Video: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen

  • 1

Jean Oosthuizen se Die opkoms en ondergang van die NG Kerk is Donderdag 22 November  in Die Bôrdienghuis in Wellington bekendgestel. Jacques Steenkamp het met hom gesels.  Die geleentheid is gereël deur die Breytenbach-boekklub.

Jean Oosthuizen en Jacques Steenkamp
Foto: Naomi Bruwer

Skrywer: Jean Oosthuizen
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776093267
Prys: 
R260

In hierdie boek kyk Jean Oosthuizen krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as “die Nasionale Party in gebed” bekend gestaan het. Die teoloog Ferdinand Deist se voorspelling in die laat tagtigerjare dat die kerk sal ondergaan wanneer apartheid tot ’n einde kom, blyk vandag in die kol te wees.
 
As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie – ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, is na die periferie geskuif. Talle individue se menswaardigheid is geskend en verskeie loopbane is onder die dekmantel van Christenskap vernietig, soos die skrywer self kan getuig.
 
Oosthuizen se blik strek egter wyer as sy ervaring toe hy in 2013 as nuusredakteur van Kerkbode geskors is ná die opspraakwekkende Woordfees-debakel. Sy reis vanuit die kerk se binnekring sluit die verhale in van gelowiges sowel as ongelowiges wie se paaie met die NG Kerk gekruis het. Die opkoms en ondergang van die NG Kerk bied ’n kontemporêre blik op die tragiese geskiedenis van ’n instelling wat deur die aandadigheid aan verontregting stelselmatig irrelevant geraak het.
 
Bron: Penguin Random House

Lees ook

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen: ’n lesersindruk

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top