’n Knippie moord deur Elsa Winckler: ’n onderhoud met die skrywer

“Ek het van die begin af geweet daar is ’n moord en wie vermoor word, maar ek het nie van die begin af geweet wie die moordenaar is nie. Ek het dit so half self uitgepluis soos die storie aangegaan het. So dit was vir my ook ’n verrassing.”