Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2026

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Junie

RESENSIE | ‘Ellie’ stewige jeugroman wat nie sy leser onderskat nie
Ilza Roggeband resenseer In my ander lewe is ek Ellie deur Nerine Ahlers

RESENSIE | ‘Wild Dark Shore’ aangrypend, ongewoon en kompleks
Jonathan Amid resenseer Wild dark shore deur Charlotte McConaghy

RESENSIE | ‘Enigma’ goed geoliede krimi met verrassende kinkels
Francois Bekker resenseer Enigma deur Rudie van Rensburg

TOPVERKOPERS | Netwerk24 se topverkopers vir Mei

8 Junie

RESENSIE | Veel plesier en heelwat te put uit besonderse ‘versinsels’
Herman Wasserman resenseer Die huilende bruid en ander versinsels deur Dominique Botha

RESENSIE | ’n Nuwe krimi-skrywer om dop te hou
Sonja van der Westhuizen resenseer Phantom pass deur André M Louw

RESENSIE | Eko-spanningsverhaal vra belangrike vrae
Anschen Conradie resenseer Die fluisteraar deur Jacolet van den Berg

RESENSIE | ‘Dogs’ huldeblyk aan groot Suid-Amerikaanse romanskrywers
Joan Hambidge resenseer The dogs of Vivo deur Sven Axelrad

15 Junie

BOEKEVAT | ‘Geen tampende bel wat die ure tel, net sterre wat kom en gaan’
’n Rubriek deur Daniel Hugo

RESENSIE | Vir alle vroue wat wonder oor hul plek in die wêreld
Ilza Roggeband resenseer Die vrou met nege lewens deur Debbie Loots

RESENSIE | ‘Ashes’ ’n pakkende roman wat jou platslaan
Jonathan Amid resenseer Ashes of euphoria deur Jean-Paul Willemse

RESENSIE | Poëtiese goud gespin binne die ‘gevangenis van vorm’
Louise Viljoen resenseer Steierwerk deur Johan Myburg

Boeke: Net digters pryk vanjaar op UJ-debuutprys se kortlys

22 Junie

RESENSIE | Myburg belig skuifeldans met dood in soepel sonnette
Neil Cochrane resenseer Steierwerk deur Johan Myburg

RESENSIE | ‘Die oorkant’ daag uit en lê bloot in gelyke dele
Anschen Conradie resenseer Die oorkant deur Annemarié van Niekerk

BOEKEVAT | Uiteindelik is dit maar wat ’n resensie is: ’n Mening
’n Rubriek deur Marni Bonthuys

RESENSIE | ’n Atmosferiese en emosionele blik op Frida Kahlo se lewe
Sonja van der Westhuizen resenseer Frida deur Claire Berest

RESENSIE | Om tot verhaal te kom met die geheimenisse van die verlede
Willemien Aukema resenseer Mei en alles daarna deur Zelda Bezuidenhout

Geen boeke oor perde nie en rillers, asseblief
By my lees: Anschen Conradie

23 Junie

Tannie Maria is terug: Moord, liefde en vetplantjies in die Karoo
Deur Kelly-Lee Ohlson

25 Junie

‘Opdrifsel’ klink nou op in Pools
Deur Ithike Gunter

27 Junie

Boeke: Fragmente en soeke na sin in Dominique Botha se outobiografiese bundel
Deur Laetitia Pople

Boeke: Joan Hambidge se lewe en werk op Tuin van Digters gevier
Deur Laetitia Pople

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:

Waterman deur Herman Wasserman: ’n resensie

Die reus uit die bos deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

Van Oekraïne tot Iran deur Evert Buurman: Reis is meer as net ontdekking en verkenning

Enigma deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Resensie van Mei en alles daarna deur Zelda Bezuidenhout

Basjan se flessie vir depressie deur Joe Kleinhans: ’n lesersindruk

The boy and the whale shark by Cayla Lewis: a review

Kaaps. Woriboek – Woordeboek – Dictionary onder leiding van Quentin Williams: ’n lesersindruk

Onder ’n bloedrooi hemel en Die oorkant deur Annemarié van Niekerk: Wanneer feite en stories ineenstrengel en kruisbestuif

Vreemde dinge kan op ’n Dinsdag gebeur deur Jaco Jacobs: ’n kinderboekresensie

Seuns weet deur Frederick Botha: ’n lesersindruk

Brief op veertigduisend voet: Tom Dreyer se brose, dinamiese rariteitekabinet. ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Die onsigbare deur PJO Jonker: ’n lesersindruk

Cliff-hanger: Die fluisteraar deur Jacolet van den Berg – ’n skrywersonderhoud

Om die land te dwing om vroeër te kyk: ’n onderhoud met Julian Jansen

’n Knippie moord deur Elsa Winckler: ’n onderhoud met die skrywer

Alternatiewe Afrikaner-odyssey deur Ivan Kruger: ’n onderhoud

Die blou huis deur Erika Murray-Theron: ’n onderhoud

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Junie in Rapport verskyn:

7 Junie

Geen woord uit sy plek: Met min sê Johan Myburg so báie
Alwyn Roux resenseer Steierwerk deur Johan Myburg

Hykie Berg se vrou het ’n boodskap net vir jou
Yolanda du Toit bespreek Goed genoeg deur Gerridene Berg

Vurige erfporsie: As die geskiedenis nesmaak in jou familie
Jannes Erasmus resenseer We inherit the fire deur Kagiso Lesego Molope

Rudie van Rensburg se raaisels: Hy dwing jou nie om na ’n lyk te kyk
Stefaans Coetzee resenseer Enigma deur Rudie van Rensburg

14 Junie

’n Slim, dapper seun takel teenspoed – en dit sal elke hart roer
Dianne du Toit Albertze resenseer Vreemde vos deur Carel van Rooyen

Die man met ’n skêr in sy nek (en ander dinge op ’n dorpie)
Mercia Coetzee resenseer ’n Knippie moord deur Elsa Winckler

Troepe, tree aan – daar’s ’n engel in die doringdraad
Deborah Steinmair resenseer Angel down deur Daniel Kraus

Breyten en ‘Die bruid’: Dominique Botha doen bitsiger beter
Francois Smith resenseer Die huilende bruid en ander versinsels deur Dominique Botha

Afrikaner-mans maak hart oop oor verlies: Ons vra net ook ’n plekkie in SA
Uittreksel: Afrikanerman deur Mart-Marié Uys

21 Junie

Wat het SA en Serwië gemeen? Dié soort verhaal was lanklaas so boeiend
Francois Bekker resenseer Die Serwiër deur Carel van der Merwe

Ons man in Iran: Sidney Gilroy vat CIA-ontleder op sy woord(e)
Sidney Gilroy resenseer The Persian deur David McCloskey

Biko, Chris Chameleon en Koos Kombuis stap in ’n storie . . .
Joan Hambidge resenseer Dharma-dwaas in doodloopstraat deur Sjaka S Septembir

Daniëlla van Heerden kry die mooiste uit ma’s se monde
Clari Niemand resenseer Die hart van ’n ma deur Daniëlla van Heerden

28 Junie

Dié storie het tande en die hart van ’n hond
Jannes Erasmus resenseer The dogs of Vivo deur Sven Axelrad

Om na Joshlin te kyk is om in ’n spieël te sien
Pieter Madibuseng Odendaal resenseer Joshlin: Meer as ’n naam deur Herschelle Benjamin

Sy herken ’n litteken – toe begin ’n diep reis na die verlede
Trisa Hugo resenseer Mei en alles daarna deur Zelda Bezuidenhout

Die man en sy balle: Is dit ’n seks-ding in witjas se tas?
Uittreksel: Marais Erasmus: The rock ’n roll years: Cricket in an umpire’s orbit

Die volgende resensies en onderhoude het in Junie onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

9 Junie

Boekresensie | ’n Filmiese roman oor waarheid en herinnering

Wat Zelda Bezuidenhout knap doen is om uiteenlopende perspektiewe op onthou in te bring wat die kwessie van vergissing problematiseer.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-n-filmiese-roman-oor-waarheid-en-herinnering/

15 Junie

Enneagram sleutel tot selfbegrip, groei – kenners

Al hoe meer mense begin delf in die self en psige en het die behoefte om hulself en ander rondom hulle beter te verstaan. Daar is boonop al hoe meer hulpbronne om presies dít te doen.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/enneagram-sleutel-tot-selfbegrip-groei-kenners/

26 Junie

Boekresensie | ‘Steierwerk’ bou betekenis uit beperking

“Johan Myburg se sesde digbundel, ‘Steierwerk’, staan uit soos wat hyskrane en steierwerk uitstaan om ’n nuwe wolkekrabber bo die stadshorison te bou,” skryf Willie Burger.  

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-steierwerk-bou-betekenis-uit-beperking/

28 Junie

Dís hoekom Julian Jansen nie kan ophou skryf

“Ons is nie op die aarde om rond te sit nie; ons moet ’n verskil maak. Ek glo die boeke wat ek nou skryf en die aanslag wat ek gebruik, my bydrae tot die gemeenskap is. Hulle sal my eendag pen in die hand by die huis moet uitdra.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/dis-hoekom-julian-jansen-nie-kan-ophou-skryf/

29 Junie

Boekresensie | ‘Vreemde vos’ is meer as ’n jeugroman

“As ’n mens sou wou praat van teikenmark, sou ek meen dit is juis ouers en volwasse lesers wat van dié merkwaardige boek moet kennis neem,” skryf Johan Myburg.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-vreemde-vos-is-meer-as-n-jeugroman/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

12 Junie

Die gebed van ’n halfmens dui op ’n dreigende werklikheid
’n Resensie deur Elzanne Coetzee

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

Woensdag 3 Junie  

Ilse Salzwedel gesels met die digter Lynthia Julius, wat onlangs aangewys is as die medewenner van die Eugene Maraisprys vir poësie. Gielie Hoffman gesels met Frederick Botha, skrywer van Seuns weet, oor sy debuut. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die tweede Climate-fiksieprys, die wenner van die gesogte Dublin-letterkundeprys, en ’n belangrike internasionale poësieprys wat aan Margaret Atwood toegeken is.

Woensdag 10 Junie

Rena Rauch gesels oor haar aangrypende debuutroman, Beauty. Francois Bekker gesels oor Irna van Zyl se Kanniedood, Rudie van Rensburg se Enigma en Anton Roodt se Aan die hemeltrans. Johan Myburg sorg vir drie bydraes uit die internasionale letterkunde: die wenners van die James Tait Black-prys, ’n nuwe boek uit die pen van Ruth Ozeki, en ’n huldeblyk oor die skrywer en digter Maureen Duffy.

Woensdag 17 Junie

Francois Bekker gesels oor drie niefiksie boeke wat hy kan aanbeveel – Valskermbataljonverhale, saamgestel deur Mike Bolhuis, Parlementpraatjies deur Pieter Mulder en My life deur Bill Clinton. Johan Myburg vertel meer oor die Booker-stigting se nuwe kortverhaalbundel, All around the world, saamgestel deur Rodney Doyle, Sarah Wynn-Williams se onthullende boek, Careless people, oor haar jare by Facebook, en Spaanse eer vir die 80-jarige Julian Barnes, skrywer van Departures. Jy kan ook luister na die heruitsending van ’n 2024-onderhoud met die gewilde kunstenaar Portchie oor sy outobiografie, Van Tweeling tot Trafalgar Square

Woensdag 24 Junie

Alwyn Roux, die medewenner van vanjaar se Eugene Maraisprys, gesels oor sy digbundel, Weerskyn, en vertel ook meer oor Merang, waarvan hy medesamesteller was. Irma Joubert vertel van die storie agter die storie in haar jongste roman, Rebekka van Kameeldoornplaas. Johan Myburg stel ons voor aan die wenners van die Women’s Prize se fiksie en nie-fiksieprys. Hulle is Lyse Doucet vir The finest hotel in Kabul: A people’s history of Afghanistan (niefiksie) en Virginia Evans met The correspondent (fiksiewenner). Johan het ook nuus oor Kazuo Ishiguro se nuwe roman, Miss Lambert Steps Aboard Danger. Aanhangers van Cormac McCarthy sal bly wees om te hoor van Tracy Daugherty se nuwe biografie oor hom.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

Dinsdag 2 Junie 

Dit is baie gesond vir ’n mens – veral vir jou siel – om gereeld deur ’n woud te stap of vir ’n ruk onder ’n groot boom te sit. Dis gewoonlik lekker koel daar, die lug is skoner en klanke is meer gedemp. Studies het ook al gewys dat die kleur groen jou brein help om van die tamheid van gedurige konsentrasie te herstel. Pieter van Zyl se gedigvoorlesings lei ons na plekke met baie bome. Laat die woudreuse se teenwoordigheid jou lawe.

Dinsdag 9 Junie en 16 Junie (deel 1 en deel 2)

Die digter NP van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 gebore, en op 18 Junie 1970 oorlede. Hy was ’n groot gees van die Dertiger-beweging. Met sy groot tegniese vaardigheid, sterk beelde en oorspronklike taalgebruik, het Louw ons letterkunde verryk én as’t ware gemoderniseer. Ons herdenk dié reus van die Afrikaanse letterkunde met sy grootste werk – Raka. Susanne Beyers en Johann Nel is die voorlesers uit dié aangrypende epos.

Dinsdag 23 Junie

Vrugte is so ’n alledaagse ding. Daar’s maar altyd ’n paar appels of piesangs of nartjies in die huis. En met dié dat vars produkte van oraloor ingevoer word, kom ’n mens ook nie altyd agter dat vrugte seisoenaal is nie, want daar is altyd iets van alles op die winkelrak. Voorleser Susanne Beyers bekyk allerlei vrugtesoorte ’n slag ordentlik, want vrugte is eintlik wonderlike goed: Die smake, teksture, kleure… die verskeidenheid!

Dinsdag 30 Junie

Tom Dreyer se tweede digbundel, Brief op veertigduisend voet, het vroeër vanjaar by Queillerie Uitgewers verskyn. Sophia van Taak gesels met hom oor die genot van dieper delf in die wetenskap, om dinge óóp te skryf, ’n boerbok op Bloubergstrand, die vele Nederlandse name vir ’n skoenlapper, en die antieke Persiese Ryk.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Junie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green: 

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jana Luther oor En nog WAT

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Caitlin Venniker oor haar memoires, Unleashed. 

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Daniëlla van Heerden oor Die hart van ’n ma

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Nerine Ahlers oor In my ander lewe is ek Ellie

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Wilna Adriaanse oor Grensloos 

Resensie: Kruger Uys resenseer Sluitstuk deur Johan Rossouw

Resensie: Mariette Postma resenseer Because I love you deur Joy Watson

Resensie: Marguerite van Wyk resenseer Mother Mary comes to me deur Arundhati Roy

Resensie: Alida Vos resenseer Die laaste leuen deur Anita du Preez 

Uittreksel: Grensloos deur Wilna Adriaanse 

Lees weer: Uittreksel uit memoires van Portchie

Lees weer: Uittreksel uit So lyk ’n vrou deur Ilse Verster

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top