Die reus uit die bos deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

Die reus uit die bos het my half ironies herinner aan twee betekenisvolle Suid-Afrikaanse skrywers se werk wat deur enkele kritici as ‘rassisties’ bestempel is: die profetiese epos Raka van NP Van Wyk Louw wat in 1941 verskyn het, en meer onlangs, John Maxwell Coetzee se Waiting for the barbarians.