Kaaps. Woriboek – Woordeboek – Dictionary onder leiding van Quentin Williams: ’n lesersindruk

“Afrikaans en Kaaps is bekend daarvoor dat die twee tale histories ’n komplekse en ongemaklike verhouding het, en dit lyk nie asof dit spoedig gaan verander nie. Hierdie bespreking poog maar net om die problematiek uiteen te sit sonder om ’n spesifieke posisie te verdedig.”