lategan resenseer Tebatso gaan see toe deur Maya Fowler
- Nuut op die rak: ’n Vloed Engelse fiksie uit Afrika
- The White Room deur Craig Higginson
- Theo & Flora deur Mark Winkler
- A Spy in Time deur Imraan Coovadia
- Plus One deur Vanessa Raphaely
- Too Many Tsunamis deur Vincent Pienaar
- Sleeper deur Mike Nicol
- The Enumerations deur Máire Fisher
- Theory of Flight deur Siphiwe Gloria Ndlovu
- Being Lily deur Qarnia Loxton
- Called to Song deur Khanita Mohamed
- The List deur Barry Gilder
- Intruders deur Mohale Mashigo
- The Lion’s Binding Oath and Other Stories deur Ahmed Ismail Yusuf
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende November op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
1 November
Retoer Pretoria – Provence deur Marita van der Vyver
Dié boek beloof om die leser behoorlik te trakteer op leesstof wat jou laat skater, verlang, dink en soms ook ’n traan laat afvee. Sy neem jou sak en pak saam op ’n nostalgiese reis deur haar kleurvolle lewe en deel haar herinnerings en ervaringe gulhartig.
14 November
Kinnes deur Chase Rhys
Skielik is die Kaapse Vlakte nie meer net die naam van ’n plek wat jy soms op die nuus hoor as daar bendegeweld uitbreek nie. Jy besef ná die lees van hierdie boek dat daar ménse bly. Gewone mense in buitengewone omstandighede. En jou hart breek, want deur Rhys se oë raak jy lief vir hierdie mense wat hy so lewensgroot uitbeeld.
20 November
Daar is ʼn engel in my koskas deur Willie Strauss
Willie Strauss se “feestelike kos-memoir” met “plat-op-die-aarde bestanddele” verdien applous. Dit help die ywerige kok om ’n “verskeidenheid watertandetes blitsvinnig op te tower.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 7 November
Coenie de Villiers gesels oor Karoosuite, die boek wat voortspruit uit die gelyknamige musiekproduksie deur Coenie en die skrywer Deon Meyer. Fanie Viljoen gesels oor sy jeugroman Veldiep, en in sy insetsel oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor die skrywer Haruki Murakami se argief.
Woensdag 21 November
Ilse Salzwedel praat met Martin Steyn oor Losprys, sy nuutste roman. Phyllis Green vertel van ’n paar interessante boeke wat sy onlangs gelees het. Johan Myburg gesels onder meer oor Suid-Afrika se nuwe amptelike staatsdigter.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 6 November
In die volgende paar weke se programme gaan ons die alombekende Die Profeet van die digter en filosoof, Kahlil Gibran, as basis en bronteks gebruik. Hierdie week luister ons na gedigte oor die dood deur Wilma Stockenström, Breyten Breytenbach, Corné Coetzee en NP van Wyk Louw. Joanie Combrink is die voorleser.
Dinsdag 20 November
Hierdie week luister ons na gedigte oor huise van Breyten Breytenbach, Barend J Toerien, HA Fagan, DPM Botes, Theunis Engelbrecht, André le Toit, Jannie Coetzee, Marlise Joubert en Sheila Cussons. Die voorleser is Ludwig Binge. Daar is ook opnames van Laurika Rauch en Laurinda Hofmeyr.
Dinsdag 27 November
Hierdie week luister ons na gedigte oor godsdiens van TT Cloete, Coenie de Villiers, George Louw, Loftus Marais, Fourie Botha, Charl-Pierre Naudé, Susan Smith, Kobus Lombard en Churchil Naudé. Martelize Kolver is die voorleser.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende November die volgende resensies en rubrieke gelewer:
3 November
10 November
17 November
24 November